[Video] Ouers gewaarsku oor app wat foto’s wegsteek

Só steek die verskillende apps die foto's en ander inhoud weg

Só steek die verskillende apps die foto’s en ander inhoud weg

ʼn Video waarin ʼn advokaat ouers waarsku oor ʼn Calculator%-app wat kinders kan gebruik om foto’s en ander inhoud op hul selfone “weg te steek”, word wyd op sosiale media versprei.

Pamela Casey van Alabama in die VSA waarsku dat hierdie app, wat soos ʼn gewone sakrekenaar vertoon, eintlik baie misleidend is. Wanneer jy die app oopmaak, lyk dit ook soos ʼn gewone sakrekenaar, maar as jy die regte wagwoord intik, maak ʼn skatkis vol versteekte foto’s en lêers oopgemaak wat nie elders op die toestel beskikbaar is nie.

Casey verwys spesifiek in haar video na die Calculator%-app, maar daar is reeds talle ander nabootsers op die iPhone- en Android-platforms.

Soek gerus op iTunes of die Google Play Store vir apps wat as foto-kluise (photo vaults) adverteer word om te kyk watter ander apps beskikbaar is.

Casey se oorspronklike Facebook-video is hier beskikbaar.
https://youtu.be/_9xJcLwsQEs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BoereBikerBaby ·

Maak my vies as ek sien daar is goed soos dit wat die oorsaak nog gaan wees van baie kinders se onskuld ens.

Heidi ·

Kinders is nie veronderstel om sel fone en tablets te he nie!!!Maak my sommer vies!

neelsie ·

Bly op hoogte van nuutste ontwikkeling.
Beweeg saam met jou kind en ontwikkel n vertouensverhouding.
Om liefde te gee kan werelde versit.
Onthou, die lewe is korter as wat jy besef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.