Vanmelewe se kinders het altyd die lekkerste speletjies buite gespeel: van krappe-en-krewe tot vroteier. Met die verloop van tyd het sommige van dié speletjies verlore geraak.
Maroela Media het ʼn boek opgespoor waar al dié wonderlike speletjies opgeteken is. Die skrywer is Lorunna Jansen van Vuuren (nou De Swardt) wat die boek aan haar kinders, Nastascha en Marsha, opgedra het. “Ek het jare gelede die boek geskryf toe my dogters klein was. Intussen het my lewe ʼn heel ander wending geneem en is ek nou al 30 jaar lank ʼn joga-instruktrise.”
As jy jou kinders graag ʼn paar van dié speletjies wil leer speel, maar dit nie lekker kan onthou nie – hier volg duidelike instruksies:
Die speletjie bekend as “stop”. Dit is ‘n groepspel waarin die spelers wat aan is, baie vinnig verwissel.
Benodigdhede: Geen
Soort speletjie: Raak-en-vangspeletjie
Spelplan:
Die speler wat aan is, staan met sy gesig na die muur toe terwyl die res van die spelers sowat 15 tot 20 meter van hom af staan. Die speler wat aan is, begin om die woord stop hardop te spel waartydens die groep vorentoe beweeg met die doel om aan die muur te raak. As die speler egter die woord klaar gespel het, draai hy vinnig om. Die spelers wat vorentoe beweeg het, moet vassteek en doodstil bly staan. Hulle mag geen beweging maak nie, nie eens ʼn oog knip nie! As die speler wat aan is, tevrede is dat almal doodstil staan, draai hy om en begin weer te spel. As iemand daarin slaag om aan die muur te raak, is hy aan.
Reëls:
Indien die speler iemand gewaar wat beweeg as hulle stil moet staan, kan hy hom ʼn paar tree, of selfs tot by die beginpunt, terugstuur, terwyl die ander spelers op hulle plekke bly staan en vandaar die spel voortsit.
Bron: Speel-speelpret
Uitgewer: Librarius
Resepte is nie altyd volledig nie…word afgesny!
Dagsê Hettie
Besoek jy die webwerf deur die app op ‘n Android-slimfoon?
Dit wil voorkom of daar ‘n probleem ontstaan het met ons app op sommige Android-toestelle.
Ek stel voor dat jy die webwerf sommer direk besoek by http://maroelamedia.co.za om die volledige resep te sien.
Ons ontwerp is van só aard dat dit optimaal op enige skerm sal vertoon.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek wonder how eel ours need nog die tyd om speletjies aan hulle kinders te verduidelik en selfs om saam te speel.