Foto’s: Só kies kinders hul gunstelingspeelgoed vir Kersfees

Van die kinders wat aan die pretdag by Makro se Top Rated by Kids-geleentheid deelgeneem het om hulle gunsteling speelgoed te kies. Foto: Verskaf.

Dit is enige kind se droom: Verbeel jou ʼn dag waar jy die geleentheid kry om met van die jongste speelgoed te speel wat nog nie deur iemand anders op Suid-Afrikaanse winkelrakke gesien is nie.

Voeg lekkernye, ʼn speelpark, narre, musiek en talle pretaktiwiteite by, asook ʼn geskenkpakkie wat propvol gelaai is met nog meer speelgoed by hierdie dag en jy het dié volmaakte pretdag vir ʼn kind.

Dit is presies wat hierdie jaar in Junie by die Top Rated by Kids-geleentheid by Makro Riversands in Johannesburg plaasgevind het.

Meer as 200 kinders het met ʼn verskeidenheid van die jongste speelgoed gespeel as deel van ʼn baie belangrike missie: om vir hul gunstelingspeelgoed te stem.

Sowat 150 wenners van ʼn Makro-kompetisie, 30 kinders van die Nelson Mandela-stigting, Hope Worldwide en die Tomorrow Trust asook 21 junior joernaliste (of juniorliste soos Makro hulle noem) het dié dag hul hart uitgespeel.

Die kinders, almal tussen die ouderdom van vier en 12 jaar oud, het ná elke speelsessie hul stemme oor hul gunstelingspeelding uitgebring.

makro-top-rated-01-kurio-tab

Dié jong speelgoedkenners het verlede jaar Kurio Connect se tablet vir kinders as hulle topgunstelingspeelding aangewys. Foto: Laceys

Dit is natuurlik ernstige werk, maar dié jong speelgoedkenners was gereed vir die uitdaging. Nou word daar beraadslag terwyl die jong kenners se stemme getel en verwerk word.

Verlede jaar se topgunstelingspeelding was Kurio Connect se tablet vir kinders, wat weer eens net ʼn bewys is dat kinders tegnologie ken en dit graag in hul Kerskouse sal wil sien.

Nuuskieriges sal egter tot Oktobermaand moet wag om uit te vind watter soort speelgoed vanjaar se speelgoedkenners op die lys van die top 10-speelgoed geplaas het. Die gunstelinge sal dan by ʼn prysuitdelingsgeleentheid bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.