Voortrekkers stel korona-kenteken vir jeuglede bekend

Die Voortrekkers se splinternuwe kenteken vir virusweerbaarmaking (Foto: Danie Langner/Facebook)

Die Voortrekkers het te midde van die Covid-19-pandemie ʼn nuwe kenteken vir virusweerbaarmaking bekendgestel.

“Die doel van die korona-kenteken is om positiewe erkenning te gee aan ʼn buitengewone jaar in die wêreldgeskiedenis en die vaardighede wat ons noodgedwonge moes aanleer,” sê dr. Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers.

Langner meen die Tweede Wêreldoorlog is die enigste ander tydperk in die geskiedenis wat só ʼn groot impak op die Voortrekker-beweging gehad het.

“Tydens die Tweede Wêreldoorlog is massabyeenkomste ook verbied, kampe kon nie plaasvind nie, reisbeperkings het gegeld, voorrade was skraps en finansies was onder groot druk,” sê hy.

Volgens Langner het die Voortrekkers te midde van dié oorlog op ondernemingsgees, diensbaarheid, opleiding en die ontwikkeling van vaardighede gefokus.

Hy vergelyk dit met die huidige omstandighede wat mense wêreldwyd noodsaak om hul lewens met nuwe oë te bekyk. Langner is ook hoopvol dat die Voortrekkers sal vasbyt en deurdruk.

“Ons trek die wa deur die drif met dieselfde deursettingsvermoë,” sê hy. “Ons moet oopkop en rustig wees, want alle storms gaan verby. Die Voortrekkers hou steeds koers.”

Die kenteken word saam met twee werkboeke bekendgestel wat die tema “Vreesloos verantwoordelik” ondersoek. Laer- en hoërskoolleerders kan op hulle eie of saam met hul spanne daardeur werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Corne123 ·

Kyk ek weet ek gaan seker baie kretiek kry maar ek as so moeg vir die hele spul.Dit net n siekte wat baie erger gemaak word ja aansteeklik esv maar mense daar gaan meer mense sterf aan honger agv corona as aan corona wens hulle wil biedjie opmamae wys en se hoefeel mense sit sonder werk agv corona

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.