Vaderlose kinders – ʼn hedendaagse moeite

vadersdag 2

Argieffoto (Foto: sarahbernier3140, Pixabay)

Kinders wat sonder ʼn pa grootword, sien die lewe vanuit ʼn heel ander perspektief as dié wat binne ʼn gesinstruktuur grootword. Statistieke toon dat minstens ʼn derde van kinders in Suid-Afrika, soos in die meeste lande, in vaderlose gesinne grootword.

Die uitwerking van die afwesigheid van ʼn pa in ʼn huis raak alle aspekte van die lewe: op sosio-ekonomiese, sielkundige en gedragsvlak.

Eerstens is daar die afwesigheid van ʼn gevoel van sekuriteit en geborgenheid. Finansiële druk volg op die afsterwe van ʼn pa, of ʼn afwesige pa. Dit speel ʼn bepalende rol in elke terrein van ʼn kind se grootwordfase: laer opvoedkundige standaarde, die ma se onvermoë om alles wat die kind benodig te kan verskaf,veral in die mededingende skoolomgewing.

Maar die emosionele werklikheid is dalk nog erger as die finansiële probleme. Navorsing toon dat vaderlose kinders ʼn baie hoër negatiewe risikoprofiel het wat gedragsprobleme, swakker skoolprestasie en ʼn lae selfbeeld insluit. Statistieke toon ook ʼn hoë korrelasie tussen vaderlose kinders en tienerselfmoord. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) plaas Suid-Afrika agtste op die wêreldskaal van selfmoordsyfers.

“Ek voel asof daar ʼn gat in my lewe is wat nooit gevul sal word nie,” sê een tiener.

Die soeke daarna om hierdie leemte te vul, kan ʼn leeftyd duur, verduidelik Henda van der Merwe, direkteur van CMR Gauteng-Oos. “Afgesien daarvan dat hulle voortdurend hulle portuurgroep se vrae oor die gebrek aan ʼn pa probeer ontduik, kan kinders met ʼn skuldgevoel rondloop, asof die omstandighede hulle skuld is. Dit gebeur veral ná ʼn egskeiding. Ons moet ook onthou dat selfs pa’s wat fisiek teenwoordig is, emosioneel afwesig kan wees wat soortgelyke probleme vir kinders kan skep.”

Enkelouerskap is darem nie net negatief nie, wys Van der Merwe uit. “Kinders uit enkelouer-huise leer gouer om verantwoordelikheid te aanvaar en om die dinge waarvoor hulle ouers ekstra hard moet werk te waardeer.

CMR Gauteng-Oos het verlede jaar hulp aan 26 000 mense verleen, van wie 60% kinders was, en meer as die helfte uit enkelouergesinne kom. Volgens Van der Merwe sal die werk nooit afgehandel wees nie, en maatskaplike werkers het baie struikelblokke om te oorkom omdat daar net te veel nood en te min bronne is.

Desondanks bly sy oortuig dat dié wat wel gehelp word tog positiewe verandering in hul lewe ervaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

poplap ·

Dis die grootse spul nonsense ooit. Ek het van 3 jaar oud sonder ‘n pa groot geword. (My ma en pa geskei en hom nooit weer gesien nie). My ma het my die beste opvoeding gegee. Ek het maniere, Ek het redelik baie bereik in die lewe en het ‘n gesonde self beeld. Ja ons het swaar gekry. Ons het nie alles gehad wat ons maatjie gehad het nie, maar dit het ons geleer om te warder wat ons het. Vandag is ek in ‘n baie gelukkige verhouding. En is ‘n omgee mens wat daarvan hou om ander te help, want ek weet hoe dit voel om swaar te kry…

Speedguard ·

Net so met die Moederlose kinders wat die Pa alles moet en wil doen vir dogters!

Hannah ·

Speedguard – aanvaar jy is enkelouer of dat jy dalk na iemand anders verwys. Ek haal graag Danie Terblanche wat by geleentheid in ‘n landboutydskrif die volgende gese het: “Die omgewing waarin ‘n seun grootword – die liefde, aanvaarding en atmosfeer – is uiters belangrik vir daardie jong man, sodat sy identiteit nooit vasgeval sal raak in die kompetisie van die lewe nie omdat hy weet wie hy is. ‘n Dogter, in teenstelling word gevorm deur haar Pa se woorde. Elke woord kap haar uit en vorm haar in haar perspektiewe van haarself en bring tot gestalte daardie jong vrou wat koppie laat draai en oorloë begin. ‘n Aandblom tussen die dissels en dorings van hierdie lewe.”

Ek bid dat ELKE Pa sal besef hoe belangrik sy rol in sy dogter se lewe is… dat hy die eerste man in haar lewe is – dat hy gaan bepaal hoe haar verhoudings met mans sal wees in die toekoms – sy gaan met iemand soos haar Pa wil trou. Haar verhouding met haar Pa beinvloed selfs haar verhouding met die HERE. Dit is so ongelooflik belangrik. Glo my… ek weet waarvan ek praat – ek was daar en my dogter was daar. Dit is ‘n baie pynlike pad wat jy stap as die verhouding tussen Pa en dogter nie reg is nie. ‘n Pa het ‘n geweldige verantwoordelikheid teenoor sy dogters. By beste wense vir jou…voorspoed, seen, goedheid en guns!

Lysa ·

@Hannah, ek wens my eksman kan jou woorde lees…. dit is so waar. Ek as mamma kan haar liefhe en sorg dat sy fisies alles het wat sy nodig het maar ek kan nie vir haar ‘n pa wees nie, ek kan nie daai leemte vul nie, ek kan haar nie heelmaak nie…. net hy kan en hy (en sy nuwe vrou) wil nie….

Annamarie Olivier ·

Daar word altyd gepraat van die vaderlose kinders, maar nooit van die moeders wat hulle kinders as wapens gebruik om meer geld uit die vader te kry sodat sy kan lekker lewe en dan nog die pa se reg om sy kinders te sien soos bepaal deur die skeiooreenkoms wil beheer en verbreek. Die ma kry nog steeds in die meeste gevalle die kinders en die pa moet kruip en betaal en verneder word.

Glad Nie Waar ·

Hierdie Stelling is So Onwaar as kan kom!!!!!! Kan n Ma van kinders wat sy Alleen moet groot maak Ooit Maklik en gerieflik wees. Ek dink regtig jy moet jou Stelling korrek want ek is daardeur en dit was Glad nie die Geval nie. Jy lewe in n Droom wereld wat dalk net vir jou kon werk.

VanAfrika ·

Ek is jammer om met julle te verskil, Annemarie, Kobus en Christa. My eks het my kinderadvokaat toe gesleep omdat ek kastig nie wou gehad het hy moet sy kinders sien nie. Die advokaat het onderhoud met die kinders gevoer en hulle het vir hom n ander prentjie geskilder. Hy het die kinders gesien, maar hulle wou nie by hom kuier. Hulle moes op die vloer slaap terwyl sy houvrou se kinders die slaapkamers en beddens gekry het. In die hof se oe moes my kinders die kamers en beddens kry en haar kinders die vloer, die howe stel die eerste gesin eerste op prys. So het die vroue aanklaer vir hom gese die dag toe ons skei. Sy houvrou wou net my kinders bad en hulle het nie daarvan gehou nie want ek het hulle so groot gemaak, geen vreemdeling raak aan my seuns nie. Die Hof het dit gestop en hom elke tweede Saterdag besoekreg gegee en glad nie in sy huis waar hierdie vrou is nie. Hy mag hulle ook nie vakansies gekry het nie. Hy het onder die invloed van drank bestuur, met die kinders in die kar, die judge was nie gelukkig toe sy dit hoor nie. Hy moes vir my n nuwe kar koop en toe hy se hy kan dit nie bekostig toe se die vroue aanklaer vir hom dan gaan sy die houvrou dagvaar vir n nuwe kar vir my. n Paar tips vir julle mammas wat dit nie weet nie.

kobus ·

Annemarie Olivier, baie dankie vir jou insetsil. kon dit nie beter gese het nie

christa ·

daar is gesinne wat heel normaal funksioneer as hulle appart woon. Die kinders kan vrylik beweeg tussen die ouers .Die probleem ontstaan wanneer die ma die kinders misbruik vir haar eie gewin. Hoe onderhoudeise is een van die redes wat nie altyd aan die kinders bestee word nie. Die vader kry die swaarste want die mans is oor die algemeen nie kleinlik nie. Hulle het genoeg wat hulle breine stimuleer.

christa ·

Annemarie jy is TOPS! jy slaan die spyker op sy kop. Ouers gebruik die kinders na hulle goeddenke

Lysa ·

Soos in elke saak is daar 2 kante. Afwesige pa’s en dan ma’s wat die kinders gebruik vir eie gewin. Wees asb net versigtig om te veralgemeen. Ek weet van ma’s wat kinders grootmaak sonder onderhoud, sonder hulp omdat pa’s dink as hulle die saadjie geplant het is hulle deel klaar. En ek ken pa’s wat dieselfde doen, hulle kinders grootmaak sonder die ma omdat sy te sleg is! Dan is daar ongelukkig ook die ouers wat hulle kinders soos yo-yo’s gebruik, heen en weer omdat hulle die ander ouer wil bykom… So hanteer nou maar elke saak op meriete!

Hannah ·

Ek gaan jou ondersteun hierin Lysa… dit is baie waar – net soos nie een mens dieselfde is nie – net so is nie een egskeiding dieselfde nie – daar is geweldig baie seer en die kinders is ongelukkig die wat die meeste daaronder ly. Dit vra om jouself vir ‘n wyle totaal en al op die agtergrond te skuif en net op die kinders te fokus en om vir Pa op ‘n troontjie te hou – hy gaan hul Pa bly totdat hy sy kop finaal neerle eendag. Moet hom nooit afkaak voor die kinders. Werk rondom dit. Om ‘n gebalanseerde kind groot te maak moet jou kind ‘n goeie verhouding met beide ouers hê asook met beide oupa en ouma (sou hulle nog beide die lewe behou het…) Dit vra….ek weet dit vra geweldig baie – maar jy sal NOOIT spyt daaroor nie. Kinders is loshande die grootste sielkundiges – daar gaan ‘n dag kom wat hulle beide ouers sien presies vir dit wat hulle is. Solank jy as enkelouer, hetsy Pa /Ma die ander ouer nie afbreek voor die kinders en hulle tussen al die slaggate probeer lei sonder om hulle (die kinders) ooit te gebruik as pionne sal jy jou kind se respek behou en ‘n wonderlike voorbeeld stel. Hulle staan net een dag voor jou en se vir jou: ” Mamma asseblief los maar hierdie troonjie…. “! Dan weet jy hulle het hul eie afleiding gemaak.

Lysa ·

Stem 100% saam! En dit het presies net so gebeur… my kind het net eendag by die huis gekom in trane uitgebars en haar woorde was, jammer mamma ek het altyd gedink mamma was die vark in die verhaal maar nou weet ek beter! My hart het saam met hare in miljoen stukke gebreek toe sy die waarheid self sien! Sterkte aan elke enkelouer, man of vrou!

VanAfrika ·

Hierdie volg op my vorige skrewe.
Moet ook nie dink die 10% onderhoud is al wat jy kan kry nie, die 10% is ingestel sodat n bedrag kan bepaal word, maar as die kind se lewensgehalte val, kan die ma meer onderhoud eis. Sit genoeg bewyse bymekaar om jou saak te staaf en die judge sal daarna kyk. Ek het dit by n swart vrou gesien wat haar eks gedagvaar het vir meer onderhoud want eks het sy eie besigheid en doen goed en dit was haar toegestaan EN dit n tweede keer by n prokureur gehoor. Niemand maak saam met hierdie ma haar kamerdeur agter haar toe saans as sy die bruin sente moet tel vir more se brood nie. Ons was binne gemeenskap van goedere getroud en ek het so pas uitgevind dat ek helfte van sy pensioen kan eis tot en met die dag wat die laaste kind klaar gestudeer het. So hier begin my volgende tog na geregtigheid en ek gaan goed aftree want pa verdien ver bo die broodlyn en ek moet kry wat my toekom na als waardeur ek en my kiddies is. Die houvrou kry n drie miljoen rand huis en ry n latest Edition Fortuner terwyl ek met n Jetta 3 moet ry en my kiddies in n 2 slaapkamer gehuurde woonstel moes groot maak. So sien pappies, julle moet julle beloftes nakom en julle gesinne oppas, dit was aan julle toevertrou. Die Here weet ALTYD beter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.