Waaroor die bohaai oor skolekaping?

onderwyser

Foto: Homeyesterday.com

Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys het tot groot konsternasie in die onderwyssektor gelei. Die voorgestelde wysigings is onder meer daarop gemik om sekere funksies van skoolbeheerliggame in te perk, insluitend aanbevelings oor sekere aanstellings, toelatings- en taalbeleid, asook bepaalde finansiële funksies. Dr. Jaco Deacon, onderwysregspesialis en adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) gee ʼn uiteensetting van die werklike omvang van hierdie wetsontwerp.

Waaroor gaan die bohaai? Indien iets nie werk nie, moet daar tog sekerlik daadwerklik opgetree word en tans funksioneer net 20% van die land se 23 719 openbare skole goed. Maar dít is juis waar die groot kopkrap begin – weinig van die 46 klousules in die voorgestelde wet gaan enigsins iets doen aan die werklike probleme in die stelsel. Inteendeel, dit gaan die handjievol skole wat top-prestasies lewer eenvoudig sink.

Die aanhef van die Skolewet bepaal dat “hierdie land ʼn behoefte het aan ʼn nuwe nasionale stelsel vir skole wat die onregte in onderwysvoorsiening van die verlede sal regstel, onderwys van progressief hoë gehalte aan alle leerders sal voorsien en op hierdie wyse ʼn hegte fondament vir die ontwikkeling van al ons mense se talente en bekwaamhede sal lê, die demokratiese transformasie van die gemeenskap sal bevorder, rassisme en seksisme en alle ander vorms van onregverdige diskriminasie en onverdraagsaamheid sal bekamp, tot die uitwissing van armoede en die ekonomiese welstand van die gemeenskap sal bydra, ons verskeidenheid van kulture en tale sal beskerm en bevorder, die regte van alle leerders, ouers en opvoeders sal handhaaf, en hul aanvaarding van verantwoordelikheid vir die organisasie, beheer en finansiering van skole in vennootskap met die Staat sal bevorder.”

Die wysigingswet trek ʼn dik, rooi streep deur hierdie doel en die model van openbare skole waar gemeenskappe eienaarskap vir skole aanvaar en ouers direkte inspraak in die onderrig van hulle kinders het. Die wysigingswet druk ʼn verdoeselde model van staatskole op ʼn demokratiese samelewing af waar die staat sentraal staan en staatsamptenare op ʼn outokratiese wyse die septer swaai. Die hele manier waarop hierdie wysigingswet nou gestoomroller word, dui nie juis op bona fide samewerking tussen staat, leerders, ouers en opvoeders nie.

Witskrif 1 van 1995 was een van die voorlopers vir die Skolewet en in dié dokument is bepaal dat die eienaarskap van skole teruggegee moet word aan skoolgemeenskappe en dat ouers direkte inspraak in die onderrig van hulle kinders moet hê. Skole het regspersoonlikheid ontvang wat deur beheerliggame beheer word en die meerderheid lede van beheerliggame is ouers.

Met magte kom daar natuurlik verantwoordelikheid en die Skolewet is so opgestel dat die staat die verantwoordelikheid ontvang het om toe te sien dat beheerliggame behoorlik toegerus word vir hul belangrike taak. Dit is hier waar die probleem begin, met provinsiale onderwysdepartemente wat nie die nodige of voldoende opleiding of ondersteuning aan beheerliggame gee nie.

Dit is ʼn feit dat baie skole swak beheerliggame het, maar by ʼn gebrek aan opleiding en ondersteuning deur die staat het dit ʼn baie gerieflike argument vir amptenare en politici geword om skielik alle beheerliggame (lees: ook ouers) se magte te verwater.

Dit is ook ʼn feit dat bevoegde beheerliggame en goed funksionerende skole ʼn doring in die vlees van amptenare en politici is. Beheerliggame wat hul regte ken en in die beste belang van die skool optree duld nie onregmatige inmenging of die vertrapping van skole se belange nie.

Om die volle sê oor aanstellings van skoolhoofde en ander senior personeel aan amptenare te gee is om vir wolf skaapwagter te maak! Ouers weet wat is die behoeftes van die skool en skoolgemeenskap en baie beheerliggame gaan deur volledige aanstellingsprosesse om juis die regte leiers aan te beveel. As ʼn amptenaar “iewers in ʼn kantoor” moet besluit oor die aanstellings gaan ons meer onrus en onstabiliteit in skole sien. Hofsake gaan meer word, nie minder nie.  Provinsiale departemente moet baie meer doen om seker te maak dat elke skool ʼn goeie skool is en dan is taal- en toelatingsbeleid ook nie meer ʼn kwessie nie.

Ons hoor gereeld dat onderwys ʼn “samelewingsaangeleentheid” is – dit is so! Die samelewing moet dus nou sy stem laat hoor. Ons het geleentheid tot 10 November om kommentaar op die wysigingswet te lewer. Gewone mense, burgers van die land, pa’s en ma’s, oupas en oumas word saam met die burgerlike gemeenskap opgeroep om hul mening te lug.

Onthou ook die E-tol-lesse – dit is baie moeilik om ʼn besluit te beveg as jy die geleentheid gemis het om insette te lewer voordat die besluit geneem is. As die elektroniese hekke eers opgesit is, kom hulle moeilik en teen groot koste af.

So, waaroor gaan die bohaai? Ons het openbare skole, nie staatskole nie en dit moet so bly. Kinders het die meeste om te verloor as ouers nie meer insae in onderwys het nie. Laat jou stem tel.

Fedsas het reeds ʼn veldtog op sosiale media geloods met die hutsmerk #StopSkoleKaping en #StopSchoolCapture. Die publiek het tot 10 November vanjaar om kommentaar lewer en Fedsas moedig alle Suid-Afrikaners aan om kommentaar te lewer. ʼn Afskrif van die wetsontwerp is op Fedsas se webtuiste beskikbaar by www.fedsas.org.za onder die skakel vir “Wat is nuut?”

  • Dr. Jaco Deacon is die adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, outeur van Skoolbeheer: Antwoorde op alledaagse uitdagings, Case Law Handbook on Education en redakteur van die Juta Education Law and Policy Handbook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Otjie Potjie ·

Ag, asseblief. Laat AL die sogenaamde openbare skole sink. Daar is niks “openbaar” in elk geval by hierdie skole nie. Die sogenaamde beheerliggame is een “kliek” op die ander wat net daarop uit is om die hardwerkendste ouers met die laagste inkomste nog verder in die grond te vertrap. Openbare skole het ‘n “werkskeppings agentskap” geword vir onderwysers wat op alles “ja en amen” solank die beheerliggaam hulle tog net nie afdank nie. Skole sit nou met begrotings van miljoene rande want ouers bly betaal…..of anders word jou kind benadeel, en niemand by so ‘n skool het ‘n idee hoe om ‘n multi-miljoen Rand begroting te hanteer of suksesvol te bestuur nie. Maatskappye met sulke tipe begrotings stel ‘n CFO aan om dit te bestuur…… Laat die regering AL die skole bestuur, dan betaal of ALMAL skoolfonds, of NIEMAND skoolfonds nie. Bitter vining sal daar begin word met privaatskole, en tuis onderrrig……..en die leerders met potensiaal wat hardwerkend is, SAL suksesvol wees en uitstyg bo die res. Geen skool maak van jou ‘n sukses nie, JY maak van jouself ‘n sukses. Van die grootste staatsmanne het uit plaasskole uitgekom, en van die land se grootse misdadigers uit van die sogenaamde top skole.

Alta Barnard ·

Otjie Potjie, ek is jammer dat jou indruk van beheerliggame so swak is, maar jy reken die staat sal dit beter kan doen? Sover ek kan sien, vernietig die staat alles waarvan hulle beheer neem. Kyk net wat nou al hoe lank reeds in staatskole aangaan, waar die sg SA “democratic” teachers union in werklikheid aan bewind is (praat van klieks! ), waar kinders verkrag en seksueel gemolesteer word deur onderwysers en skoolhoofde en wie weet watse ander onderduimshede en misdade teen onskuldige kinders aan die gang is; waar poste verkoop word ens. En jy wil hê dit moet na ons gemeenskapskole ingevoer word, sonder dat ouers die reg het om in te tree? Regtig?! Het jy kinders of kleinkinders?
Dis maklik om te sê privaatskole sal vinnig begin word, maar dis nóg duurder as openbare skole, so dis die kinders van arm/armer ouers wat die grootste prys gaan betaal as die staat alle openbare skole oorneem. Bowendien neem dit tyd, so dit kan ‘n hele skoolgenerasie kinders wees wat aan die kortste ent van swak onderwys gaan trek. Dit maak nie saak hoe hard ‘n kind werk nie, as die kwaliteit van die onderrig substandaard is en die leeromgewing toksies, word dit ‘n baie steil, baie hoë berg om te klim na sukses.
Om Alec Hogg aan te haal: “If you thought education is expensive, try ignorance”.

Sonet Smit ·

Dis die probleem! Ons tuisskool reeds, maar dieselfde wet, maak tuisskool ONMOONTLIK!!!! Hierdie wetgewing moet beveg word!

One World Order 2030 plan ·

Otjie Potjie, die tuis onderrig sit met presies dieselfde wetgewing wat nou inkom en hul belange word erger vas gevat as hierdie. Gaan op jou kniee en bid hieroor, want as jy nog nooit van die One World Order 2030 plan gehoor het nie, gaan soek dit en jy sal sien dat dit woord vir woord dieselfde is waaronder ‘n derde van die wereld nie meer gaan bestaan nie en dan gaan lees jy wat in die Bybel staan. Al wat ons kan doen is op ons kniee bly en God vra om ons kinders genadig te wees en uitstel te gee hieraan, want hierdie is nie ‘n grap nie en nie iets wat ons ooit op ons eie kan teenstaan nie. In Suid-Afrika is Lesotho die eerste land wat al opgeteken het vir dit en gaan lees bietjie wat se Medi-Clinic in Suid-Afrika hoe hulle dit ondersteun. Die regering het nie ‘n keuse nie hulle moet die goed begin volg want hulle is deel as een van die lande van die One World Order, dit het twee jaar terug al in werking getree en geonderteken en begin. Nou is dit net toepassing daarvan, so asb gaan terug op ons kniee hieroor, dis ons grootste wapen Jesus alleen en Hy is getrou en Hy sal sorg.

Nuwe wetgewing vir tuis onderrig vereistes wat voorgestel word ·

You must follow the CAPS Curriculum

“51(2)(c) the proposed home education programme is suitable for the learner’s age, grade level, ability and covers the acquisition of content and skills at least comparable to the relevant national curriculum determined by the Minister; and”

The key phrase here is “contents”. You will have to have a curriculum that at least covers the content of CAPS
A “competent assessor” must assess your child every year at your cost

“51(2)(d)(iii) arrange for the learner’s educational attainment to be assessed annually by a competent assessor, approved by the Head of Department, at the parent ‘s own expense who will apply a standard that is not inferior to the standard expected in a public school according to the learner’s age, grade level and ability; and”

This essentially means a school teacher will have to assess your child annually to see if they have covered the content of the CAPS curriculum. You will have to pay for this. In the higher grades it is likely that you will have to pay for multiple assessors as a single assessor will not be competent to assess a subject they do not teach. This will apply up to and including grade 9.
Matric

If you want to write a ‘matriculation exam’you must write the Senior Certificate Exam i.e. the South African matric.

Nuwe wetgewing vir tuis onderrig vereistes wat voorgestel word ·

“51(6) A parent of a learner who wishes to continue with home education after the learner has completed grade 9, must make use of the services of a private or independent service provider accredited by Umalusi, established in terms of section 4 of the General and Further Education and Training Quality Assurance Act. 2001 (Act No. 58 of 2001), to register for the Senior Certificate Examination through an independent or private assessment body.”

This means the following:

You must use an “accredited service provider” – no self study
You must complete grade 10,11 and 12 to write your matric
This will cost you upward of R30 000 and rising
You may not write the GED, Cambridge or any other international ‘matric’ unless you enrol in a school to do that.

Prosecution

In addition Clause 2 (a) which deals with the amendment to Section 3 (6) of SASA (p.50) states that a home educating parent may now be jailed for 6 years.

“ 3(6)(a) any parent who without just cause and after a written notice from the Head of Department, fails to comply with subsection (1), is guilty of an offence and liable on conviction to a fine or to imprisonment for a period not exceeding six [months] years, or to both such fine and such imprisonment; or”

Nog 'n ouer ·

Ek het self kinders in ‘n openbare skool en is heel tevrede met die diens wat ek ontvang. Ek ken niemant op die beheerliggaam nie, nie eers net van sien nie, maar ons skool werk goed.
My skoolfonds betaal vir ekstra onderwysers, maar my kind is in ‘n klein klassie.
My skoolfonds betaal ook vir toerusting, wat onderwys in die klasse vergemaklik met behulp van tegnologie.
Die skool lyk mooi as jy daar verby ry, omrede my skoolfonds bydrae tot die instandhouding van die terrein en geboue.
Ek het nie nodig om te wonder of my kinders veilig is nie, want die hekke is gesluit en daar is ‘n geldjie vir sekuriteitsmense, want ek betaal skoolfonds. So kan ek aanhou en aanhou. Beheerliggame is nie daar om die ouers te “melk” nie, hulle is daar om na die beste belange van die leerlinge om te sien. Die skool hou elke jaar ‘n algemene vergadering waarop die begroting ook bespreek word, maar in my ondervinding daag bitter min ouers ooit op vir hierdie vergadering. Ouers moet betrokke wees by hulle skole sodat hulle weet wat aangaan. Lig jou opinie en vra vrae. In my geval sal dit ‘n hartseer dag wees as die departement van onderwys ons beheerliggaam begin beheer of erger nog heeltemal ontbind.

Sonet Smit ·

So maak inspraak! Want dieselfde skool waaroor jy tans met lof praat, lyk na die wetgewing soos die pad tussen Viljoenskroon en Parys! ONBRUIKBAAR!

Oud-onnie ·

Dit gaan hier oor waardes en norme wat in jou kind se skool gehandhaaf word. Tans bepaal die beheerliggaam (ouers) van die skool dit deur onderwysers en skoolhoofde aan te stel wat hul kinders kan begelei. Sodra hierdie instrument aan die staat gegee word, sal hulle die aanstellings op hulle voorwaardes doen. Is dit wat ons wil he?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.