Verstaan wat jy lees met logiese denkoefeninge

Logiese-denkoefeninge

Foto: Dreamstime.com

Hallo Susan,

Ek is bekommerd oor my dogter in Graad 5. Hoewel sy goed vlot lees, verstaan sy nie wat sy lees nie. Sy druip haar begripstoetse. Sy het arbeidsterapie en spraakterapie in Graad 1 en Graad 2 ontvang.

Vriendelike groete,

Monique

Beste Monique

Weereens dankie dat jy jou probleem gedeel het. Ek gesels graag verder met jou.

As kinders leer ons om te lees voordat ons begin lees om te leer. Sommige kinders, wat mondelings goed kan lees, begin dan egter probleme ondervind in terme van verstaan wat hulle lees.

Soos voorheen verduidelik, terwyl daar ander oorsake mag wees, is die algemeenste oorsake van ʼn leesbegripprobleem ʼn gebrek aan woordeskat, swak geheuevaardighede en swak logiese denkvaardighede.

Logiese denke is belangrik want dit gee die leser die vermoë om afleidings te maak, wat vereis dat ons dit wat ons weet, gebruik om te probeer bepaal wat ons nie weet nie, of om ‘tussen-die-lyne’ te lees. Lesers wat afleidings kan maak, gebruik leidrade uit die teks, asook hul eie ervarings om hulle te help ontsyfer wat nie direk gesê word nie.

Soos belowe, hier is die tweede logiese denkoefening, wat nie net sal help om jou dogter se begrip te verbeter nie, maar ook op ʼn prettige wyse help om die brein se agteruitgang in die lang somervakansie te klop. In die voorbeelde hieronder, moet jou dogter die voorwerp kies wat nie in die groepie pas nie, en sê waarom sy so dink:

  1. vliegtuig

helikopter

trein

mikro-vliegtuig

  1. peperpot

mes

vurk

lepel

  1. man

hingsvul

merrie

seun

  1. melk

koffie

tee

aarbeie

  1. koerant

boek

tydskrif

radio

  1. roos

angelier

laventel

denneboom

  1. hond

perd

spinnekop

kat

  1. leeu

koei

skaap

vark

  1. rooi

blou

groen

geel

  1. reghoek

vierkant

parallelogram

driehoek

  1. swem

kanovaart

tennis

skubaduik

  1. appel

lemoen

piesang

pampoen

13        somer

winter

herfs

reën

  1. agt

ses

sewe

vier

  1. Duitsland

Asië

Noord-Amerika

Afrika

  1. rok

sokkie

hemp

horlosie

  1. Engels

Frans

Spaans

Verenigde State

  1. opera

musiekblyspel

perdespringsport

ballet

  1. perd

bok

kameel

donkie

  1. 90º

reghoek

270º – 180º

270º – 90º

Antwoorde:

  1. trein – al die ander verwys na lugvervoer
  2. peperpot – al die ander is eetgerei
  3. merrie – al die ander is manlik
  4. aarbeie – al die ander is vloeistowwe
  5. radio – al die ander is gedrukte media
  6. denneboom – al die ander is blomme
  7. spinnekop – al die ander het vier bene
  8. leeu – al die ander is plaasdiere
  9. groen – al die ander is primêre kleure
  10. driehoek – al die ander het vier hoeke
  11. tennis – al die ander is watersport
  12. pampoen – al die ander is vrugte
  13. reën – al die ander is seisoene
  14. sewe – al die ander is veelvoude van 2
  15. Duitsland – al die ander is kontinente
  16. horlosie – al die ander is kledingstukke
  17. Verenigde State – al die ander is tale
  18. perdespringsport – al die ander is teaterproduksies
  19. bok – mens kan op al die ander diere ry
  20. 270º – 90º – al die ander is 90º-hoeke

Ek hoop jou dogter geniet hierdie oefening ook en sien uit na die laaste een.

Alles van die beste

Susan oor Skoolkwessies

Vra vir Susan oor Skoolkwessies:

Is jy bekommerd oor jou kind se skoolprestasie? Stuur jou vrae aan [email protected]

Probeer om soveel moontlik besonderhede te verskaf, sowel as jou kind se ouderdom en graad. Gebruik jou eie naam of ʼn skuilnaam as jy verkies om jou identiteit geheim te hou.

Meer oor Susan:

Susan du Plessis is ʼn opvoedkundige spesialis en gepubliseerde skrywer op die gebied van leerprobleme en disleksie, met meer as 25 jaar se praktiese ondervinding. Sy het ʼn BA Honneursgraad in Sielkunde sowel as ʼn BD-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en die eerste Edublox Lees-, Wiskunde en Leerkliniek in 2007 geopen. Vandag is daar 22 Edublox-klinieke in Suidelike Afrika. Besoek die Edublox-webtuiste met meer as 450 suksesverhale by www.edubloxsa.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.