‘Student Expo’ open deure tot inligting

student-werkende-jongmens

Foto: StartupStockPhotos/Pixabay.com

Die Student Expo is ʼn landwye uitstalling vir huidige en voornemende studente om te verseker dat hulle ten volle ingelig is oor studielenings, verblyf, vervoer, beurse en werkgeleenthede.

Die uitstalling vind plaas in winkelsentrums landwyd om die ongeveer 1 tot 1,5 miljoen mense wat weekliks deur sentrums beweeg te teiken.

Verskeie sprekers gaan by al die uitstalgeleenthede te sien wees om te praat oor onderwerpe soos ingenieurswese, onderwys, medies en kuns.

Die uitstalling vind by die volgende plekke plaas:

Kaapstad
Waterfront-werkswinkel nr. 17 (Watershed-gebou)
15-16 April (Vrydag, 09:00 tot 18:00; Saterdag, 09:00 tot 15:00)

Pretoria
Centurion, Forest Hill City
7-8 Mei (Vrydag, 09:00 tot 18:00; Saterdag, 09:00 tot 15:00)

Johannesburg
The Glen
29-30 Julie (Vrydag, 09:00 tot 18:00; Saterdag, 09:00 tot 15:00)

Durban
Watercrest-winkelsentrum
26 -27 Augustus (Vrydag, 09:00 tot 18:00; Saterdag, 09:00 tot 15:00)

Die onderwerpe wat gedek word deur die sprekers:

  • Siviele, elektriese, meganiese, industriële en chemiese ingenieurswese
  • Onderwys
  • Rekeningkunde, regsbedryf, ekonomie en inligtingstegnologie
  • Landbou en wetenskappe
  • Geneeskunde en verwante gesondheidsrigtings
  • Maritieme wese en lugvaart
  • Kuns, mode en media
  • Gasvryheidsbedryf

Om deel te neem aan die uitstalling, besoek hulle webwerf of lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae