Rekordgetal Suid-Afrikaners help strande skoonmaak

Vrywilligers maak Strandfontein skoon (Foto: Verskaf)

Die afgelope naweek het meer Suid-Afrikaners as ooit tevore aan die 21ste Internasionale Strandskoonmaak-inisiatief deelgeneem – ʼn jaarlikse byeenkoms wat omsien na die see se gesondheid.

Douw Steyn, volhoubaarheidsdirekteur van Plastics SA, het in ʼn verklaring gesê 2017 sal onthou word as die jaar wat die meeste vrywilligers getrek het om die strande skoon te maak.

“Ons sal eers later vanjaar die amptelike statistieke kry van hoeveel vullis opgetel is, maar ons kan beslis sê daar was ʼn toename in gemeenskapsgroepe, skole en ondernemings wat vanjaar deelgeneem het. En dít ten spyte van die gure weer in Kaapstad op die skoonmaakdag.”

Meer as 400 skoonmaakpunte rondom die Kaap en 40 in KwaZulu-Natal is gekoördineer. Hoewel die vrywilligers ingelig is oor die strandrommel, was hulle steeds geskok oor die hoeveelheid vullis wat opgetel is.

Vrywilligers by Houtbaai (Foto: Verskaf)

“Sowat 75% van die see se vullis is afkomstig van landafval. Sonder behoorlike rommelopruiming sal ʼn stortvloed puin die see ingaan. Selfs ʼn pakkie wat onnadenkend by ʼn motorvenster uitgegooi word, kan uiteindelik in die see beland,” het Steyn gesê.

“Ons moet die belangrikheid van doeltreffende rommelbestuurstelsels beklemtoon en ons pogings om die publiek op te lei oor die rol van herwinning opskerp. Plastiek is nie die probleem nie, mense wat nie hul plastiekprodukte behoorlik weggooi nie is die probleem.”

Die volgende internasionale skoonmaakprojek sal op 15 September 2018 plaasvind, as deel van Wêreldskoonmaakdag. Dít sal in Nieu-Seeland begin en die gang van die son volg deur 24 tydsones. Dit sal 36 uur later in Hawaii eindig. Vrywilligers van oor die wêreld sal dan saamstaan in die stryd teen onwettige afval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Niccy ·

Dit is hartseer om te sien hoe ons stande, dit rondom ons dorpe en strate lyk. Netnou na die video ‘Toeris in Noord Korea’ gekyk en nie een enkele papiertjie op strate of in geboue gesien nie. Hoekom kan hul dit regkry en hier by ons lyk alles soos ‘n varkhok.

Theresa ·

Oulike idee die skoonmakery. Trots op die wat deelneem. MAAR daar sal van kleutertyd af vir mense geleer moet word om nie bv. chippies te eet en die papier net neer te smyt nie. Sien dit daagliks (volwassenes ook). Sal langs ‘n sypad asblik loop om dit langsaan neer te smyt.
So ook leë bottels en wat nog als – die feëtjies gaan mos skoonmaak. (Praat nie eers van die rotplae wat nou in gesogte woonbuurte begin nie).

Johan. H. ·

Hier by ons in die klein dorpie kom baie inwoners bymekaaren maak gereeld skoon,, En omdat dit gedoen word Moet dit nou gereeld gedoen word want nou word dit verwag van ons,, Maar kom kyk hoe lyk die plek 2 dae na elke skoonmaak,,NOG N LAT WAT ONS GEPLUK HET,,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.