Tuisonderrig: Wat ’n ouer moet weet

skoolkinders.jpg

[promosie-artikel]

Oorweeg jy om jou kind tuis te onderrig? Kom ons kyk na die voor- en nadele tussen die tradisionele skoolmodel en tuisonderrig.

Navorsing toon dat tuisonderrigleerders neig om beter as hulle skoolgaande maats te presteer omdat hulle emosioneel, geestelik en kognitief meer gestimuleer word, en dit maak hulle sterker. Teen hierdie agtergrond moet die ouers dus besluit of hulle bereid is om die uitdagings wat tuisonderrig in terme van tyd, energie en toewyding stel, aan te durf.

Die akademiese kwalifikasies van die ouers beperk hulle nie indien hulle op tuisonderrig besluit nie, aangesien die Suid-Afrikaanse Skolewet nie vereistes in hierdie verband stel nie. Ouers moet hulle egter vergewis van die prosedures wat nodig is om ʼn kind tuis te onderrig en watter leerprogramopsies daar beskikbaar is.

Ouers moet by die hoof van die provinsiale onderwysdepartement aansoek doen om tuisonderrig te doen. Die volgende dokumente word benodig: die ouers se ID-dokumente, die kind se geboortesertifikaat, immunisasiedokumente, vorige skoolrapporte (indien van toepassing) en ’n uiteensetting van hoe die leerprogram gevolg sal word.

Wat die leerstof en leerprogram betref, kan die ouer besluit om die kind self te onderrig, deur ʼn tutor te laat onderrig of by ’n tutorsentrum op ʼn deeltydse basis in te skryf. Daar is ʼn aantal leerprogramme in die mark beskikbaar. Dit sou dalk wenslik wees om ʼn leerprogram wat met die nasionale kurrikulum belyn is te kies, aangesien dit leerders se artikulasie tussen die formele en die tuisskoolsektor vergemaklik en toelating tot universiteite en ander tersiêre instansies minder problematies maak. Hoër onderwysinstellings hoef dan nie eers die matrieksertifikaat te laat akkrediteer nie.

Sommige van die verskaffers van leerprogramme bied ook ondersteuning ten opsigte van assessering en hou tred van die leerder se vordering, asook die bewyse dat die uitkomste van graad 3, 6 en 9 wel bereik is.

Ouers wat oor die verskaffing van leerprogramme navraag wil doen, is welkom om Impak Onderwys te kontak.

 

Meer oor Impak Onderwys

Of jy goeie beginsels wil inskerp, meer tyd saam met jou kind wil spandeer of ver van skole af bly, Impak glo net die beste is goed genoeg vir jou kind. KABV-belynde kurrikulum en akademiese ondersteuning van graad R – gr 12. Besoek ons webwerf by www.impak.co.za, of kontak ons per e-pos.

Deel van: Ouerskap, Promosies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerhard Kok ·

So daar sien Solidariteit en Kie die geleentheid om Impak te bemark. Net jammer dat julle ter wille van geld julle eie mense se kinders sal uitverkoop aan ‘n verskeurende wolf soos die DoE deur aan te beveel dat ouers wel registreer. Julle behoort julle te skaam oor sulke blatante misleiding. Van wanneer af is beleidsverklarings wat aanbevelings maak oor registrasie en “Wet” skielik sinonieme? Nee, geen ouer “moet” registreer nie, maar ja hulle “kan” wel as dit hulle keuse is. (Verwys gerus na ‘n vorige toetssaak in die Gautengse Hoër Hof”)

Ek hoop Impak het betaal vir hulle advertensie. Miskien is ‘n klag by ASASA (die Owerheid vir Reklamestandaarde) of die Verbruikersraad in orde, siende dat hierdie artikel gebasseer is op valse aannames (tensy Maroela Media en Impak natuurlik hierdie misleiding onomwonde regstel of verwyder).

Jacs Lemmer ·

Ons merk dat u die artikel by die volgende skakel op u Webblad verwyder het:

http://maroelamedia.co.za/blog/goeiegoed/ouerskap/tuisonderrig-onduidelikheid-oor-registrasie-opgeklaar/

Ons wil u daarop wys dat die artikel van 11 Desember 2014 (waarop ek hier kommentaar lewer) nog nie verwyder is nie. Hierdie artikel van 11 Desember bevat soortgelyke misleidende/ongeldige/onakkurate inligting. Tewens, dit is in opvolg op hierdie artikel dat die nuwe artikel (skakel hierbo) geplaas is, wat u dan ‘n kort tydjie terug verwyder het.

Dit sou goed wees indien u om soortgelyke redes ook hierdie artikel van 11 Desember verwyder.

Beste wense.

Shaun Green ·

With reference to the removed article previously posted at http://maroelamedia.co.za/blog/goeiegoed/ouerskap/tuisonderrig-onduidelikheid-oor-registrasie-opgeklaar/
This article contains some of the same nonsense, and therefore deserves the same response:
Dear Impak & Prof Niemann: Your products are well-packaged, and clearly show that you understand the value of successful branding. Why then do you drag your own name through the dirt right in front of your potential clients, by misrepresenting the law as it relates to Home-education? If not for the sake common decency, then at least for your brand: please stop insulting your market with this selective “legal” claptrap parading as “information”. There are better and more-sustainable ways of marketing Impak. Attempting to use the State to bully homeschoolers only appears desperate and is highly likely to fail. Many conscientious homeschoolers (and possibly your shareholders) will thank you to stop this.

Retha Bremer ·

Skreiende wanvoorstelling van die ware toedrag van sake……..Impak gee nie die korrekte feite weer nie. Kontak asb. die Pestalozzie Trust. Daar is ‘n groot verskil tussen Tuisonderwys en tuisonderrig…….laasgenoemde is frustrerend, duur en juis die staatskurrikulum waarvan die ouers probeer weg kom. Miskien aanvaarbaar vir ‘n Cottage skool, maar verseker kontraproduktief vir die normale huishoudelike omgewing. Ter wille van hul omset, sal Impak hierdie basiese verskil verswyg en kinders ly daaronder. Werklik korrup! Maroela media behoort te onderskei tussen advertensies en joernalistiek……

Bouwe van der Eems ·

Dis baie teleurstellend dat Maroela Media misleidende inligting plaas. Daar word aangehaal uit die beleid oor tuisonderwys asof dit wet is, terwyl die hooggeregshof uitgespreek het dat beleid nie afdwingbaar is nie. Hierdie soort advies daartoe lei dat ouers besluite neem oor die tuisonderwys van hulle kinders wat nie in die beste belang is van hulle kinders nie, soos wat die grondwet vereis nie.

Bouwe van der Eems ·

Die artikel beweer dat ouers die immunisasiedokumente van die kinders moet indien wanneer hulle wil registreer.

Soos reeds herhaaldelik aangetoon is dit die eerste fout om voor te gee dat die beleid oor tuisonderwys gelykstaande is aan die wet op tuisonderwys, en daarom afdwingbaar is, terwyl die grondwetlike hof uitgespreek het dat beleid nie afdwingbaar is nie.

Ek het egter gaan kyk na die Beleid oor Tuisonderwys van 1999, en kan geen verwysing in daardie dokument vind oor immunisasiedokumente nie. Dit beteken dat die vereiste van immunisasiedokumente nog uit die wet nog uit die beleid kom.

Ek self is nie ‘n kundige op die gebied van immunisasie nie, maar ek weet wel dat daar ‘n groeiende tendens is dat ouers nie hulle kinders wil immuniseer nie. Immunisasie is soms een van die hoofredes waarom sommige ouers kies vir tuisonderwys. Daar is dus baie ouers wat meen dat dit nie in die beste belang van kinder om nie ge-immuniseer te word nie.

As die skrywer van hierdie artikel sy sin kry, sal ouers wat wil tuisonderwys gee dus gedwing moet word om hulle kinders te laar immuniseer, ongeag wat die ouers se mening is oor immunisasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.