Tuisonderrig is pasgemaak vir jou behoeftes

Bezuidenhout-familie.jpg

Die Bezuidenhout-familie. Foto: Verskaf.

[promosie-artikel]

Tuisonderrig bied ’n werkbare alternatief vir diegene wie se omstandighede of kinders se behoeftes nie by die openbare skoolstelsel inpas nie. Dalk woon jy op ’n afgeleë plaas of jou kind moet remediërende onderrig ontvang, of dalk kry jou kind net nie die nodige individuele aandag in ’n hoofstroomskool nie.

Een so ’n gesin is dié van Jeanet Bezuidenhout wat op ’n plaas naby Stofberg in Mpumalanga woon. Met die lang afstande en swak paaie na die naaste skool was dit ’n maklike besluit om haar twee seuns van 10 en 13 tuis te onderrig.

“Mens voel altyd as ouer verantwoordelik vir insae by jou kind se onderrig, maar omdat ouers nie

self die kurrikulum verstaan nie, is dit soms baie moeilik om waardevolle insette te lewer. Met tuisonderrig en die materiaal wat ons gebruik, was dit vir die eerste maal moontlik,” sê Jeanet.

Benewens die drastiese verbetering van haar seuns se punte, kan die gesin nou dinge so reël dat hulle buite seisoen kan gaan vakansie hou wanneer die boerdery dit toelaat. “Ons kan ook as gesin inspring en help wanneer dit dol raak op die plaas.”

Joubert-Familie-foto.jpg

Die Joubert-familie. Foto: Verskaf.

Estelle Joubert het haar kinders vir 15 jaar tuis onderrig en is nou die trotse eienaar van Jakkalskrans Akademie, ’n Impak Akademie net buite Lydenburg. Toe haar dogter op ’n jong ouderdom met erge obsessief-kompulsiewe versteuring (OKV) gediagnoseer is, was die naaste remediërende skool 100 km ver.  “Dit was absoluut buite die kwessie, so ek haar self begin leer en terselfdertyd my kwalifikasie in grondslagfase-onderwys voltooi,” vertel Estelle.

Haar sentrum bied ’n uitkoms vir ouers wat nie tevrede is met die gehalte van onderwys in die plaaslike skole nie en dien ook as remediërende sentrum vir kinders wat onder meer sukkel met ADD en ADHD.

Jeanet en Estelle stem saam dat tuisonderrig ’n groot verantwoordelikheid is wat ongelooflike selfdissipline en absolute toewyding van ouers en kinders verg. “Dit is ’n geval waar jy alles of niks gee. Verder is hulpmiddele soos byvoorbeeld tegnologie baie belangrik. Ons moes ekstra uitgawes aangaan om onsself in te rig sodat ons seuns bronne tot hulle beskikking het,” vertel Jeanet.

Estelle se raad aan ouers wat reeds tuisonderrig doen of dit oorweeg, is om te onthou dat dit steeds skool is. “Sonder streng dissipline en strukture sal optimale resultate nie behaal word nie. Stel vir jouself ’n rooster op wat vir jou gesin werk en laat genoeg tyd toe vir skoolwerk, aktiwiteite en ontspanning.”

Chairo-Middelburg.jpg

Chairo-Middelburg. Foto: Verskaf.

Ouers wat verkies om hulle kinders tuis te onderrig, het ook die opsie om van die dienste van tutors of sentrums gebruik te maak. Tutors help veral met daardie vakke waarmee ouers self nie heeltemal vertroud is nie, terwyl sentrums met hulle klein klasse en toegewyde personeel ideaal is vir kinders wat sukkel om in hoofstroomskole aan te pas. Die feit dat leerders in hierdie omgewing teen hulle eie pas kan werk, help hulle om hul volle potensiaal te verwesenlik.

By Chairo in Middelburg is die fokus om elke leerder se persoonlike akademiese behoeftes aan te spreek en te oorkom. Marlise Nortje en Marlise de Meyer, eienaars van die sentrum, meen dit is belangrik dat lesmateriaal so saamgestel is dat leerders nie beïnvloed word deur  klasmaats wat vinniger of stadiger as hulle werk nie.

Magrieta de Beer van MC Akademie in Standerton sê die grootste voordeel van onderrig by ’n sentrum is dat kinders die geleentheid kry om op hulle tyd te leer en die kans gebied word om die werk deeglik te verstaan voordat hulle na die volgende module aanbeweeg. “Dit bied ’n uitkoms vir kinders wat nie die pas in hoofstroomskole kan volhou nie.”

Besoek Impak vir meer inligting oor tuis- en sentrumonderrig.

Promosie-artikels verskaf deur Impak Onderwys.

 

Meer oor Impak Onderwys

Of jy goeie beginsels wil inskerp, meer tyd saam met jou kind wil spandeer of ver van skole af bly, Impak glo net die beste is goed genoeg vir jou kind. KABV-belynde kurrikulum en akademiese ondersteuning van graad R – gr 12. Besoek ons webwerf by www.impak.co.za, of kontak ons per e-pos.

Deel van: Ouerskap, Promosies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Mike Olwagen ·

Impak is horribaal treurig. Breinlyn is skitterend, IEB eksamens, studiemateriaal puik, vakonderwysers kom vinnig terug na joun op navrae. Tegnologie word puik aangewend. Ek het albei ervaar en dink ek kan objektief ‘n mening daaroor uitspreek.

Joy Leavesley ·

In response to the article’s assumption that parent’s must not forget the home education still remains “school”. Pretty universally “school” is defined as an organisation or institute that provides instruction, or is established for the teaching of children. I have looked at many many documents regarding schooling and find very few mention education or learning. Most are about teaching and instruction and discipline and so on. It seems therefore that within our society at large school is related to an institution and is related to teaching. It therefore seems, to me, that home education is about as far away from school as a person can get. Home education is about a family, a home, a parent and their child/ren. It is about education in the full sense of the word meaning developing the child’s fullest potential. The research also shows another way that school and education are not the same thing and that is through the number of children in South Africa who progress through school and yet remain uneducated (even if one were to cut the definition of education down to simply mental abilities e.g. reading, writing, mathematics etc). Assuming that, indeed, school and education do not amount to the same thing, then one also has to question whether the tools used to assess the success of school are in any way relevant to the tools used to assess a parent raising their child. Indeed, one also has to ask if the methods and approaches used in school have anything whatever to do with what a parent does at home with their child/ren.

Marelize Keyter ·

Dalk moet Impak ook aan voornemende tuisonderwys-gesinne die name van uiters ontevrede oud-Impak-gebruikers gee….

Een ding wat soos klokslag in my raad aan voornemende ouers van tuisonderwys voorkom, een van die eerste goed wat ek aan ouers wat meer inligting vra, is juis dat tuisonderwys NIE skoolonderwys is nie. Jy het niè skooldissipline nodig nie, jy het inteendeel nie eens skool-handboeke nodig nie!

Kurrikulums word in ons skole toegepas, maar in haar navorsing vir haar M-verhandeling bevind ‘n onderwyseres dat tuisleerders baie hoër geletterdheid en gesyferdheid het as hul publieke skool eweknieë – nou verwag Impak dat ons daardie standaard van die dept ook in tuisonderwys moet toepas!?

Nee, as ouer wie reeds 2 volwasse kinders het en 2 wat nog tuisopvoeding ondergaan (dis ons 11de jaar van tuisonderwys), een wat wel “skool-by-die-huis” probeer het, wat wel van Impak (nog in die goeie ou dae, toe dit tuisonderwyskundiges was wat aan bestuur gestaan het, mense wat self hul kinders tuisonderwys gegee het) gebruik gemaak het en uiteindelik besef het dis ‘n misleiding, daar is soveel beter maniere vir leer, soveel meer geleenthede, wil vir voornemende ouers sê: doen jou navorsing DEEGLIK.

Moenie jou aan die neus laat lei deur te dink “sit-stil-en-hou-jou-snater” is die enigste manier van leer nie. Inteendeel, veral vir seuns, is dit die swakste manier.

Gebruik veel eerder die lewe as leerskool. Jy leer die beste by ‘n vakkundige – nie ‘n teoretikus nie. “Go to a maste of the trade” en leer die kuns in praktyk by hom. Lees biografieë en leer op ‘n totaal ander, veel interessanter manier.

Hoe op aarde wil jy die leermetodiek van een graad, 30+ kinders in die graad toepas op ‘n huisgesin met 2 tot 6+ kinders in verskillende grade? Dit maak absoluut geen sin nie.

Marelize Keyter ·

Ons oudste het haar GED voltooi, het ‘n Montessori-sertifikaat-kursus voltooi, is aangestel as Montessori-onderwyseres vir 3-4-jariges en besig met haar Montessori-onderwysdiploma – al haar kursusse is uit die VSA en dadelik internasionaal erken.

Ons seun het sy GED voltooi, hoop om in Junie sy SAT’s te doen en gaan dan D.V. ‘n B-graad by NWU of aanlyn by ‘n buitelandse universiteit studeer.

Sonder formele kurrikulum.

Mignon ·

Estelle, “skool” by die huis is nie dieselfde as “skool” by die skool nie. Ons tuisonderrig nou vir die agste jaar en ons doen beslis nie “skool” by die huis nie! Tuisonderrig is beslis nie = skool by die huis nie!

Siraj Ghoor ·

Terwyl hierdie artikel wel ‘n promosie artikel is, voel ek tog dat dit ‘n gevaarlike neiging is om tuisonderwys te beperk as ‘skool by die huis.’ Elke Tuisonderwys familie verskil met ander families, en baie van hulle besluit om nie die Suid Afrikaanse CAPS kurrikulum te volg nie. Hulle het veel ander opsies. As jy tuisonderwys oorweeg, is dit bes dat jy jou eie navorsing doen. Die internet is jou beste en maklikste bron.

Siraj ·

Om meer regverdig te wees: Al het ek dit nog nie ondersoek nie, glo ek dat Impak student probleem oplossing en studente navorsing in sy kurrikulum ingebou het. Die Suid Afrikaanse CAPS kurrikulum sal tog die kurrikulumverskaffers se vryheid beperk. Doen jou navorsing, deeglik.

Siraj Ghoor ·

Om meer regverdig te wees: Al het ek dit nog nie bestudeer het nie, glo ek dat Impak, in hulle kurrikulum, studente probleem oplossing en studente navorsing ingebou het. Dit is definitief beter as inhoudsgebaseerde leer. Die Suid Afrikaanse CAPS kurrikulum sal die kurrikulumverskaffers tot ‘n sekere mate tog beperk. Ek herhaal: Doen jou navorsing, deeglik.

Magri Blignaut ·

Ja ek stem beslis saam. Die leerdery begin wanneer die roosters en skedules en handboeke uitgegooi word! Veral vir seuns! Dis amazing om te sien hoe my “lui” seun kan woeker as dit by plaaswerk en geldmaak idees kom. En net omdat hy nie nou ‘n kurrikulum volg nie, beteken dit nie dat hy nie ook eendag ‘n matriek/gelykstaande kwalifikasie + universiteit gaan doen nie. Maar tot hy 16 is kan hy leer en doen wat vir hom interessant is. Al skoolwerk wat ons doen is om goeie boeke te lees en wiskunde, verder doen hy sy eie navorsing op die internet. My dogter hou meer van skoolwerk in die tradisionele opset maar sy is ook vry om te leer wat sy wil en glo my sy leer baie meer as wat kinders op skool leer en dis uit vrye keuse, nie omdat iemand haar dwing nie. (Tuisskool nou ons 8ste jr)

Bouwe van der Eems ·

Op ‘n skool word voorgeskrewe inhoud op ‘n voorgeskrewe tyd aan die kinders oorgedra. Dit is waarvoor die “C” van CAPS staan . Dat die kind op die voorgekrewe tyd dalk nie ryp is vir die voorgeskrewe inhoud nie, word nie in ag geneem nie. Indien die kind ongemaklik is met die situasie en daarteen rebelleer, word die kind met Ritalin bedwelm. ‘n Dwelm met ‘n soortgelyke klassifikasie as Kokaine en Morfien.

Nadat die kind onderwerp is aan die “C” van CAPS, volg die “A” wat staan vir Assesering. Daar word van die kind verwag om die kennis wat sopas oorgedra is, in sy korttermyngeheue in te prop, en dan uit spoeg tydens die toets. Hierdie praktyk staan bekend as intellektuele bulemie. Of die kind werklik die kennis sy eie gemaak het in sy lewe kan toepas is irrelevant. Al wat tel is hoe goed die kind intellektuele bulemie kan beoefen.

Daar is goeie redes waarom onderwys nie soos skool behoort te wees nie, aangesien skool die bron is van ongesonde praktyke soos ongekontrolleerde bedwelming en intellektuele bulemie. Ouers kies tuisonderwys om weg te kom van sulke ongesonde praktyke. Om die redes behoort ouers te besef dat tuisonderwys eerder so ver as moontlik van skool af behoort te wees.

Bouwe van der Eems ·

Diegene wat graag meer wil verstaan waarom die skoolstelsel nie meer relevant is in die 21ste eeu nie, kan gerus die artikel en video bekyk van Dr. Ken Robinson wat gegee is by TED. http://goo.gl/Ut1e65

Karen ·

Dit klink vir my of Estelle ook die idee beet het dat kinders lee emmers is wat lepel vir lepel deur ‘n onderwyser of ouer vol geskep moet word! Kinders leer van nature vanself en as jy hul loslaat om hul belangstellings en onblusbare energie te volg, kom jy gou agter dat hul net ‘n klein vonkie nodig het om ‘n hele bos aan die brand te steek!

Leendert van Oostrum ·

Die artikel gee ‘n aanduiding van hoe Impak (die borg vir hierdie promosie-artikel) hom strategies posisioneer:

Dit is opmerklik dat die artikel eintlik handel oor klein skooltjies wat opgerig word deur voormalige tuisskolers. Dit handel dus eintlik oor die skooltjies, hoewel die opskrif voorgee dat dit oor tuisonderwys handel.

Skynbaar vervaardig die onderneming dieselfde kurrikulum en leermateriaal vir tuisonderwys en vir skole, en tuisleerders kan soomloos oorskakel van tuisonderwys na Impak se skooltjies. Hy probeer egter nie om skole te oortuig dat hulle soos tuisonderwys moet probeer wees nie. Hy argumenteer wel dat tuisonderwys soos skole moet wees.

Dit lyk dus asof tuisonderwys vir die onderneming ‘n soort melkkoei is wat sy deurbrake in die skolemark moet befonds.

Is dit waarom die strop al stywer gespan moet word?

Retha ·

Onthou asb. dat hierdie slegs n promosie artikel is, deur Impak wat sy produk wil promoveer aan verkieslik oningeligte en desperate ouers. Ingeligte Tuisonderwys ouers sal heel moontlik nie hul gesinslewe ontwrig deur n voorafverpakte staatskurrikulum soos Impak nie. Dit is duur en kontraproduktief tot kindews se unieke behoeftes. Google eerder al die wonderlike opsies wat leer in n vreugdevolle gesinsopset ontwikkel. My kinders is nou 18 en geniet hul matriekjaar, huppel daardeur, sonder enige formele kurrikulum tot nou toe. Trouens, hulle het al 2 jaar gelede n matriekvak voltooi en verlede jaar op 17 twee met onderskeiding afgehandel. Impak sou nie hierdie heerlike avontuur van selfgerigte leer vir ons gebied het nie.

Retha ·

Onthou asb. dat hierdie slegs n promosie artikel is, deur Impak wat sy produk wil promoveer aan verkieslik oningeligte en desperate ouers. Ingeligte Tuisonderwys ouers sal heel moontlik nie hul gesinslewe ontwrig deur n voorafverpakte staatskurrikulum soos Impak nie. Dit is duur en kontraproduktief tot kinders se unieke behoeftes. Google eerder al die wonderlike opsies wat leer in n vreugdevolle gesinsopset ontwikkel. My kinders is nou 18 en geniet hul matriekjaar, huppel daardeur, sonder enige formele kurrikulum tot nou toe. Trouens, hulle het al 2 jaar gelede n matriekvak voltooi en verlede jaar op 17 twee met onderskeiding afgehandel. Impak sou nie hierdie heerlike avontuur van selfgerigte leer vir ons gebied het nie.

Elize vdMerwe ·

Ons het twee bedrywige, altyd-aan-die-dink-en-doen-seuns. Een is nou 6jr en die ander 8jr. Daar is geen manier wat ek dieselfde leer materiaal op presies dieselfde wyse aan albei kan aanbied en verwag dat hulle alles ewe effektief moet verstaan nie. Kinders is nie sardientjies in ‘n boks (of robotiese outomate) wat alles presies dieselfde doen op presies dieselfde manier, op presies dieselfde tyd/ouderdom nie! Vra ENIGE ouer wat oplet na sy kinders en hulle sal jou vertel dat hul kinders hemelsbreed verskil. Nou hoe wil jy kinders op presies dieselfde manier leer, wanneer navorsing vir die laaste meer as 100jaar al daarop dui dat kinders ontsettend verskil in hul wyse van leer, hul wyse van verstaan en toepassing.

Jy kan daardie boks-pak koop, maar dit MOET aangepas word om by jou kinders te pas, by hul leerstyl, by hul ontwikkelingsfase, en as jy dit gaan doen, kan jy net sowel ander boeke koop wat óf opgestel is vir tuisonderwys spesifiek, deur eksperts in hul velde geskryf, óf spesifiek vir verskillende leerstyle aanpassings maak of raad gee. Ek sal hier stop en liewer nie nog aangaan oor formele assessering nie.

Die tweede punt wat ek wil uitlig is dat daar nie ‘n vasgestelde tyd is vir leer nie. My jongste het al in die “toilet”kamer (soos hy dit noem) sy alfabet-liedjie gesing, begin tel om te kyk hoe ver hy kom… Ouers kan boekdele skryf van kinders wat hoekom en waarom vrae vra terwyl hulle ry iewers heen. Moet ek nou vir my kinders wat nou net ‘n storie oor dolfyne gekyk het, en my vra oor meer inligting oor dolfyne, robotiese sterte, ens. sê “jammer, jy moet wag vir more oggend se skooltyd”, of nog erger, “jammer, jy is nou eers 6jr oud, skoolboeke sê jy leer eers op 10jr van dolfyne, so ons sal ander dag daaroor leer.” ? En ja, ek is al aangesê om dit te doen deur “streng-volgens-skool” mense.

“Sonder streng dissipline en strukture sal optimale resultate nie behaal word nie” is net ‘n opinie van die dame in die artikel. Ek is dankbaar dit werk vir haar, maar ek kan haar verseker, kinders is leergierig as jy hulle toelaat om te leer, en nie jou eie idees op hulle afdwing nie. Ons het ‘n leer roetine, maar dit word baie beslis nie streng toegepas nie, want as een van ons seuns nou verskriklik belangstel in rym en hy wil nou aangaan met klanke, rymwoorde, gedigte, ens. dan gaan ons daarmee aan, want dit wat hy inneem wanneer hy geinteresseerd is, sal hy onthou, want hy wil daaroor leer. Weereens, moet ek nou vir hom sê “Jammer, maar dit is nou tyd om iets anders te leer, dit wat vir jou nou belangrik is, moet wag vir ‘n ander tyd.”?

Nee wat, ek dans liewers nie om die klok (horlosie) nie, ons is mense wat D.V. gemaak is om verskillend te wees en ons onderskeie talente uit te leef.

Maar elkeen vir homself. GEEN ouer OF instansie kan aan ‘n ander voorskryf nie.

Elize vdMerwe ·

Ek wil egter noem dat ek heeltemal saamstem dat ouers toegewyd moet wees, maar dit is vanselfsprekend, maak nie saak watter manier jou kinders leer nie, en ouers moet tyd maak vir aktiwiteite en ontspanning – veral as gesin, soos die dame genoem het.

“…die grootste voordeel van onderrig by ’n sentrum is dat kinders die geleentheid kry om op hulle tyd te leer en die kans gebied word om die werk deeglik te verstaan voordat hulle na die volgende module aanbeweeg…” Dit is die doel van elke tuisopvoeding-ouer, om sy kind/-ers die kans te gee om optimaal te leer, teen hulle eie pas van ontwikkeling en hoe hulle dit verstaan, en dat die werk ordentlik toegepas kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.