Tien selfdoen-aktiwiteite vir die jongspan

Hier is oulike idees om jou kinders besig te hou terwyl almal nou met Jan Tuisbly se karretjie moet ry.

  1. Gloeiende slym

(Foto: MomDot)

Blinkers en gloeistokkies maak hierdie maklike feetjieagtige speelding ʼn werklikheid. En as jy dit skud, is dit soos ʼn towerspel wat waar word.

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Maak ʼn meermin-romp

(Foto: Ikat Bag)

Ma’s en pa’s sal moet help met naaldwerk vir hierdie aktiwiteit, maar jou kinders kan hul eie romp ontwerp vir hul onderwater-avonture.

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Maak ʼn uilpop

(Foto: https://www.goodhousekeeping.com)

Ons almal het al ʼn kalkoen met ons handafdruk gemaak, maar dié uilpop is eenvoudig in ʼn ander klas. Boonop kan jy dit met die eenvoudigste toerusting maak.

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Maak ʼn resiesbaan

(Foto: Juliette’s Garden)

Gebruik enige kleurvolle kleeflint wat jy het en maak jou eie resiesbaan waar jou kinders met hul karretjies kan speel. Die baan kan aangepas en mettertyd vergroot word .

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Maak skuimverf

(Foto: Dabbles & Babbles)

Slegs drie bestanddele is nodig vir hierdie wetenskapspeletjie. Dié verfbare skuim (wat kinders uit ʼn plastieksak kan druk om vorms te maak) raak oornag hard; hulle kan dus lank daarmee speel.

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Tydelike tatoes

(Foto: Hello, Wonderful)

Kinders kan hul eie prentjies teken en dit soos tatoes tydelik aanwend om hul kuns uit te stal.

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Gloeiende borrels

(Foto: Paging Supermom)

Het jy glimpenne (highlighters) wat net by die huis rondlê? Hierdie is ʼn maklike manier om jou borrels te laat gloei.

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Kristal name

(Foto: Playdough to Plato)

Jou kind kan hul naam of ʼn vorm van hul keuse oornag laat kristalliseer in dié oulike wetenskapprojek.

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Minivulkane

(Foto: Momdot)

Laat jou kinders toe om die volgende wetenskapprojek aan te pak as ʼn verskoning om ʼn bietjie van ʼn gemors te maak. Sit al die miniatuurvulkane in ʼn glasbak om die gemors in toom te hou.

Kyk hier hoe om dit te maak

  1. Venster-kuns

(Foto: IAnd Next Comes L)

Deursigtige papier en water is al wat nodig is vir jou kinders om die vensters ʼn mosaïek-effek te gee, en dit sal hulle lank besig hou.

Kyk hier hoe om dit te maak

Saamgestel vanaf MSN.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.