Video: ʼn Foto kan jou kind se lewe red

Die foto van Avery Fitzgerald waar sy ma die skynsel opgemerk het (Skermskoot uit die video)

Die foto van Avery Fitzgerald waar sy ma die skynsel opgemerk het (Skermskoot uit die video)

Volgens ʼn ma van Illinois in Amerika het ʼn skynsel op ʼn foto in haar tweejarige seuntjie se oog sy lewe gered.

Julie Fitzgerald van Rockford het aan ABC News gesê sy het al ʼn paar maande gelede iets vreemd in Avery se oog opgemerk. Sy het onlangs ook ʼn artikel gelees oor ʼn vrou wat ʼn wit skynsel op ʼn foto raakgesien het en toe bevind het dat dit kanker is.

Sy het drie weke gelede ʼn foto geneem van Avery en besef dit lyk dieselfde as die foto in die artikel wat sy gelees het. Sy het hom dadelik na ʼn spesialis geneem waar hulle bevestig het Avery het “verskeie gewasse” in sy oog.

Volgens dokters het hulle net betyds die oog kon verwyder, wat ongetwyfeld sy lewe gered het.
https://youtu.be/tt-K8cCzFc0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.