Tuisonderrig laat jou kind se natuurlike talente blom

wiskunde-skool-klas.jpg

Argieffoto

[promosie-artikel]

Die Amerikaanse oudonderwyser en skrywer John Taylor Gatto, een van die groot name in literatuur oor moderne onderwys, glo dat tuisskool ’n oplossing bied vir die meeste probleme wat tans met die tradisionele model verband hou.

Nancy Carter, voormalige direkteur van kommunikasie van The Old Schoolhouse Magazine, ’n tydskrif vir tuisskolers, het Gatto se denke soos volg opgesom: “Hy glo eenvoudig dat tuisonderrig die beter opsie is om onafhanklike denkers te skep en natuurlike talente en belangstellings te ontwikkel.”

In sy boek Dumbing Us Down: The Hidden Curriculum of Compulsory Schooling, skryf Gatto dat die tradisionele skoolhoumodel onder meer die volgende aan kinders doen:

  • Dit verwar leerders. Hulle moet ’n onsamehangende klomp inligting memoriseer om  op skool te bly.
  • Dit leer hulle om te aanvaar dat hulle in ’n sekere klas of stand hoort.
  • Dit maak hulle middelmatig.
  • Dit maak hulle emosioneel afhanklik.
  • Dit maak hulle intellektueel afhanklik.
  • Dit leer hulle ’n soort selfvertroue wat die hele tyd deur kundiges bevestig moet word (voorwaardelike selfvertroue).
  • Dit leer hulle dat hulle nêrens kan “wegkruip” nie, want daar is altyd toesig.
Plaaslike navorsing

Plaaslike navorsingsresultate ondersteun Gatto se denke. Dierdré Bester, ’n Suid-Afrikaanse onderwyseres, het in haar MA-verhandeling Effek van tuisskoling op die sosiale ontwikkeling en akademiese prestasie van die pre-adolessent, bevind dat basiese geletterdheid en syfervaardighede van tuisleerders baie beter is as dié van leerders in openbare skole.

Dierdré se navorsing toon dat tuisleerders in graad 4 gemiddeld 90,5% geletterd is, teenoor 48,1% van leerders in openbare skole. Hul gemiddelde vlak van syfervaardighede is 82,4% teenoor hul eweknieë in openbare skole se 30,02%. Wat tuisleerders se vaardighede in Lewensoriëntering betref, is hul gemiddeld 81,7% vergelyke met 47,11% van kinders in staatskole.

Tuisleerders het boonop gemiddeld tot goed gevaar in sosiale vaardighede soos selfvertroue, selfbeheersing, deelname in groepverband, formele verhoudinge met volwassenes en om vriendskapsbande te vorm.

Vestig jou waardestelsel

Tuisskool bring gesinne nader aan mekaar en bied jou ’n unieke geleentheid om die regte norme en waardes – volgens jóú waardestelsel – in jou kind te kweek. Verder leer gesinslede mekaar baie goed ken. Hoe meer tyd jy immers saam met iemand spandeer, hoe beter leer jy die persoon ken.

Omdat jy so intiem bekend raak met jou kind se sterk- en swakpunte, word dit makliker om  op jou kind se probleemareas te fokus – iets wat in vandag se oorvol klasse en skoolprogramme nie noodwendig moontlik is nie. Bowenal kan jy volgens jou kind se eie pas en vermoëns werk. Tuisonderrig vind gewoonlik vinniger plaas as die tempo van leer in ’n klasverband omdat daar geen dissiplineprobleme is nie en aandag nie verdeel word nie.

Onwikkel jou talente

Leerders met uitsonderlike talente vind baat by tuisonderrig deurdat hulle onderrigtyd rondom hul talente, oefentye, optredes en kompetisies kan skeduleer. As jou kind sy/haar land verteenwoordig, kan hy/sy harder en vinniger voor die tyd werk of later inhaal op sy/haar eie pas en tyd. Tuisonderrig stel jou kind in staat om op sy/haar talente te fokus terwyl akademiese onderrig steeds plaasvind.

Beperk groepsdruk

Tuisleerders het minder stres as ander kinders omdat minder druk van buite op hulle geplaas word. Groepsdruk, geboelie en hoë mededingingsvlakke speel ’n kleiner, indien enige, rol by tuisonderrigleerders.

Kinders met ʼn siekte of fisiese gebreke kan tuisonderrig doen sonder dat hulle geboelie, verneder of geterg word, terwyl baie gedragsprobleme soos hiperaktiwiteit en impulsiwiteit makliker by die huis as in die tradisionele klaskamer hanteer word.

Tuisonderrig is ook gepas vir leerders met leerprobleme of wat begaaf is omdat daar in diepte op spesifieke vakgedeeltes gefokus kan word. Die leuse van tuisonderrig is eie pas, eie tyd. Leerders dikteer hulle eie pas van leer en so word talle frustrasies uitgeskakel.

Onafhanklike denkers

Tuisskolers se selfvertroue is dikwels beter, want hulle leer om onafhanklik op te tree. Kinders is grootliks verantwoordelik vir hul eie leer en ontwikkeling. Hulle leer om innoverend te dink en self die werk onder die knie te kry, in plaas daarvan om bloot te sit en luister hoe ’n onderwyser alles verduidelik. Daar vind baie meer toepassing in die alledaagse lewe plaas; nie net teorie soos wat in skole geleer word nie, maar praktiese toepassing ook.

Binne die kleiner tuisskoolomgewing kry kreatiwiteit kans om te vloei. Die leeromgewing is rustiger en voel veiliger. Kinders se identiteit en selfvertroue verbeter, want jy as ouer kan hulle lei om te leer op die manier wat die beste by hulle pas.

Navorsing toon dat kinders nie sosiaal deur tuisonderrig benadeel word nie. Tuisskolers het meer selfvertroue as die gemiddelde leerder van hulle ouderdom en ʼn gesonde gevoel van eiewaarde.

Tuisskolers het ook meer vrymoedigheid om hul probleme met hulle ouers te bespreek omdat tuisonderrig ʼn positiewe invloed op die ouer-kind-verhouding het. Boonop ontwikkel tuisleerders vinniger en beweeg geestelik op ʼn dieper vlak as ander in hul ouderdomsgroep en in die meer ontspanne en ongestruktureerde tuisomgewing is dit makliker om ’n lewenslange leergierigheid te kweek.

Dít is waarom tuisonderrig die toekoms is. Ons wil nie leerders hê wat volg nie, maar leerders wat entrepreneurs kan wees en wat vir hulself kan dink en redeneer.

Artikel verskaf deur:  Impak Onderwys

Bronne

 

Meer oor Impak Onderwys

Of jy goeie beginsels wil inskerp, meer tyd saam met jou kind wil spandeer of ver van skole af bly, Impak glo net die beste is goed genoeg vir jou kind. KABV-belynde kurrikulum en akademiese ondersteuning van graad R – gr 12. Besoek ons webwerf by www.impak.co.za, of kontak ons per e-pos.

Deel van: Ouerskap, Promosies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.