Vroue dra die las van geslagsgebaseerde geweld

Foto ter illustrasie. Foto: Kat J/Unsplash.

Die onlangse vlaag van geslagsgebaseerde geweld het die land laat steier. Vroue word aangerand, verkrag en selfs vermoor – omdat hul vroue is.

Suid-Afrika se skokkende statistieke wys dat ons land vierde op die ranglys is van lande waar vroue aangeval en ook vermoor word net omdat hulle vroue is en dit maklik is om reg te kry. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) beraam dat 12,1 vroue uit elke 100 000 jaarliks in Suid-Afrika slagoffers van geweld word – 100 keer die getal wat in Italië die geval is – (dié land het ’n staat van krisis verklaar om die probleem die hoof te bied), en vyf keer die globale gemiddeld.

Die ANC Vroueliga het reeds ’n oproep gedoen om chemiese kastrasie vir seksuele misdadigers en baie stemme het opgegaan vir die terugbring van die doodstraf.

Maar terwyl die jongste vlaag van geweld dalk mag dui op ’n verhoging in die geweldsyfer, het Graça Machel duidelik by die Universiteit van Kaapstad gesê dat die probleem gesoek moet word in vandag se versplinterde gesinslewe. Pres. Cyril Ramaphosa se verklaring in die parlement onderskryf die erns van hierdie probleem.

Henda van der Merwe, direkteur van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Gauteng-Oos, stem saam daarmee. “Dit is nie ’n enkelvoudige probleem nie. Ons tradisionele gesinstrukture het inmekaargeval, maar daar is ook ander faktore wat bydra, onder meer die groeiende gebruik en maklike toegang tot pornografie, hoë geweldsyfers en werkloosheid,” voeg Van der Merwe by.

Sielkundiges het die gebruik van pornografie in verband gebring met ’n verhoging in beide geweld en gebrek aan respek vir vroue, omdat pornografie vroue verneder, en baie daarvan woede, geweld en onderdrukking aanhits.

’n Verslag oor Gender-based Violence in SA wat in 2016 deur die Centre for the Study of Violence and Reconciliation gedoen is, noem kulturele, sosiale en ekonomiese faktore, wat vroue in alle groepe gemarginaliseer het. Die verslag sê die gevolglike ongelykheid en magwanbalans laat vroue in hierdie kwesbare posisie. Van der Merwe dui aan dat dit oor die hele kulturele spektrum plaasvind.

Van der Merwe sê die CMR Gauteng-Oos kom in kontak met al hierdie probleme in die situasies waar hul maatskaplike werkers betrokke raak.

“Mans wat in gewelddadige huise grootgeword het, kan ook gewelddadig word, en hierdie eenvoudige verklaring neem ons terug na die gesinstruktuur.

“Ons maatskaplike werkers kan getuig dat die basis van geweld ʼn emosioneel ontwrigte agtergrond kan insluit soos geweld of verwerping. Ons kan duidelik sien hoe dit tot emosionele isolasie lei, wat wrokkigheid en woede kan veroorsaak wat in geweld kan oorkook – wat makliker is om op iemand uit te haal wat minder geneig sal wees om terug te veg.”

CMR Gauteng-Oos bereik elke jaar meer as 26 000 mense met maatskaplike dienste vir mense van alle ouderdomme.

  • CMR Gauteng-Oos werk met kinders en gesinne in die Tshwane-metro deur  13 streekkantore wat strek vanaf Bronkhorstspruit tot by Midrand. Meer inligting kan bekom word by Henda van der Merwe by 072 801 0092.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Suzie ·

Regtig mense julle gaan so aan oor vroue regte en vergeet van die vroue wat te sleg is om na hulle kinders en mans om te sien. Sit heeldag soos “lady’s” op die bank en verf hulle naels en doen hulle haartjies, kuier by die “mall’s” want hulle moet aandag trek by ander mans terwyl die man en kind by die huis sit om haar varkhok skoon te maak en om kos te maak. Waar is die mans en kinders se regte?

Phillie ·

Ek gaan sekerlik met geweld (op die minste gedreig word) maar iets is vir my onduidelik! As vrouens op alle gebiede gelyk is aan mans, waarom sorteer hulle nie hulle aanvallers uit soos wat mans sou doen nie.

Cornelia ·

Al is dit so dat al die genoemde faktore wat in die verslag en navorsing gestipuleer word bydra tot ongebreidelde geweld teen vroue en kinders wil mens in dieselfde asem vra waarheen en waartoe moet vroue dan “oorkook?” Dogters word aan dieselfde liefdelose gesinsgeweld uitgelewer vanaf afhanklike, weerlose ouderdomsjare tot daar waar hulle in hul tiener jare poog om van die trauma te ontsnap in “kitsoplossings.” En so dikwels net maar weer in ‘n bose kringloop ingesuig word. Dat alles teruggevoer kan word na ‘n verwronge samelewings ingesteldheid wat mense klassifiseer in “wenners” of “verloorders” dra ongelukkig ook hiertoe by. En dit gaan nie oor “manne – of vroue regte nie!!!

barend v d westhuizen ·

man of vrou moet nie geweld gebruik teen oor mekaar nie en daar die verskonngs wat gegee word hoekom dit gedoen word nosens elke persoon besluit hom self wat hy gaan doen met sy lewe en wat hy doen

Andreas ·

Eks bly hulle noem pornografie, maar daarby kan hulle algemene films en musiek videos bysit. Dit is absoluut waglik om musiek videos van vandag te sien! Veral die vroue rappers! Dis asof vrouens net goed is om half kaal rond te loop en hulle sterre te skud. Trek ordentlik aan, handhaaf jouself soos ‘n regte vrou.

Oom Koos ·

Hokaai. stop die bus!!!! Dis nie net vroue wat die teiken van geslagsgeweld is nie. Ek weet van verskeie mans wat liederlik deur hul vroue mishandel word. Die vroue is gewoonlik stewig gebou en knou hul mans af wat in baie gevalle tengerig gebou is. Die bure van een van die mans het persoonlik ingegryp en die polisie se hulp ingeroep toe die vrou hom die soveelste keer geslaan en hulle sy benoude hulpkrete moes aanhoor.

Deon ·

Jy is reg Koos, daar is geweld teen mans ook, maar dit kan nie ‘n kers hou teen die onreg wat teen vrouens en kinders gedoen word nie. Jy kry hier en daar ‘n saak soos jy genoem het. Vir my is geweld teen kinders en diere die ergste. Dit is tyd dat almal wat onder geweld deurloop begin opstaan en ophou om onderdanig te wees. Vrouens/mans moet opstaan vir die kinders wat nie vir hulself kan opstaan nie. Dieselfde met diere, ons almal moet vir hulle opstaan. Hou op om patete te wees en doen wat gedoen moet word.

Judge Dredd ·

……..en dan vermoor ‘n vrou haar 4 kinders…….

Elmarie ·

Statistieke, statistieke en vingerwysery !!! Die probleem is voor die hand liggend, mense… DIE WOORD VAN GOD. Dit lyk so omrede die mensdom afwyk van God en nie Sy Woord gehoorsaam nie,

Mike ·

Waarhede:
1. Seuns kry nie voorbeeld van hoe ‘n man teenoor ‘n vrou behoort op te tree nie.
2. Pornografie.
3. Verdraaiing van Bybel dat man oor vrou moet heers……heers word onderdrukking op alle gebiede.

Andreas ·

Maar ‘n bly die hoof van die huis, broodnodig om die familie struktuur te handhaaf.

Heidi ·

Die Bybel is duidelik, vrou moet onderdanig wees aan haar man. Man jy moet jou vrou lief he en respekteer. Die rol van beide man en vrou volgens die Woord word duidelik uiteen gesit. Probleem is die gesinstruktuur bestaan nie. Hoeveel huishoudings is sleg die ma teenwoordig wat beide rolle moet vertolk. Gooi dan n boyfriend in die mengsel wat geen verbintenis met die kinders het nie, nie die vrou respekteer nie. Jaloesie, drank, dwelms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.