Vra jou kind die regte vrae

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Vir baie ouers is dit soms ʼn gesukkel om ʼn gesprek met hul kind te voer wanneer hy of sy van die skool af kom. As daar gevra word hoe jou kind se dag was, kry jy soms net ʼn “oukei” of “orraait”.

Die webwerf Parent CO meen dat jou kinders beter antwoorde sal gee as jy beter vrae vra. Die vraag “Hoe was jou dag?” is nie noodwendig een wat jou kind sal inspireer of motiveer om terugvoer te gee oor sy dag nie. Dié webwerf het ʼn lys vrae saamgestel wat kan help met ʼn gesellige gesprek in die kar.

  1. Wat het jy tydens pouse gedoen?
  2. Wat was die snaaksste ding wat vandag gebeur het?
  3. Het iemand iets goeds vir jou gedoen?
  4. Het jy iets goeds vir iemand gedoen?
  5. Wie het jou laat glimlag vandag?
  6. Wie het die lekkerste kosblik vandag gehad?
  7. Watter uitdagings het jy vandag beleef?

Watter vrae werk vir jou kind?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MK ·

Ek vra gewoonlik: Wat was jou hoogtepunt? Wat was jou laagtepunt?

burger ·

Die vrae sal nie juis werk nie , hy sal dink ek het iets gerook .

Wat vir my werk is om te luister as hy praat en te dink wat het hy gese . Ons kom n ander deurmekaar era waar ons nie n mening gehad het nie .

BoereBikerBaby ·

Ek is gelukkig want my kinders sal altyd my vra hoe was myne dan vra ek hul dieselfde. Gelukkig vir my vertel hulle my (meeste vd tyd) wat hul aangevang het, gedurende en na skool. Is lekker om ‘n goeie verhouding met jou kinders te he wat vrylik met jou kan gesels en wat dit soveel spesiaal maak is dat hul 10 en 13 jaar oud is en nog nie “te groot” vir hul skoene is nie…

Asjas ·

Die skool is ver so ons spandeer ten minste 30 – 45 min in die kar voor ons by die huis kom. Ek vra: “En toe, hoe was julle dag?” Dan vertel hulle my en ek vra vrae oor die dinge wat hulle my vertel. “Hoe was jou dag?’ is nie ‘n vraag nie, dis slegs ‘n opening, ‘n begin, ‘n inleiding tot ‘n gesprek.
My kinders vra ons elke dag “Hoe was Mamma/Pappa se dag?”. Hulle kry elke dag dieselfde antwoord: “So-so/besig”, maar hulle vra nogsteeds elke dag.
Ons doen seker maar iets iewers reg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.