“Wat het jy gedoen vir pret toe jy klein was?” Daar is ʼn duidelike verskil in die antwoorde tussen grootouers, ouers, en vandag se kinders.
Nature Valley, ʼn maatskappy in Kanada wat graan-snoepstafies vervaardig, spits homself veral daarop toe om seker te maak dat sy gebruikers weer aan die natuur blootgestel word. Die maatskappy het byvoorbeeld ʼn kaart van verskillende parke in die omgewing en bied praktiese idees vir buitelugaktiwiteite op sy webwerf.
In sy jongste advertensie het die maatskappy drie geslagte genader om te hoor wat hulle vir pret gedoen het.
https://youtu.be/is5W6GxAI3c