SA universiteite: Só vergelyk pryse

’n Navorsingsverslag deur Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) toon dat die koste van sekere studierigtings jou bykans twee keer soveel by ander universiteite uit die sak kan jaag.

Stefan Pieterse, hoof van SFS, raai voornemende studente en hul ouers of voogde aan om hul huiswerk noukeurig te doen as daar na die tersiêre instellings van hul keuses gekyk word.

“’n BCom-graad by die Universiteit van Kaapstad kos bykans dubbel as dieselfde graad by die Universiteit van die Vrystaat, terwyl ’n LLB-graad by een universiteit bykans R20 000 duurder per jaar, as dieselfde graad by ’n ander universiteit kos,” het Pieterse gesê.

Pieterse het die volgende uiteensetting van die akademiese kostes per jaar, per graadkursus gemaak.

   UniversiteitBABComBEngLLB
Universiteit van KaapstadR54 635R60 436R61 220R54 350
Universiteit van WitwatersrandR44 807R46 795R56 658R46 445
Universiteit StellenboschR42 599R48 639R55 296R47 270
Universiteit van PretoriaR34 333R39 375R47 444R40 500
Universiteit van JohannesburgR39 580R40 500R47 520R36 880
Noordwes-UniversiteitR39 300R39 300R49 900R39 125
Universiteit van die VrystaatR32 250R33 050R38 200R35 300

Die akademiese koste per graadkursus (2018)

“Uit die bogemelde navorsing blyk dit duidelik dat die Universiteit van Kaapstad die duurste  per gemiddeld is, met die Universiteit van die Vrystaat die bekostigbaarste,” het Pieterse verduidelik.

Dit is egter nie net koste per kursus wat voornemende studente in ag moet neem wanneer hulle op ’n tersiêre instelling moet besluit nie. “Veldtogte soos #FeesMustFall, #AfrikaansMustFall, onveilige kampusse, die afskaffing van gesonde studentetradisies en die opvlam van die vierde industriële rewolusie (4IR) is besig om tradisionele universiteitswese soos ons dit ken vir altyd te verander,” voeg Pieterse by.

Studente wil vry en veilig en voorspoedig wees, maar ook iewers behoort waar hul kultuur en taal gekoester word. “Hulle wil ook meer van rekenaar- en internettegnologie gebruik kan maak om te kan studeer. Dit verklaar die enorme groei by tersiêre instellings soos Akademia,” het Pieterse afgesluit.


Dié artikel is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Colin ·

Lyk my alles is wel duurder in die Kaap as enige ander plek :)

B ·

Die volgende vraag is of meer koste dan verhaal word (geld gemaak word) deur te sorg dat nie meer as net ~30% van studente slaag, jaar na jaar, in sekere Ing vakrigtings?

Ek dink ·

Liewe aarde, my kind se skoolgeld in Botswana is R90 000 per jaar! Ek kan nie wag dat hy universiteit toe gaan nie!

EP ·

Sien UOVS grade is goedkoper as res v universiteite. My vraag is: Is die grade op standaard en word dit internasionaal erken. Wonder maar net.

Pietman ·

Wel Kaapstad gee grade aan studente wat hul tesis eindig met ” one settler on bullet” . hoe hoog kan hul standaarde wees?

Reinhardt ·

Net om Vraagteken se punt verder te vat, ekt al met menige mense van UCT gewerk en hul siviele ingenieurswese is vir seker nie op standaard nie. Van die moeilikste vakke wat ons op Stellenbosch gehad het, het die ouens nie eens gedoen nie.

Verkeerd ·

Kovsies bied glad nie ‘n BEng graad aan nie, so waar is die inligting gekry? Maar stem saam – koste kan nie aan standaarde gekoppel word. Bloem het van die beste skole in die land, maar die skoolfooie is aansienlik goedkoper as ander soortgelyke skole in die land.

Judge Dredd ·

Hulle is ‘n erkende universiteit – so hulle moet aan sekere minimum standaarde voldoen om as universiteit erken te word. Hoe laag daai standaarde is, is natuurlik ‘n ander saak.

Barries ·

Almal weet tog standaarde is ‘n vlak of drie laer in die Kaap. Werks etiek ens is seker van die swakste in die land. Dit grens aan luiheid.

rollie ·

UCT is eerste op die wereldranglys van top SA/Afrika universiteite en 191ste in die wereld. Dis hoekom hul duurder is. Wat is Akademia se kostes?

kolla ·

Jy betraal vir prestige. UCT is die top universiteit in Afrika. Google maar.

Graad of Nie Graad ·

Alles in die berig en kommentaar is kommerwekend vir n enkel ouer soos myself om te bepaal wat die pad vorentoe is vir my seun in SA wat bogemiddeld presteer….moet se as verblyf bygereken word is Universiteite onbekostigbaar en dan weet ek nie eers as mens lening aangaan of jy die geld gaan kan terugbetaal as jou slimkind wat n verskil in die land kan maak nie eers ordentlike werk kan kry nie en jy selfs daarna nog steeds n plan moet maak vir inkomste & die vraag bly – Is Universiteite op standaard vir die werksplek of is alles daar ook besig om uitmekaar te val, soos daar gemeld as jou kind by seker instelling was – aanvaar ons dit nie – hy kan nie die werk doen nie – want toe die vraestel te moeilik was toe loop almal uit die klaskamer (se maar net op reaksie van vorige berig)…SA is regtig in n gemors gedomppel op alle terreine en die arme jeug pas nerens in, hulle is nie eers “streetwise” nie en dit blameer ek op swak stelsels en geweld in ons land niks met ouerskap te make nie….Jammer Akademia het nog nie plan met Ingenieurswese studies nie – wat ek sover kon vasstel..dan sou ek dalk nou plan ‘n gehad het en kon beter beplan vir my kind se toekoms wst net goeie waardes en normes groot gemaak is!!

Johanna Botha ·

Alles is mos nou verniet ….maar nie vir almal nie ne

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.