Veiligheid- en gesondheidswenke vir die nuwe skooljaar

Argieffoto

Argieffoto

Met die nuwe skooljaar wat aangebreek het, is dit belangrik dat ouers, veral dié van jonger kinders, die veiligheid en gesondheid van hul kinders in ag neem. Chitra Bodasing, ER24 woordvoerder, het ʼn paar gesondheid- en veiligheidswenke met Maroela Media gedeel wat ouers in gedagte kan hou dié nuwe jaar.

Onthou die volgende veiligheidswenke:

  • Daar is veiligheid in groepe. As jou kind van die skool af huis toe loop of op uitstappies gaan, maak seker dat hulle dit in groepe doen en nie alleen nie.
  • Verseker dat waardevolle items soos selfone en tablette nie sigbaar is nie.
  • Leer jou kinders basiese padreëls. Hulle moet byvoorbeeld net ʼn pad oorsteek waar aangedui word dat dit veilig is.
  • Moet nooit ʼn saamrygeleentheid van ʼn vreemdeling aanvaar nie. As jou kinders vroeg by die skool is, is die kanse hiervoor kleiner.
  • As jou kind deel is van ʼn saamryklub, maak seker dat jy weet presies wie deel van die klub is. Verseker ook dat die korrekte veiligheidsmaatreëls soos veiligheidsgordels in die motor in plek is.
  • Hou altyd ʼn lys van noodnommers by jou.
  • Maak seker jy weet altyd waar jou kinders kuier in geval van nood.

Volg ook hierdie gesonheidswenke:

  • ʼn Gebalanseerde dieet, genoeg slaap en oefening verlaag kinders se stresvlakke.
  • Moenie jou kinders blootstel aan sigaretrook of alkohol nie.
  • Stel ʼn rooster vir jou kinders op tydens eksamentye om te verseker hulle doen nie alles op die laaste nippertjie nie.
  • Probeer om jou kinders by sportaktiwiteite betrokke te kry. Die oefening verbeter nie net hul algemene gesondheid nie, maar verminder ook stres.
  • Maak seker jou kinders het sonskerm by hulle wanneer hulle buite gaan wees.
  • Moedig jou kinders aan en bou ʼn vertrouensverhouding om te verseker hulle praat met jou oor wat by die skool gebeur, sodat jy weet wanneer jou kind geboelie word.

 ER24 kan vir mediese noodgevalle gebel word by 084 124.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Ouers prent paraatheid by jou kind/ers in. Wat ek bedoel veiligheidsmatreëls moet te minste een maal per week aan hulle voorgehou word.
Vra hulle wat hulle in ‘n sekere situasie sal doen.
Maak ‘n speletjie daarvan en jy sal ver baas wees hoe skep jy gou gou paraatheid by hulle in.

candice ·

Dis baie oulik dat hierdie punte genoem word. Ek sou ook daarvan gehou het as hulle “Hygene” lysie kon opstel. Mens besef nie hoe bitter belangrik dit is nie maar kinders raak baie kere by die skool siek, en goed eet en vroeg slaap help nie vir dit nie. Ek sit altyd vir die kinders “no water hand sanitizer” in, sommer daardie klein botteltjie soort, veral Laerskool kinders, wanneer hulle die badkamer gebruik kan hulle doodeenvoudig wanneer hulle UIT die badkamer is gou aansmeer. Kinders was hulle hande en ander nie. Maar wanner jy die badkamer gebruik moet jy tog aan die kraan var voor jy jou hande was om dit tog oop te maak…. nou was hulle die handjies en vat tog weer aan die kraan (wat vuil is) om dit toe te maak… so die bakterië wat jou kan siek maak is tog net weer op jou hande. Ek het dit begin doen toe my seuntjie Gr R toe gaan en snaaks genoeg was hy baie baie minder siek as toe hy in die kleuterskool was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.