Sirkus-skool vir die gesin

Sirkus

Foto: Verskaf

Die Zip Zap Sirkus-skool bied ʼn familiedag op Sondag 17 April in Kaapstad aan waar gesinne die geleentheid sal kry om sirkus-toertjies uit te voer.

“Dit is jou kans om bietjie waaghalsig te wees en weer te speel soos ʼn kind en verskeie sirkus-toertjies te leer,” sê Brent van Rensburg, mede-eienaar van die Zip Zap sirkus-skool. “Ons is so sien uit daarna om gesinne te verwelkom!”

Die dag behels ʼn werkswinkel waar gesinne verskeie toertjies sal aanleer, soos om op ʼn styfgespande draad te loop en toertjies op die trampolien uit te voer. Ander aktiwiteite, soos gesigverf, sirkus-speletjies en ʼn springkasteel word ook aangebied. Middagete word verskaf deur Nando’s en spookasem vir nagereg sal die energievlakke hoog hou.

Die Zip Zap-skool se kunstenaars sal na al die aktiwiteite optree en wys hoe dit professioneel gedoen word en elke gesin kry ook ʼn lekker geskenkpakkie om huis toe te vat.

Zip Zap is ʼn organisasie sonder winsbejag, wat 24 jaar gelede gestig is. “Ons bied die gesinsdag aan om fondse in te samel wat ons gebruik om kinders van die straat af te hou. Ons kan dit slegs doen as mense ons ondersteun,” sê Brent.

  • Datum: Sondag 17 April 2016
  • Tyd: 11:00 – 15:00
  • Plek: Zip Zap Dome, Founders Garden, Jan Smutsstraat, Kaapstad
  • Kaartjies: R1000 vir ʼn gesin van vier en R150 ekstra per kind.

Besoek Zip Zap se Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.