Video: Alles wat kinders moet weet van die koronavirus

Skermgreep uit die video

Dis nie net volwassenes wat onseker is oor wat presies die koronavirus is en wat die gevolge vir ons land gaan wees nie. Kinders wat hoor hoe hul ouers dié uitbreking bespreek, het hul eie vrese wat dikwels moeilik is om te verwoord.

Hulle hoor dat volwassenes praat van terme wat vir hulle vreemd is, soos pandemie, sosiale afstand en isolering, maar verstaan nie wat die implikasies vir hulle is nie. Dit kan maklik angs en vrese by kinders skep waarvan jy as ouer moontlik totaal onbewus is.

Daarom het Maroela Media en die Solidariteit Beweging besluit om ‘n oulike, kort video te maak wat die koronavirus (Covid-19) in baie eenvoudige terme vir kinders verduidelik. Dit sit uiteen wat die virus is, hoe dit aansteek, en wat hulle self kan doen om te voorkom dat hulle of hulle geliefdes dit kry.

Versprei gerus hierdie video na al jou familie en vriende om hulle te help om die koronavirus vir hul kinders te verduidelik.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.