Tuisonderwys: Die keuse van kurrikulum

tuisonderrig-02

Vir ouers wat tuisonderwys oorweeg, kan dit ʼn intimiderende proses wees om die regte kurrikulum te kies. Foto: Argief.

In Suid-Afrika is daar ʼn hele aantal kurrikulumverskaffers vir tuisonderwys, dikwels met uiteenlopende benaderings tot die onderrig van leerders. Vir ouers wat tuisonderwys oorweeg, kan dit ʼn intimiderende proses wees om die regte kurrikulum te kies. Tuisonderwysbenaderings, kinders se leerstyle, koste, taalvoorkeur en geloofsoortuigings kan alles ʼn invloed op die keuse van kurrikulum hê.

Johanna Kemp, kantoorhoof van Nukleus Onderwys, sê hoewel ouers verskillende oorwegings het wanneer dit by die redes vir tuisonderwys kom, moet hulle seker maak dat dit wat aangebied word beter is as wat die kind in ’n hoofstroomskool kan kry. “Ouers moet seker maak dat die stelsel wat hulle volg die beste alternatief vir hul kind is,” sê Kemp.

Sy is ten gunste van die gebruik van kenners in tuisonderwys en verduidelik dat Nukleus Onderwys van opgeleide vakonderwysers gebruik maak om deurlopende assessering te doen, asook die take, toetse en eksamens op te stel. “Die vakhoofde is ook daar vir die ondersteuning van leerders. Hulle kan te alle tye per e-pos of telefonies genader word en gee dan waardevolle hulp en leiding aan leerders.”

Prof. Rita Niemann, uitvoerende hoof van akademie by Impak Onderwys, sê egter in ʼn vergelykende studie tussen tuisonderrigleerders se resultate en dié van leerders in hoofstroomskole is bevind dat die kwessie of ʼn tuisonderrigouer ʼn opgeleide onderwyser is al dan nie, nie noodwendig verwant is aan ’n kind se akademiese prestasie nie aangesien aspekte soos die vermoeë van die leerder om gedissiplineerd en onafhanklik te werk ‘n groot rol speel.

Volgens haar kan tuisonderrigouers kies om ʼn gestruktureerde kurrikulum te volg of eerder van ongestruktureerde onderrigmetodes gebruik maak, ook bekend as “unschooling”.

“Ouers wat van Impak se omvattende nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring-belynde kurrikulum vir graad R tot 12 gebruik maak, leer dieselfde inhoud as leerders op skool. Die verskil is dat dié leerplan op ʼn afstandsonderrigmodel geskoei is wat leerders in staat stel om volgens hul individuele leerstyle en behoeftes te leer,” sê sy.

Coleen Cronje, uitvoerende hoof van Breinlyn, sê die primêre aspekte wat in ag geneem moet word met die kies van ʼn kurrikulum, moet die kind en samestelling van die gesin wees. “Daarna moet die uitkoms van die stelsel beskou word: Wat het die ouer vir die kind in die oog – ʼn matrieksertifikaat, GED, SAT, Cambridge, en so meer? Daar is baie groot verskille tussen verskillende [tuisonderwys-] programme en -benaderings.”

Dynamis Learning, ʼn instansie wat leiding en raad aan tuisonderwysgesinne verskaf, glo dat die keuse van ʼn kurrikulum nie bloot by die kind se leerstyl moet pas nie, maar by die gesin as geheel. Volgens die Dynamis Learning-webwerf kan ʼn leerstyl-evaluasie bepaal hoe ouers en kinders leer, wat dan die ontwerp van ʼn gepaste kurrikulum sal bepaal. Aangesien die leerstyl van die ouers ʼn kritiese rol in die onderwysproses speel, moet die kurrikulum by die gesin as geheel pas.

tuisonderrig-04

Meeste tuisskoolouers meen dat tuisskoling juis nie hoofstroomskole moet probeer naboots nie. Foto: Theproscons.com

“In ʼn skoolomgewing word daar van alle kinders verwag om te leer en te werk op presies dieselfde manier, ongeag hul individuele verskille. In baie gevalle word daar van kinders verwag om te dink en te doen op dieselfde manier as die onderwyser. Indien dit nie die natuurlike leermetode van die kind is nie, kan leer vertraag word. Dieselfde gebeur met tuisonderwys as die ouers nie die belangrikste voordeel van tuisonderwys begryp nie – dat ʼn tuisonderwysprogram ontwikkel kan word wat pas by die unieke en individuele behoeftes van die kinders en die gesin.”

Kemp stem saam dat die leermateriaal van tuisonderrig aangepas moet word volgens die kind se individuele leerstyl, maar sê dat daar nie ʼn kurrikulum vir elke leerstyl is nie. “Daar is wel maniere om jou leerstyl by die kurrikulum aan te pas. Mense gebruik leerstyle as ’n foefie om hul produk te verkoop,” sê sy.

Talle tuisonderwyskenners het dit eens dat ouers hulle nie moet laat lei deur die koste van tuisonderrigprogramme nie – duurder is beslis nie noodwendig beter nie. “Dit hang af wat as deel van die diens aangebied word,” sê Cronje. “Is assessering ingesluit? Word aan assesseringsvoorwaardes voldoen?”

Kemp noem dat ondersteuning aan ouers en leerders baie belangrik is en dat dit ongelukkig ʼn duurder program beteken. “Vakkennis kos geld en onderwysers is nie goedkoop nie. Indien ek net die leermateriaal verkoop en verder die ouer en leerder aan hulself oorlaat, kan ek dit baie goedkoop voorsien,” sê sy. “Onderwys moet in alle opsigte opvoedkundig verantwoordbaar wees, anders is dit nie geslaag nie. Opgeleide onderwysers moet verkieslik deel daarvan wees.”

Volgens Lise Brink, ʼn tuisskoolouer van Pretoria, voel baie ouers dat tuisskoling juis nie hoofstroomskole moet probeer naboots nie. Die tuisskool is eerder ʼn wonderlike alternatief waar kinders hul Godgegewe talente en belangstellings kan ontdek en ontwikkel in die veilige, liefdevolle omgewing van hul huis. “Kinders is gebore met ’n liefde vir leer en ontdek. Ons moet hulle aktief help om daardie natuurlike liefde vir leer te behou. [Ouers] moet die fasiliteerders van leer wees, nie noodwendig die kenners in elke vakgebied nie. Daarom is die keuse van boeke en kurrikulum baie belangrik.”

Brink sê verder dat baie tuisskolers kurrikulums van die VSA en ander lande gebruik juis omdat tuisonderwys nog relatief nuut in Suid-Afrika is. “Moedertaalonderrig is baie belangrik, maar ek het baie boeke voorgelees in Engels en dan maar vertaal soos nodig. Byna al die boeke wat ons tans gebruik, is boeke vanaf die VSA en Singapoer. Daar is verspreiders in Suid-Afrika wat dit gelukkig teen baie mededingende pryse verskaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

25 Kommentare

Louise Kohn ·

As Tuisonderrig ouer, fokus ek meer op die proses van leer, die vaardighede wat nodig is om ‘n kind toe te rus om enige inligting te lees, interpreteer en krities daaroor te dink. Ek hou van “vakke” soos “Logika” en “thinking skills”, wat geen SA kurrikulum bied nie. Ek maak gebruik van dit wat na my oordeel die beste ter wêreld is vir elke vak, soos wat dit ook die beste pas by elkeen van my 5 kinders se uiteenlopende leer profiele. Sal beslis ook Dynamis se dienste aanbeveel vir nuwe tuisonderrig ouers. Ondersteuning van kurrikulum verskaffers is dus nie op my van toepassing nie. My oudste het reeds ‘n internasionale Matriek verwerf met uitstekende uitslae, terwyl my jongste nog leer lees.

Bouwe van der Eems ·

Die webwerf http://www.tuisskolers.org is die grootste onafhanklike webwerf oor tuisonderwys. Ouers kan op daardie webwerf meer inligting vind oor ‘n verskeidenheid kurrikulums. Op die webwerf kan hulle ook die besonderhede vind van verskeie tuisonderwys ekspo’s wat oor Suid-Afrika gehou word, en waar ouers ‘n groot hoeveelheid TO verskaffers persoonlik kan ontmoet.

Martie du Plessis ·

Die dame wat die artikel geskryf het het my geraadpleeg om ‘n vergelykender studies en pryse van kurrikulum te gee vir die artikel. Ek was nie beskikbaar vir hierdie taak nie en vir insette vir die artikel nie. Nogtans is Dynamis gemeld maar totaal verkeerdelike inligting is deurgegee. Sien onderstaande paragraaf…..
“Dynamis Learning, ʼn instansie wat leiding en raad aan tuisonderwysgesinne verskaf, glo dat die keuse van ʼn kurrikulum nie bloot by die kind se leerstyl moet pas nie, maar by die gesin as geheel. Volgens die Dynamis Learning-webwerf kan ʼn leerstyl-evaluasie bepaal hoe ouers en kinders leer, wat dan die ontwerp van ʼn gepaste kurrikulum sal bepaal. Aangesien die leerstyl van die ouers ʼn kritiese rol in die onderwysproses speel, moet die kurrikulum by die gesin as geheel pas.”
Wat Martie du Plessis van Dynamis vir ouers se is dat die ouer die beste kurrikulum is en as ouers verstaan waaroor tuisonderwys gaan, dan kan hulle gedurig aanpassings maak in terme van kurrikulum sodat dit in belang van die kind is. Omdat ouers nie bemagtig voel om hulle eie kurrikulumaanpassings te maak nie, het die ouer dus die grootste effek op die keuse van kurrikulum. Dit is in belang van die kind dat daar eers na die kind se leerbehoeftes gekyk word alvorens ‘n kurrikulumkeuse gemaak word.
http://www.dynamislearning.co.za

Leendert van Oostrum ·

Om die aansprake in die artikel hierbo in perspektief te stel:

Die meerderheid van die bronne vir die artikel is verskaffers van “verpakte” onderwys-in-‘n-boks. Daaruit kan mens die indruk kry dat die meeste tuisskolers gebruik maak van voldiens-programme soos die soort wat hierbo genoem word, en dat ander benaderings bietjie van ‘n uitsondering is.

Die praktyk toon egter dat dit eerder die gebruikers van sulke programme is wat ‘n uitsondering is.

In die VSA het Dr Brian Ray in sy ondersoek op ‘n steekproef van meer as elfduisend Amerikaanse tuisleerders in 2010 soos volg gerapporteer:

“Only 10.2% of the respondents were enrolled in a full-service curriculum program (i.e., a program that serves students and their parents as a “one-stop” primary source for textbooks, materials, lesson plans, tests, counseling, evaluations, record-keeping, and the like for the year’s core required subjects such as language, social studies, mathematics, and science).”

“Full service curriculum programmes” is dus programme soos die programme wat in die artikel genoem word.

Toe ek ongeveer twintig jaar gelede die navorsing vir my Meersterverhandeling in kurrikulumkunde gedoen het, was die persentasie gebruikers van “full service curriculum” in die VSA ietwat groter – ongeveer 20%. Die navorsing dui dus daarop dat die getal gebruikers van sulke programme in die eerste plek ‘n klein persentasie van die totaal is, en dat dit in die tweede plek met die jare kleiner word.

Die getal gebruikers van sulke programme groei waarskynlik nog in hierdie stadium, omdat die getal tuisskolers steeds groei . Mens kan egter aflei dat die mark vir sulke produkte tans nog groei toon, maar nie naastenby so vinnig as wat die getal tuisskolers groei nie.

My waarnemings suggereer dat die situasie in Suid-Afrika soortgelyk is aan dié in die VSA, behalwe dat die persentasie gebruikers van voldiensprogramme by ons waarskylik tans nog in die ongewing van 20% is.

Ander bronne dui daarop dat die getal “unschoolers” soortgelyk is aan die getal wat voldiensprogramme gebruik. Dit is mense wat geen gestruktureerde onderrigprogram volg nie, en selfs selde van handboeke gebruik maak. In teenstelling met voldiensprogramme lyk dit egter asof hierdie groep oor die jare gegroei het (in Engeland vorm hulle waarskynlik omtrent 80% van die tuisskolbevolking.)

Die oorgrote meerderheid – ongeveer 80%, val dus iewers tussen hierdie uiterstes, en stel min of meer gestruktureerde programme saam volgens die behoeftes van elke kind en uit ‘n wye verskeidenheid handboeke en ander hulpbronne.

Volgens my waarneming kies beginnerouers meesal benaderings wat die ouers gemaklik laat voel. Soos hulle ervaring opdoen en selfvertroue ontwikkel verskuif die keuse om meer op die behoeftes van die kind ingestel te wees. Dit blyk ook in die praktyk dat die gebruikers van voldienspakette veral onder beginnerouers gevind word – mettertyd “ontgroei” hulle die soort afhanklikheid wat Mev Kemp hierbo beskryf, en hulle beweeg aan.

Dit is ook opmerklik dat, soos die getal ervare tuisskolers in die gemeenskap toeneem, meer en meer beginners die stadium waar hulle voldiensprogramme gebruik oorslaan, en direk begin om hul eie benaderings saam te stel.

Die gevolg van hierdie veranderinge onder tuisskolers is dat die getal voldiensprogramme wat in die VSA bemark word verminder het, en dat baie van dié wat nog daar is maar ‘n opdraendestryd voer. In Suid-Afrika het ons reeds gesien dat sommige verskaffers uit die mark verdwyn het, of kwyn.

My eie advies vir nuwelinge is om vir die eerste ses maande van tuisonderwys geen programme of onderrigmateriaal te koop nie – die waarskynlikheid is baie groot dat dit ongebruik op die rak sal beland. Ek raai hulle aan om liewer die geld te gebruik om hulself in tuisonderwys te skool deur bronne te raadpleeg, werkswinkels by te woon en ‘n wye verskeidenheid tuisskolers te leer ken. Intussen kry die kinders kans om te “ontskool” en die valse idees oor die leerproses wat in skole gekweek word te ontgroei.

Susan Lombaard ·

Dagsê Martie. Die paragraaf waarna jy verwys, is net so vanaf Dynamis Learning se webwerf vertaal. Soos jy tereg self noem, het die joernalis, Mariné Jacobs, jou by verskeie geleenthede genader om kommentaar te lewer, maar jy het aangedui dat jy nie insette gaan gee nie. Omdat ons graag vir soveel moontlik rolspelers in die tuisskoolbedryf blootstelling wou gee, het ons gevolglik geen ander keuse gehad as om die inligting wat op jul webwerf beskikbaar is, te gebruik nie. Ek reken egter die artikel is steeds goeie, gratis bemarking vir Dynamis Learning. Groetnis, Susan Lombaard (uitvoerende hoof: Maroela Media)

Leendert van Oostrum ·

Terwille van perspektief:

Weens die keuse van bronne vir die artikel kan mens die indruk kry dat die meeste tuisskolers gebruik maak van voldiens-programme soos Breinlyn, Impak, en Nukleus, en dat ander benaderings bietjie van ‘n uitsondering is.

In die praktyk is dit eerder die gebruikers van sulke programme wat ‘n uitsondering is.

Dr Brian Ray het in sy ondersoek op ‘n steekproef van meer as elfduisend Amerikaanse tuisleerders in 2010 soos volg gerapporteer:

“Only 10.2% of the respondents were enrolled in a full-service curriculum program (i.e., a program that serves students and their parents as a “one-stop” primary source for textbooks, materials, lesson plans, tests, counseling, evaluations, record-keeping, and the like for the year’s core required subjects such as language, social studies, mathematics, and science).”

Dit is programme soos Breinlyn, Impak en Nukleus.

Ongeveer twintig jaar gelede, toe ek die navorsing vir my Meersterverhandeling in kurrikulumkunde gedoen het, was die persentasie gebruikers van “full service curriculum” in die VSA ietwat groter – ongeveer 20%. Die navorsing dui dus daarop dat die getal gebruikers van sulke programme in die eerste plek ‘n klein persentasie van die totaal is, en dat dit in die tweede plek met die jare kleiner word.

Die totale getal gebruikers van sulke programme groei waarskynlik nog in hierdie stadium, omdat die getal tuisskolers steeds groei . Mens kan aflei dat die mark vir sulke produkte tans nog groei toon, maar nie naastenby so vinnig as wat die getal tuisskolers groei nie.

Volgens my waarneming is die situasie in Suid-Afrika soortgelyk aan dié in die VSA, behalwe dat die persentasie gebruikers van voldiensprogramme by ons waarskylik tans nog in die ongewing van 20% is.

Ander bronne dui daarop dat die getal “unschoolers” soortgelyk is aan die getal wat voldiensprogramme gebruik. Dit is mense wat geen gestruktureerde onderrigprogram volg nie, en selfs selde van handboeke gebruik maak. In teenstelling met voldiensprogramme lyk dit egter asof hierdie groep oor die jare gegroei het (in Engeland vorm hulle waarskynlik omtrent 80% van die tuisskolbevolking.)

Die oorgrote meerderheid – ongeveer 80%, val dus iewers tussen hierdie uiterstes, en stel min of meer gestruktureerde programme saam volgens die behoeftes van elke kind en uit ‘n wye verskeidenheid handboeke en ander hulpbronne.

Volgens my waarneming kies beginnerouers meesal benaderings wat die ouers gemaklik laat voel. Soos hulle ervaring opdoen en selfvertroue ontwikkel verskuif die keuse om meer op die behoeftes van die kind ingestel te wees. Dit blyk ook in die praktyk dat die gebruikers van voldienspakette veral onder beginnerouers gevind word – mettertyd “ontgroei” hulle die soort afhanklikheid wat Mev Kemp hierbo beskryf, en hulle beweeg aan.

Dit is ook opmerklik dat, soos die getal ervare tuisskolers in die gemeenskap toeneem, meer en meer beginners die stadium waar hulle voldiensprogramme gebruik oorslaan, en direk begin om hul eie benaderings saam te stel.

Die gevolg van hierdie veranderinge onder tuisskolers is dat die getal voldiensprogramme wat in die VSA bemark word verminder het, en dat baie van dié wat nog daar is maar ‘n opdraendestryd voer. In Suid-Afrika het ons reeds gesien dat sommige verskaffers uit die mark verdwyn het, of kwyn.

My eie advies vir nuwelinge is om vir die eerste ses maande van tuisonderwys geen programme of onderrigmateriaal te koop nie – die waarskynlikheid is baie groot dat dit ongebruik op die rak sal beland. Ek raai hulle aan om liewer die geld te gebruik om hulself in tuisonderwys te skool deur bronne te raadpleeg, werkswinkels by te woon en ‘n wye verskeidenheid tuisskolers te leer ken. Intussen kry die kinders kans om te “ontskool” en die valse idees oor die leerproses wat in skole gekweek word te ontgroei.

Jackie Schmidt ·

Wanneer ek so ‘n artikel lees met verdraaings of onwaarhede daarin dan kan ek nie anders as om te vra…kry julke feite in orde!!! Julle speel met woorde wat mense en tuisskool mag diskrediteer! Dis duidelik dat julle nie veel dink van tuiskolers of hul ouers se opinies en ervarings nie want julle moet ‘n prof om kurrikulumverskaffer aanhaal om jul berig sosiaal en opvoedkundig aanvaarbaar te maak. Maar al die metodes is ou nuus. My man is ‘n plantvoedingkundige met ‘n doktersgraad en Landbouweekblad het nie geskroom om sy artikel te verander om hulle tydskrif te pas nie….en dit dui op onkunde en arrogansie. Doen behoorlike navorsing. Kyk na tuiskoolleerders se vordering na hul skooljare. Vind uit oor hul aanpassing in die wereld daarbuite waarvan ons as ouers so dikwels beskuldig word dat ons ons kinders ‘n toekoms ontneem. Die kurrikulums en hul verskaffers is nie ‘n maatstaf waaraan tuisskool gemeet word nie. Dis die ontwikkeling van ‘n indivdu tot sy volle potensiaal. Vertel die wereld van die waardevolle impak van tuisskool.

Joy Leavesley ·

Thank you for an interesting article. It raises a fundamental question which all home educators have to ask before buying anything – what is it we are trying to achieve in “education” of our children? Once we know what we are trying to achieve we can set to with deciding how to achieve it. Sadly is seems education for a great majority of people seems to be about academics. According to the legally binding United Nations Convention of the Rights of the Child, every child has the right to an education which includes, amoungst other things, “The development of the child’s personality, talents and mental and physical abilities to their fullest potential”. Therefore parents who do sign up for a “boxed” or full or prepacked curriculum need to also ask which provides for the total education of my child. I can save them much trouble by telling them one does not exists to my knowledge. This is why the greater majority of parents go with putting together their own materials and resources and make their home education more of a patchwork quilt in design. Additionally there is much talk in your article of assessment. This is a topic which is really worth exploring in terms of what are you trying to assess and for what purpose is the assessment necessary? By and large I find that I don’t need assessments. This is because we are aiming at which the UNCRC says – “fullest potential” until there is an assessment which knows my child’s individual “fullest potential” we will work steady, at their pace, until they achieve mastery of the work, material, skills, talent. If that happens to coincide with other children of their age, or not, does not really concern me so much as a steady progress. This is where home education really starts to leave the paradigm of “school” way behind.

Leendert van Oostrum ·

Joy, the point about assessment is this:

Clearly, the purpose of assessment is to determine whether one has achieved the goal at which the education is aimed. Assessment aimed at anything else is, by definition invalid.

As you correctly point out – according to the law of the land, the principal goal of education is the full development of all aspects of the personality of the individual child. Accordingly, assessment that does not assess the development of all aspects of the personality of the individual child is, by definition, invalid.

As you also point out, a one-size-fits-all “school-in-a-box” can, by definition, not be aimed at the individual child, and assessments performed in such a system are most unlikely to be valid in terms of what the law requires.

That is why the most extensive studies indicate that, in the USA, the number of homeschoolers who use such “full service” programmes have declined to only 10.2% of all homeschoolers (from about 20% twenty years ago).

Leendert van Oostrum ·

Ah…..

Seems my contributions are not published if they are written in the Afrikaans language.

Will have to witch to English, then

Leendert van Oostrum ·

Om die aansprake in die artikel hierbo in perspekttief te stel:

Die meerderheid van die bronne vir die artikel is verskaffers van “verpakte” onderwys-in-‘n-boks. Daaruit kan mens die indruk kry dat die meeste tuisskolers gebruik maak van voldiens-programme soos Breinlyn, Impak, en Nukleus, en dat ander benaderings bietjie van ‘n uitsondering is.

Die praktyk toon egter dat dit eerder die gebruikers van sulke programme is wat ‘n uitsondering is.

In die VSA het Dr Brian Ray in sy ondersoek op ‘n steekproef van meer as elfduisend Amerikaanse tuisleerders in 2010 soos volg gerapporteer:

“Only 10.2% of the respondents were enrolled in a full-service curriculum program (i.e., a program that serves students and their parents as a “one-stop” primary source for textbooks, materials, lesson plans, tests, counseling, evaluations, record-keeping, and the like for the year’s core required subjects such as language, social studies, mathematics, and science).”

“Full service curriculum programmes” is dus programme soos Breinlyn, Impak en Nukleus.

Toe ek ongeveer twintig jaar gelede die navorsing vir my Meersterverhandeling in kurrikulumkunde gedoen het, was die persentasie gebruikers van “full service curriculum” in die VSA ietwat groter – ongeveer 20%. Die navorsing dui dus daarop dat die getal gebruikers van sulke programme in die eerste plek ‘n klein persentasie van die totaal is, en dat dit in die tweede plek met die jare kleiner word.

Die getal gebruikers van sulke programme groei waarskynlik nog in hierdie stadium, omdat die getal tuisskolers steeds groei . Mens kan egter aflei dat die mark vir sulke produkte tans nog groei toon, maar nie naastenby so vinnig as wat die getal tuisskolers groei nie.

My waarnemings suggereer dat die situasie in Suid-Afrika soortgelyk is aan dié in die VSA, behalwe dat die persentasie gebruikers van voldiensprogramme by ons waarskylik tans nog in die ongewing van 20% is.

Ander bronne dui daarop dat die getal “unschoolers” soortgelyk is aan die getal wat voldiensprogramme gebruik. Dit is mense wat geen gestruktureerde onderrigprogram volg nie, en selfs selde van handboeke gebruik maak. In teenstelling met voldiensprogramme lyk dit egter asof hierdie groep oor die jare gegroei het (in Engeland vorm hulle waarskynlik omtrent 80% van die tuisskolbevolking.)

Die oorgrote meerderheid – ongeveer 80%, val dus iewers tussen hierdie uiterstes, en stel min of meer gestruktureerde programme saam volgens die behoeftes van elke kind en uit ‘n wye verskeidenheid handboeke en ander hulpbronne.

Volgens my waarneming kies beginnerouers meesal benaderings wat die ouers gemaklik laat voel. Soos hulle ervaring opdoen en selfvertroue ontwikkel verskuif die keuse om meer op die behoeftes van die kind ingestel te wees. Dit blyk ook in die praktyk dat die gebruikers van voldienspakette veral onder beginnerouers gevind word – mettertyd “ontgroei” hulle die soort afhanklikheid wat Mev Kemp hierbo beskryf, en hulle beweeg aan.

Dit is ook opmerklik dat, soos die getal ervare tuisskolers in die gemeenskap toeneem, meer en meer beginners die stadium waar hulle voldiensprogramme gebruik oorslaan, en direk begin om hul eie benaderings saam te stel.

Die gevolg van hierdie veranderinge onder tuisskolers is dat die getal voldiensprogramme wat in die VSA bemark word verminder het, en dat baie van dié wat nog daar is maar ‘n opdraendestryd voer. In Suid-Afrika het ons reeds gesien dat sommige verskaffers uit die mark verdwyn het, of kwyn.

My eie advies vir nuwelinge is om vir die eerste ses maande van tuisonderwys geen programme of onderrigmateriaal te koop nie – die waarskynlikheid is baie groot dat dit ongebruik op die rak sal beland. Ek raai hulle aan om liewer die geld te gebruik om hulself in tuisonderwys te skool deur bronne te raadpleeg, werkswinkels by te woon en ‘n wye verskeidenheid tuisskolers te leer ken. Intussen kry die kinders kans om te “ontskool” en die valse idees oor die leerproses wat in skole gekweek word te ontgroei.

Leendert van Oostrum ·

Om die aansprake in die artikel hierbo in perspektief te stel:

Die meerderheid van die bronne vir die artikel is verskaffers van “verpakte” onderwys-in-‘n-boks. Daaruit kan mens die indruk kry dat die meeste tuisskolers gebruik maak van voldiens-programme soos die soort wat hierbo genoem word, en dat ander benaderings bietjie van ‘n uitsondering is.

Die praktyk toon egter dat dit eerder die gebruikers van sulke programme is wat ‘n uitsondering is.

In die VSA het Dr Brian Ray in sy ondersoek op ‘n steekproef van meer as elfduisend Amerikaanse tuisleerders in 2010 soos volg gerapporteer:

“Only 10.2% of the respondents were enrolled in a full-service curriculum program (i.e., a program that serves students and their parents as a “one-stop” primary source for textbooks, materials, lesson plans, tests, counseling, evaluations, record-keeping, and the like for the year’s core required subjects such as language, social studies, mathematics, and science).”

“Full service curriculum programmes” is dus programme soos die programme wat in die artikel genoem word.

Toe ek ongeveer twintig jaar gelede die navorsing vir my Meersterverhandeling in kurrikulumkunde gedoen het, was die persentasie gebruikers van “full service curriculum” in die VSA ietwat groter – ongeveer 20%. Die navorsing dui dus daarop dat die getal gebruikers van sulke programme in die eerste plek ‘n klein persentasie van die totaal is, en dat dit in die tweede plek met die jare kleiner word.

Die getal gebruikers van sulke programme groei waarskynlik nog in hierdie stadium, omdat die getal tuisskolers steeds groei . Mens kan egter aflei dat die mark vir sulke produkte tans nog groei toon, maar nie naastenby so vinnig as wat die getal tuisskolers groei nie.

My waarnemings suggereer dat die situasie in Suid-Afrika soortgelyk is aan dié in die VSA, behalwe dat die persentasie gebruikers van voldiensprogramme by ons waarskylik tans nog in die ongewing van 20% is.

Ander bronne dui daarop dat die getal “unschoolers” soortgelyk is aan die getal wat voldiensprogramme gebruik. Dit is mense wat geen gestruktureerde onderrigprogram volg nie, en selfs selde van handboeke gebruik maak. In teenstelling met voldiensprogramme lyk dit egter asof hierdie groep oor die jare gegroei het (in Engeland vorm hulle waarskynlik omtrent 80% van die tuisskolbevolking.)

Die oorgrote meerderheid – ongeveer 80%, val dus iewers tussen hierdie uiterstes, en stel min of meer gestruktureerde programme saam volgens die behoeftes van elke kind en uit ‘n wye verskeidenheid handboeke en ander hulpbronne.

Volgens my waarneming kies beginnerouers meesal benaderings wat die ouers gemaklik laat voel. Soos hulle ervaring opdoen en selfvertroue ontwikkel verskuif die keuse om meer op die behoeftes van die kind ingestel te wees. Dit blyk ook in die praktyk dat die gebruikers van voldienspakette veral onder beginnerouers gevind word – mettertyd “ontgroei” hulle die soort afhanklikheid wat Mev Kemp hierbo beskryf, en hulle beweeg aan.

Dit is ook opmerklik dat, soos die getal ervare tuisskolers in die gemeenskap toeneem, meer en meer beginners die stadium waar hulle voldiensprogramme gebruik oorslaan, en direk begin om hul eie benaderings saam te stel.

Die gevolg van hierdie veranderinge onder tuisskolers is dat die getal voldiensprogramme wat in die VSA bemark word verminder het, en dat baie van dié wat nog daar is maar ‘n opdraendestryd voer. In Suid-Afrika het ons reeds gesien dat sommige verskaffers uit die mark verdwyn het, of kwyn.

My eie advies vir nuwelinge is om vir die eerste ses maande van tuisonderwys geen programme of onderrigmateriaal te koop nie – die waarskynlikheid is baie groot dat dit ongebruik op die rak sal beland. Ek raai hulle aan om liewer die geld te gebruik om hulself in tuisonderwys te skool deur bronne te raadpleeg, werkswinkels by te woon en ‘n wye verskeidenheid tuisskolers te leer ken. Intussen kry die kinders kans om te “ontskool” en die valse idees oor die leerproses wat in skole gekweek word te ontgroei.

Lizelle ·

Dis wonderlik om deesdae so gereeld van tuisonderwys op Maroela media te lees. Ek kry egter die gevoel dat hoewel die artikels tog dinge soos ongestruktureerde onderrigmetodes noem, dit hoofsaaklik fokus op alles-in-een skool-by-die-huis pakkette.

.Alhoewel sommige ouers wel van die tipe kurrikulums gebruik maak, sluit dit die grootste gros ouers uit. Die knoop lê juis by die feit dat die tipe kurrikulums fokus daarop om vir kinders “dieselfde inhoud as leerders op skool [te leer]”. Een van die hoofredes waarom meeste van ons immers besluit het om tuisonderwys te doen juis was, omdat ons nie gelukkig is met wat kinders in skole geleer word nie.

Helena ·

Ek merk ook dat die afgelope artikels oor tuis onderrig meestal hadel oor klaar verparkte kurrikulum. Ek het ook toe ons aanvanklik besluit het om te begin met tuis onderrig ‘n klaar verpakte kurrikulum oorweeg, maar na ‘n konsulltasie met Martie du Plessis het ons besluit om ons eie kurrikulum saam te stel wat werk vir elke kind in die gesin. Ja, dit was vreesaanjaend in die begin maar nou geniet ons almal dit gate uit. Ja, ons het al intussen weer aanpassings gemaak soos nodig. Ja, dit vereis meer werk van my kant af maar dit is defnitief die moeite werd.

Wat asseseering betref, daar is meer metodes om dit te doen as net toetse skryf. Ek gee wel vir my kinders elke nou en dan ‘n toets om te doen , maar hulle kry geen waarskuwing of geleentheid om te “swot” voor die toets. Hulle kry dit bloot as daardie dag se werk en ek gebruik dit om te sien presies wat hulle regtig weet, en te bepaal waaraan ons nog aandag moet skenk. (Dit gaan nie vir my oor wat het hulle die vorige dag in hulle korttermyn geheue geprop voor die toets en die volgende dag op die papier uitgespoeg.)

Ek vermoed die rede hoekom meeste ouers ‘n klaar verpakte kurrikulum van plaaslike verskaffers gebruik, is omdat dit sake vergemaklik om ‘n nasionale matriek sertifikaat te bekom (vir makliker Universiteits toelatings). In teendeel, so ver my kennis strek, kan mens slegs ‘n nasionale matriek sertifikaat ontvang deur ‘n formele skool of instasie by te woon of van ‘n goedgekeurde tuis skool verskaffer gebruik te maak.

Wat ek graag sal wil sien is dat tuis skool leerders wat van ander laslappie metodes gebruik maak om te leer, toegelaat word om die nasionale matriek eksamen te skryf al het hulle nie daardie spesifieke kurrikulums gebruik om die leeruitkomste te bemeester nie. Dit sal mos ‘n regverdige kans aan al ons landsburgers bied om ‘n matriek sertifikaat te bekom.

Alternatiewelik dat die Universiteite ‘n toelatings eksamen het wat geskryf kan word al het mens nie ‘n “formele matriek sertifikaat” en indien die persoon die toelatings eksamen slaag, hulle toegelaat sal word om aan daardie Universiteit te mag studeer.

Elize vdMerwe ·

O gonna nee jong, daar is geen manier wat ‘n standaard-toets soos die matriek eindeksamen deur alle leerders geskryf kan word nie. Dit sal baie onregverdig wees op die leerders wat nie van die publieke skool materiaal gebruik gemaak het nie, wat nog van die merkers wat nie eers die huidige toetse se inligting ken nie.
Eerstens, soos iemand anders tereg genoem het in die kommentaar, het verskillende materiale soms verskillende inhoud, en verskillende oogpunte (bv. christelik of wêrelds), of bv. wiskunde word analities (ou metode) of nou proses-gewys gedoen. Dink net hoe sal die kinders hul punte verloor as hulle die wiskunde somme eenvoudig deur analise oplos, en nie die vreeslik gekompliseerde proses-metode gebruik nie! Tweedens sal merkers van die toetse alles moet kan deurgaan en kan merk. Derdens maak baie TO-gesinne van kurrikulum materiaal gebruik wat regtigwaar deur eksperts in die veld geskryf is. Een voorbeeld hiervan is bv. Dr. Jay Wile wat verskeie natuurwetenskapsboeke spesifiek vir TO-gesinne geskryf het. Daar is al hoeveel kere verwys na verkeerde inhoud in van die Caps-boeke van die publieke skole, so as die merkers vir hierdie antwoorde soek, maar hulle kry ekspert antwoorde soos kinders geleer het uit hul verskeie kurrikulums – o gonna! Gaan nie werk nie!
Met goedgekeurde kurrikulum verskaffers neem ek aan jy bedoel die verskaffers wat hul produkte aangepas het by die Caps kurrikulum, want daar is nie “goedgekeurde” verskaffers nie. Die wet sê TO-gesinne en privaatskole mag van enige program gebruik maak solank die standaard ten minste aan die standaard van die publieke skole gelyk is.

Dan weer – die matrieksertifikaat het so ‘n lae waarde in Suid-Afrika, dit is meestal nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Dan gaan leerders eerder vir die GED/SATS of Cambridge, of selfs direk kolleges toe. Of wat van indiensopleiding vir praktiese velde? Ek weet ook van heelparty TO leerders wat hul eie ondernemings begin het – op hoërskool ouderdom! So hulle is werkverskaffers, nie werknemers nie.

‘n Goeie idee is dat tersiêre instansies toelatingseksamens verpligtend maak, maar dat hulle ook vrye keuse het aangaande wie hulle as studente in hul universiteite toelaat. As ‘n leerling in sekere velde wil studeer en hulle het SATS of Cambridge, kry hulle net so maklik toelating tot die universiteit. Ouers moet net vooraf seker maak wat die toelatingsvereistes is vir daardie rigting, sodat die kind die regte vakke en vlakke neem. Hierdie kwalifikasies is ook baie goedkoper as om ‘n matrieksertifikaat te probeer kry.

Ons maak persoonlik ook van “laslappie” kurrikulums gebruik. Ek kies ‘n produk wat aan sekere vereistes voldoen vir ons gesin, en indien nodig pas aan (gewoonlik leerstyl). Gewoonlik is meeste van hulle sommer alles vooruit uitgewerk en beplan en kan jy net dag-vir-dag volg, of hier en daar veranderings aanbring soos dit pas.
Die verskillende vakke se kurrikulums kom nie noodwendig van dieselfde plek af nie, en ja, meeste kurrikulum programme beskik oor hul eie assesserings, so verpligte toetse en eksamens is, in my opinie, oorbodig. Soos jy tereg genoem het, bestaan assessering ook nie noodwendig uit toetse en eksamens nie. Baie kere gaan dit juis daaroor dat ‘n leerder dit wat hy/sy geleer het kan toepas in die regte lewe. Dan weet jy mos jou kind het geleer!

Oi, ons geniet dit so baie om deur van die boeke te werk of lees, want dit is regtig interessant! So moes arme Spiderman die ander dag proefkonyn speel as ‘n mummie.
Vir sommige gesinne werk die “boks-kurrikulum”, vir ander nie. Vir sommige kinders in die gesin sal ‘n sistematiese program 100% werk, maar o wee, boetie het eerder “unschooling” nodig, of sussa ‘n ander program om by haar sport in te pas. Gelukkig is ons almal uniek.

Leendert van Oostrum ·

Afdeling 1 van 3:

Terwille van perspektief:

Weens die keuse van bronne vir die artikel kan mens die indruk kry dat die meeste tuisskolers gebruik maak van voldiens-programme soos Breinlyn, Impak, en Nukleus, en dat ander benaderings bietjie van ‘n uitsondering is. Lesers moet dus noodwendig die indruk kry dat sulke “voldiensprogramme” ’n belangrike rol speel wanneer dit kom by die keuse van kurrikulum.

In die praktyk is dit eerder die gebruikers van sulke programme wat ‘n uitsondering is. Dit is slegs ’n klein en krimpende minderheid wat sulke programme gebruik

Dr Brian Ray het in sy ondersoek op ‘n steekproef van meer as elfduisend Amerikaanse tuisleerders in 2010 soos volg gerapporteer:

“Only 10.2% of the respondents were enrolled in a full-service curriculum program (i.e., a program that serves students and their parents as a “one-stop” primary source for textbooks, materials, lesson plans, tests, counseling, evaluations, record-keeping, and the like for the year’s core required subjects such as language, social studies, mathematics, and science).”

Dit is programme soos Breinlyn, Impak en Nukleus.

Ray het ook gevind dat daar geen beduidende verskil is in die akademiese prestasie van leerders wat sulke programme gebruik, en leerders wat dit nie gebruik nie.

Leendert van Oostrum ·

Afdeling 2 van 3

Ongeveer twintig jaar gelede, toe ek die navorsing vir my Meersterverhandeling in kurrikulumkunde gedoen het, was die persentasie gebruikers van “full service curriculum” in die VSA ietwat groter – ongeveer 20%. Die navorsing dui dus daarop dat die getal gebruikers van sulke programme in die eerste plek ‘n klein persentasie van die totaal is, en dat dit in die tweede plek met die jare kleiner word.

Die totale getal gebruikers van sulke programme groei waarskynlik nog in hierdie stadium, omdat die getal tuisskolers steeds groei . Mens kan aflei dat die mark vir sulke produkte tans nog groei toon, maar nie naastenby so vinnig as wat die getal tuisskolers groei nie.

Volgens my waarneming is die situasie in Suid-Afrika soortgelyk aan dié in die VSA, behalwe dat die persentasie gebruikers van voldiensprogramme by ons waarskylik tans nog in die ongewing van 20% is.

Ander bronne dui daarop dat die getal “unschoolers” soortgelyk is aan die getal wat voldiensprogramme gebruik. Dit is mense wat geen gestruktureerde onderrigprogram volg nie, en selfs selde van handboeke gebruik maak. In teenstelling met voldiensprogramme lyk dit egter asof hierdie groep oor die jare gegroei het (in Engeland vorm hulle waarskynlik omtrent 80% van die tuisskoolbevolking.)

Die oorgrote meerderheid – ongeveer 80%, val dus iewers tussen hierdie uiterstes, en stel min of meer gestruktureerde programme saam volgens die behoeftes van elke kind en uit ‘n wye verskeidenheid handboeke en ander hulpbronne.

Leendert van Oostrum ·

Afdeling 3 van 3

Volgens my waarneming kies beginnerouers meesal benaderings wat die ouers gemaklik laat voel. Soos hulle ervaring opdoen en selfvertroue ontwikkel verskuif die keuse om meer op die behoeftes van die kind ingestel te wees. Dit blyk ook in die praktyk dat die gebruikers van voldienspakette veral onder beginnerouers gevind word – mettertyd “ontgroei” hulle die soort afhanklikheid wat Mev Kemp hierbo beskryf, en hulle beweeg aan.

Dit is ook opmerklik dat, soos die getal ervare tuisskolers in die gemeenskap toeneem, meer en meer beginners die stadium waar hulle voldiensprogramme gebruik oorslaan, en direk begin om hul eie benaderings saam te stel.

Die gevolg van hierdie veranderinge onder tuisskolers is dat die getal voldiensprogramme wat in die VSA bemark word verminder het, en dat baie van dié wat nog daar is maar ‘n opdraendestryd voer. In Suid-Afrika het ons reeds gesien dat sommige verskaffers uit die mark verdwyn het, of kwyn.

My eie advies vir nuwelinge is om vir die eerste ses maande van tuisonderwys geen programme of onderrigmateriaal te koop nie – die waarskynlikheid is baie groot dat dit ongebruik op die rak sal beland. Ek raai hulle aan om liewer die geld te gebruik om hulself in tuisonderwys te skool deur bronne te raadpleeg, werkswinkels by te woon en ‘n wye verskeidenheid tuisskolers te leer ken. Intussen kry die kinders kans om te “ontskool” en die valse idees oor die leerproses wat in skole gekweek word te ontgroei.

Leendert van Oostrum ·

Afdeling 3.1 van 3.2

Afdeling 3.2.1 van 3.2.3

Dit is ook opmerklik dat, soos die getal ervare tuisskolers in die gemeenskap toeneem, meer en meer beginners die stadium waar hulle voldiensprogramme gebruik oorslaan, en direk begin om hul eie benaderings saam te stel.

Die gevolg van hierdie veranderinge onder tuisskolers is dat die getal voldiensprogramme wat in die VSA bemark word verminder het, en dat baie van dié wat nog daar is maar ‘n opdraendestryd voer. In Suid-Afrika het ons reeds gesien dat sommige voorsieners uit die mark verdwyn het, of kwyn.

Leendert van Oostrum ·

Adfeslings 3.2.3 en 3.2.3 van 3.2.3

My eie advies vir nuwelinge is om vir die eerste ses maande van tuisonderwys geen programme of onderrigmateriaal te koop nie – die waarskynlikheid is baie groot dat dit ongebruik op die rak sal beland. Ek raai hulle aan om liewer die geld te gebruik om hulself in tuisonderwys te skool deur bronne te raadpleeg, werkswinkels by te woon en ‘n wye verskeidenheid tuisskolers te leer ken. Intussen kry die kinders kans om te “ontskool” en die valse idees oor die leerproses wat in skole gekweek word te ontgroei.

Die einde!

Leendert van Oostrum ·

Dit is nou die derde dag wat ek sukkel om die bydraes hierbo geplaas te kry.

Dit blyk dat ek die verkeerde woord vir “voorsieners” gebruik het in die tweede laaste paragraaf.

Maroela Media se rekenaarsensuur is so politiek korrek dat mens iemand nie eens ‘n “verskaf” -fer van kurrikulum mag noem nie – jy mag hom net ‘n “voorsiener” noem.

DIT is nou polticial correctnes gone utterly mad!

Natasha ·

Ek was baie onseker en onkundig toe ek begin tuisonderrig gee. Ons het met ñ alles-in-een kurrikulum begin en was dankbaar vir die hulp…. Maar ek sal nooit weer uit vrye keuse ñ boks kurrikulum gebruik nie. Dit demper mens se kreatiwiteit en kan “eentonig” wees en akommodeer nie noodwendig al die leerstyle nie. ñ Ander aspek wat ek nie altyd so lekker ervaar het nie is dat ons onder ñ sambreel “skool” moes inval en sodoende sekere toetsinge moes doen. Dit het beteken dat al die werk moes behandel word en dit op hul manier. Ek het in die tussentyd na BAIE kurrikulums gekyk en besef dat nie een presies dieselfde werk hanteer nie. Dit het my laat besef dat die inligting behandel nie die alfa en omega is nie. Ek wil liewers my kinders leer om leergierig te wees. Informasie is redelik vryelik bekombaar en kan veral maklik geassimileer word wanneer die kind se belangstelling daarby gevoeg word. Ek lê die basis en hy bou verder daarop. Dis maar hoe ek tans hieroor voel

Leendert van Oostrum ·

Dit raak nou meer en meer soos skool, met sy arbitrêre reëls:

Skynbaar het iemand (na 48 uur) die woord “verskaffer” op die witlys gesit, en plotseling verskyn daar meer as ‘n dosyn kommentare wat almal die woord “verskaffer” gebruik het.

(Verbeel ek my, of is daar ‘n skrynende ironie vervat in die vorige sin?)

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.