Verskeie werksgeleenthede vir dié studente beskikbaar

Foto: Milites Dei Akademie

Milites Dei Akademie is ʼn militêre-styl opleidingsinstansie wat verantwoordelikheid, leierskap, fiksheid, etiese waardes en respek vir tradisie by sy studente kweek. Milites Dei is buite Witrivier, Mpumalanga (naby die Krugerwildtuin) in Jock van die Bosveld Bewaria geleë en studente bly in ʼn koshuis/bungalow wanneer hulle studeer. Studente kom van reg oor die land.

Die kursusse by Milites Dei Akademie bied ʼn magdom voordele en rus die student toe met waardevolle lewensvaardighede. Die kursusse is geskik as ʼn oorbruggingsjaar of as blote avontuur, maar voorsien deeglike opleiding in die sekuriteitsbedryf. In die meeste gevalle word studente reeds deur werknemers gewerf nog voordat die kursus voltooi is.

Vir persone sonder matriek bied die Akademie die PSIRA- en SASSETA-kwalifikasies aan – die Nasionale Sertifikaat in Algemene Sekuriteitspraktyke en die Verdere Onderwys- en Opleidingsertifikaat in Spesialis Sekuriteitspraktyke wat op dieselfde vlak as matriek is.

Milites Dei Akademie maak ook voorsiening vir gegradueerdes en skoolverlaters, wat nog nie werk het nie, met ʼn driemaandekursus wat jou as Spesialis Agent oplei.

Foto: Milites Dei Akademie

Reeds ná die drie maande word studente aktief gehelp om werk in die volgende gebiede te vind:

  • Op passasierskepe, privaat jagte en vragskepe;
  • As private ondersoekers;
  • Anti-stroper-eenhede;
  • Sekuriteit by myne, lodges en vyfsterhotelle;
  • Plaasveiligheid;
  • Geheime agente;
  • Bates in transito;
  • By groot internasionale sekuriteitsmaatskappye gebaseer in Suid-Afrika en Afrika;
  • As spoorsnyers;
  • Studente kan ook hul eie sekuriteitsmaatskappye begin en vryskut-risiko ondersoeke voltooi.

Die vereistes is:
1) Graad 12 is nie ‘n vereiste nie maar Graad 12’s kan ook inskryf
2) Geen kriminele rekord nie
3) Die student moet minstens 17 jaar oud wees; studente kan selfs ook ouer wees as 50, want daar is ‘n gepaste kursus vir alle ouderdomme
4) Enigeen vanaf enige land kan inskryf
5) Die klasfooie is betaalbaar voor ‘n student begin met klasse
6) Redelike goeie Engelse vaardigheid word verlang omdat studente se boeke in Engels is en omdat hulle dalk enige plek in die wêreld ‘n werk gaan kry ná studies.

Vir die pryse en registrasievorm kan jy Milites Dei Akademie per e-pos kontak by [email protected] of skakel 081 478 8018 of 013 749 0004. Besoek die webwerf http://www.militesdei.com

Voornemende studente hoef slegs na Nelspruit- of Witrivier te reis of na Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe te vlieg en die instrukteurs sal jou oplaai en na die akademie bring. Jy kan ook met jou eie motor kom of ouers/familie kan jou kom aflaai.

Besoek Milites Dei Akademie by die Sakeliga KragDag 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.