Rekeningkunde – ‘n vak vir wanneer jy eendag ‘n werk soek

skuld-krediet-afbetaling-belasting-sakrekenaar-rekenaar-boekhou

Foto: FirmBee/Pixabay.com

’n Onlangse navorsingsverslag toon dat studente met ’n BCom Finansiële en Bestuursrekeningkunde-graad die maklikste werk kry. Dit is van die bevindings wat in ’n onlangse navorsingstudie deur Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum gemaak is, waaraan ongeveer 300 jong werkendes reg oor SA wat tussen 2015 en 2018 afgestudeer het, deelgeneem het.

Volgens Stefan Pieterse het 14% van die kandidate ’n kwalifikasie in finansiële en bestuursrekeningkunde behaal. Hierdie studente het gemiddeld binne drie maande ná hul kwalifikasie werk gekry met ‘n gemiddelde beginsalaris van R9 044 p.m.

Rekeningkunde word praktykgerig aangebied en konsentreer daarop om leerders met praktiese vaardighede toe te rus om hulle vir die beroepswêreld gereed te maak. Leerlinge ontwikkel karaktereienskappe soos deeglikheid, akkuraatheid, netheid en redenasievermoë aan.

Rekeningkunde bestaan uit die versameling, rekordering en ontleding van finansiële inligting met die oog daarop om finansiële besluite te kan maak. ʼn Balans tussen teorie en die praktyk word gehandhaaf om te verseker dat ʼn leerder tot die arbeidsmark kan toetree of verder studeer.

Wat word aangeleer?

  • Bankrekonsiliasie
  • Kontantvloeibegrotings
  • Debiteure- en krediteurekontrolerekeninge
  • Sportklubs se unieke boekhoudingstelsel
  • Vervaardigingsondernemings
  • Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)
  • Beheer en bestuur van vaste bates
  • Maatskappy-boekhouding
  • Voorraadkontroles
  • Salarisse- en Lonejoernale

Beroepsmoontlikhede:

Daar is moontlikhede vir enige beroep vanaf  ʼn tuisteskepper (begroting) tot ʼn ouditeur (geoktrooieerde rekenmeester). Elke landsburger moet ook in staat wees om sy eie finansies te kan bestuur.

  • Belastingkonsultant (SAID)
  • Finansiële bestuur
  • Interne ouditeure
  • Eksterne ouditeure
  • Bestuursrekenmeesters
  • Finansiële rekenmeester
  • Forensiese rekenmeester

Hierdie artikel is moontlik gemaak deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die artikel is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.