Verkeersligmammas bedel met kinders in die arms

straatkinders-bedel

Foto: plett-tourism.co.za

Dit is voorwaar ʼn alledaagse gesig: dié van ʼn bedelende vrou met ʼn baba op die rug, by ʼn verkeerslig. Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Gauteng-Oos kry voortdurend klagtes oor sulke vroue wat baba-op-die-rug by verkeersligte bedel. Louise Pieters van CMR in Faerie Glen sê: “Ons sien die gevaar daarin vir moeder en kind; ons het morele besware daarmee en tog lyk dit nie vir my of ons ’n onmiddellike oplossing het nie. In ’n berig gepubliseer wat in 2017 in News24 verskyn het, spreek ’n vrouekommissaris, Mbuyiselo Botha, haar mening hieroor baie duidelik uit:

Women with children begging on the side of the road is a sight that evokes an emotional response and an ethical dilemma, which is agonising for those with a conscience. At the same time, there are those who choose to openly express contempt for mothers who abuse their children by using them to solicit sympathy and attention from motorists. A snap poll published in a local daily newspaper recently shows that the majority of the women who beg alongside children on the streets are from Zimbabwe.” Pieters, wat self al ’n paar keer na die vroue uitgereik het, het ook ervaar dat die vroue van Zimbabwe afkomstig is.

Botha is verder van mening dat sy teleurgesteld is dat die Zimbabwiese amptenare in Suid-Afrika nie daaraan aandag gee nie. Hulle behoort hulle by te staan, volgens Botha. Sy meld dat, volgens die Suid-Afrikaanse Kinderwet (en regslui), daar nie ’n duidelike omskrywing van kindermishandeling is nie en daar is ook nie melding ten opsigte van die gebruik van kinders vir bedeldoeleindes nie. Die eerste bladsy [1 (d)] van die Kinderwet verwys wel na kindermishandeling as “ ’n Arbeidspraktyk wat daarop gerig is om ’n kind te eksploiteer”. Sy sê voorts dat die publiek kla oor hierdie aangeleentheid, maar dat dit lyk of niemand verantwoordelikheid wil aanvaar nie.

Haar mening oor maatskaplike werkers was: “Social workers who don’t want to take a stand say the children are better off with their mothers, which actually means that children are better off starving next to their mothers. Maybe the social workers know that what is happening at traffic lights is a mammoth challenge that they are not ready to tackle because they don’t have the capacity. It is on record that South Africa has a shortage of social workers, and the high number of abandoned babies ensures that the women begging with children on street corners, at least for now, are not a priority. Sy skryf aan die publiek: “Your duty is not to condemn them; it is to help them and alleviate their plight”.

Pieters vertel: “My ervaring vroeg in 2018 met twee vroue van Zimbabwe wat met hul babas by verkeersligte gestaan en bedel het, was dat die babas mooi gesond gelyk het. In die materiaaldrasakke was daar Vaseline, ’n botteltjie babakos, ’n bakkie klaargemaakte mieliepap en genoeg doeke vir die dag.  Albei mammas het geborsvoed en albei het baie lief vir hul kinders voorgekom.

“Hierdie moeders woon in ’n woonstelblok in Marabastad en die departement van maatskaplike ontwikkeling lewer dienste en voorsien kospakkies, volgens hulle. Toe ek waarsku dat ons die babatjies gaan beveilig, het die een mamma begin huil en die ander mamma was kwaad. Ek het kos aangebied vir drie maande, maar tot vandag toe het hulle nie kom kos vra nie.”

Kan maatskaplike werkers die kinders verwyder en in ’n plek van veiligheid plaas?

Henda van der Merwe, direkteur van die CMR Gauteng-Oos verduidelik: “Die realiteit is dat die landdros by die Kinderhof nie ’n Vorm 36 (om die baba te beveilig en te verwyder) sal bekragtig nie, want hierdie mammas woon nie in die CMR Gauteng-Oos se gebied nie – hulle is dikwels onwettige buitelanders en daar is dikwels nie dokumente tot die CMR se beskikking vir hofdoeleindes nie.”

Pieters verduidelik voorts: “My groot kommer (en ek glo ook baie ander motoriste sʼn ook) is groter kleuters wat op die witstreep tussen die motors saam met hul mammas loop en van kleinsaf leer om te bedel. Hoe skrikwekkend moet dit nie wees om so klein te wees en omring met groot motors, taxi’s en busse nie! Hierdie kleuters se lewens is in gevaar en hulle word die voorreg van ’n stimulerende kleuterskool ontneem – maar wie kan hierdie uitdaging aanpak en die kinders se toekoms verbeter?

“Dit is ʼn nasionale maatskaplike probleem.”

  • CMR Gauteng-Oos werk met kinders en gesinne in Tshwane deur middel van 13 streekkantore wat strek vanaf Bronkhorstspruit tot by Midrand. Meer inligting kan bekom word by Henda van der Merwe by 072 801 0092.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Waarheid ·

As jy hier onwettig is MOET jy terug van
waar jy kom klaar daar is geen ander
oplossing.

Magda Grundling ·

Ek stem saam dis gevaarlik vir die kleintjies maar wat byvoorbeeld vd mans wat by die robotte neerval in die middel vd pad. Gaan kyk by die Garstfontein-afrit waar mens vanaf die N1 afdraai

Suzette ·

Net diere het kleintjies. Hierdie klein kindertjies word ook uitverhuur aan hierdie bedelaars by die robotte en almal trek nog al die jare skouers op en niks word steeds gedoen nie

bgj van der westhuizen ·

wel daar moet vir nie mand geld gegee word by robots nie of enige eimand wat betel nie daar is baie plekke wat jy voor die geld kan gee soos jou kerk en die mense kan daar gaan hulp vra dees dae is daar baie wat bedel wat n betaan maak uit dit daar om weet jy nooit wie dit reg tig nodig het nie

E.K. die eerste ·

Daar is BEWYS dat nie ALLE babas wat by sulke “mammas” is is hul eie nie. Rent ‘n baba vir die dag om geld te kan bedel – dit sal mosnou hartsnare raak om ‘n baba te sien. Mense, gee jul geld vir CMR, kerk, kinderhuise of plekke waar jy weet dit gaan werk. Mense by robot is altyd ‘n gevaar vir motors want huls taan soms reg ind ie pad. Ek sal hoogstens op ‘n baie koue dag ‘n pakkie sop of vrug gee maar nooit ooit geld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.