Rekenaartegnologie vir tuisonderrig

rekenaartegnologie-vir-tuisonderrig

Rekenaartegnologie oorbrug demografiese en toeganklikheidsbeperkinge wat leerders kan verhinder om deel te neem aan sosiale interaksie of om inligting te verkry. Foto: Learningworksforkids.com

[promosie-artikel]

deur Prof Rita Niemann

Tydens ’n onlangse onderhoud op televisie het ek genoem dat dit vir tuisonderrigouers belangrik is om internettoegang te hê. Dit het my laat besluit om die kwessie bietjie onder oë te neem.

In talle lande het tuisonderrig en afstandsonderrig aanvaarde opsies in die onderwyssektor geword. Beide die skoolsektor en die hoëronderwyssektor ervaar ’n ontploffing ten opsigte van rekenaartegnologie as middel tot leer. Die toename van die MOOC’s (massive open online courses) oor die wêreld heen getuig van die behoefte aan alternatiewe vorme van onderrig.

Rekenaartegnologie oorbrug demografiese en toeganklikheidsbeperkinge wat leerders kan verhinder om deel te neem aan sosiale interaksie of om inligting te verkry. Ouers wat by hul kinders se onderrig betrokke is, voel ook meer toegerus, aangesien hulle inligting via die internet kan verkry en by tuisonderriggroepe betrokke kan raak.

Ouers en hul kinders kan selfs keuses uitoefen ten opsigte van die ondersteuningstelsels en kurrikulummateriaal wat hulle benodig – hetsy ten volle aanlyn óf harde kopie gerugsteun deur aanlyn dienste. Deur middel van rekenaartegnologie word die wêreld na die kind gebring en kan selfgerigte leer bevorder word. Dit spreek ook die uitdagings van enkelouers of dié van ouers met ’n aantal kinders aan deurdat leerders onafhanklik kan werk en nuwe inligting self kan gaan soek.

Vir talle kinders is die gebruik van rekenaartegnologie opwindend, wat ouers  noodsaak om die voordele van daarvan te ontgin – iets wat die tuisonderrigpioniers nooit voorsien het nie!

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.