Sien hoe jou drome ʼn werklikheid word!

The Draughting Academy

ʼn Tekenaar is iemand wat spesialiseer in tegniese tekeninge. Hulle neem die idees, sketse en konsepte van ontwerpers en gee dit weer in noukeurige en juiste planne. Die meeste tekenaars spesialiseer in ontwerpe vir huise, geboue, brûe, nywerheidsgereedskap of verbruikerselektronika.

Jy kan dus sien hoe jou sketse werklikheid word en spog met jou handewerk as ʼn nuwe gebou of brug opgerig is waaraan jy gewerk het!

The Draughting Academy, met kampusse in Kaapstad, Midrand en Centurion, kan jou help om jou drome ʼn werklikheid te maak. Dié akademie bied kursusse aan vir tekenaars en selfs in verskeie ingenieursrigtings.

As jy gou spring, kan jy voordeel trek uit hul aanbod vir 10%-afslag vir jou studentegelde vir 2018. Jy moet voor 12 Desember registreer (en goedgekeur word vir studies) om vir dié aanbod in aanmerking te kom.

Jy kry boonop ook ʼn agt maande rentevrye betalingsopsie as jy vir tekenwerk registreer en ʼn vier maande rentevrye betalingsopsie as jy vir die ingenieurstudies registreer.

Wat doen ʼn tekenaar?

ʼn Tekenaar is iemand wat spesialiseer in tegniese tekeninge. Professionele tekenaars maak sketsplanne met die hand sowel as met rekenaargesteunde ontwerp (RGO)-programme virverskeie strukture. Tekenaars neem die idees, sketse en konsepte van ontwerpers en gee dit weer in noukeurige en juiste planne. Die meeste tekenaars spesialiseer in die skep van spesifieke tekeninge of sketsplanne, soos ontwerpe vir huise, geboue, brûe, nywerheidsgereedskap of verbruikerselektronika. Die meeste van hulle werk vir tekenfirmas, vervaardigingsaanlegte en konstruksiemaatskappye hoewel daar vaardige tekenaars is wat sy of haar eie onderneming bedryf.

Mense wat in dié veld werk lê hulle dikwels toe op ʼn spesifieke bedryf of dissipline. Siviele tekenaars werk byvoorbeeld met ingenieurs en landmeters om landkaarte voor te berei asook sketsplanne saam te stel vir geboue, brûe, tonnels en snelweë. ʼn Meganiese tekenaar doen tekeninge vir masjinerie en onderdele terwyl ʼn elektroniese tekenaar te make het met die uitleg van elektriese bedrading en kragstrome vir woonhuise of vir verbruikersitems. Dit is nodig dat ʼn tekenaar heelwat moet weet van die bedryf waarin hy of sy spesialiseer, aangesien tekeninge en sketsplanne noukeurig en tot in die fynste besonderhede moet wees.

Hedendaagse rekenaartegnologie het ʼn drastiese verandering in die rol en verantwoordelikhede van mense in dié werkrigting tot gevolg gehad. RGO-programme stel kenners in staat om besonder noukeurige tekeninge te maak wat maklik aangepas kan word. ʼn Tekenaar kan van virtuele tekengereedskap gebruik maak om volmaak geometriese vorms en tweedimensionele kurwes te teken. Sommige gevorderde RGO-toepassings stel individue in staat om driedimensionele voorstellings te maak en ʼn tekening uit verskeie hoeke te bekyk. RGO-programme kan ook gebruik word om werklike toestande te simuleer sodat ingenieurs en tekenaars die strukturele integriteit van ʼn voorgestelde ontwerp kan bepaal.

ʼn Kwalifikasie aan ʼn tegniese skool, gemeenskapskollege of universiteit behoort iemand wat dié veld wil betree die nodige agtergrond te bied. Verskeie beroepsgerigte skole en kolleges bied kursusse van twee jaar in tegniese tekeninge, sketsplanlees en RGO. Daar is ook diegene wat aanlyn- of afstandsonderrig verkies waartydens hulle met behulp van RGO-programme tuis op hul rekenaars die grondslag van teken onder die knie kan kry. ʼn Kursus van vier of vyf jaar aan ʼn universiteit bied studente gewoonlik die geleentheid om te spesialiseer in nywerheidsontwerp, argitektuur of ingenieurs-gebaseerde rigtings. Leerders het op skool reeds die geleentheid om ʼn professionele portefeulje saam te stel wat aan potensiële werkgewers gewys kan word.

Jong tekenaars begin dikwels werk by argiteks-, teken- en ingenieursfirmas. Ander werkgewers sluit in raadgewende firmas, konstruksiemaatskappye en vervaardigingsaanlegte. Dit is nie nodig om ʼn professionele sertifikaat te hê om werk in dié veld te kry nie hoewel talle jong tekenaars verkies om toetse af te lê by nasionale organisasies om hul posisie in die mark te verbeter. Tekenaars wat in die VSA werk kan die Amerikaanse ontwerptekenvereniging nader vir sertifisering of soortgelyke organisasies in die meeste ander lande.

Besoek die webwerf vir meer inligting oor vroeë registrasie, skakel 011 262 5115 (Gauteng) of 021 000 0462 (Kaapstad), of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

Volg The Draughting Academy op Facebook of Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.