Taalvaardigheid help potensiaal ontsluit

Kind-praat.jpg

Foto: imgarcade.com

[promosie-artikel]

Lizani Muller

Phillip Seabi sou graad 4 in ’n staatskool begin toe ek hom in Januarie vanjaar ontmoet het. Sy ouers was bekommerd oor sy punte en ek het aanvangstoetse gedoen met gestandaardiseerde ESSI-lees- en -speltoetse. Hy het swak gevaar; hy het ’n stanege* van 1 (baie swak) vir lees en spelling op graad 2, eerste kwartaal-vlak behaal. Phillip kon nie ’n enkele woord tydens die eenminuutleestoets lees nie.

In oorleg met sy ouers is daar besluit om Phillip vir graad 2 by Impak te registreer. Ek het ook die Edublox Academic Support Year, of EASY-program, ’n oorbruggingsprogram wat daarop gemik is om kognitiewe vaardighede te ontwikkel en akademiese probleme te oorkom, aanbeveel. Die program help kinders soos Phillip om kernvaardighede en vermoëns te ontwikkel en hul eiewaarde te bevorder sodat hulle uiteindelik weer by ’n hoofstroomskool kan inskakel.

Aan die begin het ons gesukkel om tot Phillip deur te dring. Hy was stil, teruggetrokke, en het homself deur ’n enkele emosie – woede – uitgedruk. Hy het ons skaars gegroet.

Nou, soos ons die halfjaarmerk nader, kan ek met trots sê dat hy ’n plesier is om mee te werk. Met ons aanmoediging en ondersteuning, en danksy Phillip se harde werk en deursettingsvermoë, het ons ’n punt bereik waar hy daarna uitsien om met die Impak-leermateriaal te werk. Sy leeswerk vorder goed en gevolglik is daar ook ’n ontsaglike verbetering in sy werkstempo en algehele prestasie.

Tydens sy onlangse assessering was Phillip se uitslae indrukwekkend. Op graad 2, eerste kwartaal-vlak het sy lees ’n stanege van 4 (gemiddeld) bereik en hy lees nou 21 woorde per minuut. Sy visuele geheue het ook van 40% na 70% verbeter en sy vormwaarneming, wat op 67% begin het, het na 84% gestyg.

Soos Phillip nuwe akademiese mylpale bereik, kom die ware seuntjie al hoe meer na vore. Die eens skaam en ongelukkige kind is nou vriendelik en selfversekerd, en is mal daaroor om ons met sy kwinkslae en helder glimlag op te beur.

*Standaarde vir die ESSI-lees- en -speltoets word bereken in die vorm van staneges en strek van 1 (baie swak) tot 9 (baie goed).

Lizani Muller is ’n opvoedkundige praktisyn en eienaar van die Edublox-kliniek in Polokwane. Edublox is ’n Impak-geregistreerde sentrum.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.