“Wag geduldig: God antwoord altyd”

Carin Tait (Foto: Verskaf)

deur Carin Tait

God antwoord altyd – al duur dit soms 44 jaar.

In die Bybel sien ons dit ook: “En hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders…” (Lukas 1:17)

Dit het 44 jaar geduur, maar uiteindelik is ek en my pa verenig, nadat ek destyds as pasgeborene aangeneem is.

As kind het ek myself gereeld op die plaas afgesonder om met my biologiese ouers te praat en vir hulle gesê ek verwyt hulle nie vir wat ook al gebeur het nie. Ek wou telkens weet waarom ek nie by my biologiese ouers kon woon nie en gesê ek verlang baie na hulle. Ek het vir my biologiese ouersvertel hoe lief ek vir hulle is, al het ek hulle nooit gesien nie.

Later het ek het groot geword en na hulle begin soek en toe uitgevind my ma is in 1999 hemel toe. Die soektog na my pa het niks opgelewer nie.

Een keer toe ons met vakansie op Hartenbos was, het ek die Here gevra: Hoe lank nog voordat ek my pa sal opspoor? Toe vlieg drie seemeeue voor my verby en ek het geweet ek sal my pa oor drie jaar kry.

Die volgende jaar het ek weer gevra en twee seemeeue het by my verby gevlieg.

Naby die einde van die derde jaar het ek na ʼn diep geestelike ou oom op ons dorp gegaan en gevra: “Oom, wat kan ek nog doen om my pa op te spoor? Ek het sy naam, maar kry geen spoor van hom nie.”

Die oom het geantwoord: “Hou op met soek, die Here gaan jou pa op die regte tyd na jou toe stuur”.

Ek het niks van profesieë en sulke goed af geweet nie, maar wat die oom gesê het, het oneindig sin gemaak. Daar is mos daardie kere in ʼn mens se lewe dat jy net weet dat jy weet. Dit was eintlik eenvoudige woorde, maar my geloof in God, het my laat besef hierdie was wyse woorde.

Sy woorde: “Hou op met soek, die Here gaan jou pa op die regte tyd na jou toe stuur, ” het ‘n sterk indruk op my gemaak. Ek het dit net so aanvaar as ʼn boodskap van die HERE af.

Net daarna het ek gaan bid: “Here, ek is moeg gesoek, ek gee oor. Ek weet nie meer hoe nie. Kan my pa nie maar net na my toe aangestap kom nie?”

Vir ʼn oomblik wonder ek: Sou God so ʼn eenvoudige gebed beantwoord? Die gewag wat na daardie dag gevolg het, was eintlik maklik want ek het geweet, nou dra Jesus Christus my las. My vermoeidheid het tot ʼn einde gekom. Ek het hierdie gebed met niemand gedeel nie. Die gebed was egter die spreekwoordelike laaste strooi, om my volle vertroue op God te plaas.

Drie weke na hierdie gebed, sien ek ʼn oom na my toe aangestap kom. Ek het hom nie geken nie en nie geweet waarom hy na my toe aangestap kom nie.

Toe die oom by my kom en ek sy trane en hartseer sien en hy buk na my en vra deur sy trane: “Is jou naam Carin?”, toe het my hele wese hier binne my uitgeroep: “Jesus, hier is hy nou! Dis my pa! My pa het gekom!”

Ek het doodstil agter my lessenaar bly sit, byna versteen. Ek kon nie praat nie, ek het net geknik. Toe sê hy die mooiste woorde wat ek ooit in my hele lewe gehoor het: “Ek is jou pa.” Die volgende oomblik was ek in sy arms.

Deur die snikke heen het ek aan hom gesê: “Pa, ek het julle nooit verwyt vir wat ook al gebeur het nie.”

Ek het gevoel hoe my pa se rou snikke deur sy liggaam skeur, ʼn groot man, baie groter as ek, wat huil soos ʼn kind.

My blydskap was oorweldigend toe ek hoor my pa het ook na my gesoek. Deur die jare het ek by tye gewonder of hy my sou aanvaar as ek skielik eendag voor hom sou staan en vir hom sou sê: “Pa, ek is jou kind.” Ons is nou volwaardig pa en kind en kind en pa, lief vir mekaar en onafskeidbaar, soos dit hoort. Ons seën mekaar, besiel mekaar. Glorie Halleluja.

44 jaar was ʼn baie lang tyd, maar dit was God se tyd.

Patricia King, die bekende Amerikaanse evangelis, het geen kennis van my pa se probleme en my bestaan gedra nie. Hy het haar bloot gevra om vir hom in gebed in te tree. Hy was ook al radeloos van al die gesoek na my.

Kort voor my pa my gevind het, het hy ʼn skrywe van Patricia King ontvang:

Dear Johan

Last night at our Tuesday Night House Fellowship, the Lord gave me an exciting prophetic vision. This morning He told me to deliver it to you!

I saw a vision of butterflies being released out of Heaven. Thousands of them. They were so beautiful – so free! The Lord says that it is a time of new beginnings for you. Even as a butterfly comes forth from a cocoon into a new state of being, into new freedom, new beauty, new presentation, so also will you!

The Lord says, “Do not call to mind the former things or ponder the things of the past. Behold, I will do something new, now it will spring forth; will you not be aware of it.

“The wind of the Spirit will delicately blow upon you and new fragrances of His grace will be released in and through your life.

“This is a season of new beginnings for you. A season of reward for those who have diligently sought the Lord. The things that held you back in the past will not hold you back in the days ahead.

“Any cloak of shame, humiliation, or bondage is being cast off. A robe of honor is being prepared for you because you have humbled yourself.

“Walk through the door into this new realm of blessing. It is prepared for you. All things are being made new.

“Have a great day and remember that you are a great treasure to His heart… ours too!  – Patricia King

Enkele dae nadat ek en my pa ontmoet het, is ek een oggend deur ʼn allemintige swerm skoenlappers omsingel. Skoenlappers is ʼn rare verskynsel op ons dorp. Ek het doodstil bly staan te midde van die gefladder en met trane van dankbaarheid gedink aan Patricia se profetiese woorde. Ek het God inderdaad beleef!

Kort hierna was die kerk een Sondag stampvol en te midde van baie trane oral, het my pa my gedoop!

“Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys het en Sy trou nie van my weerhou het nie.” –  Ps 66:20

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Genieve ·

Ag maar dis baie mooi.Ek stem saam met jou..God antwoord tyd.Dis baie waar.

Andre Brits ·

Ons dien ‘n Groot God my girl, ons deel jou vreugde in trane saam met jou!!! Weet net Hy stel nooit teleur nie. Ons ook in ‘n krisis met my dogter van 32 wat pas haar werk verloor het maar ons Weet en Glo, Hy sal ook ons Gebede verhoor. Geniet mekaar julle verdien dit. AMEN!!!

Carin ·

…….en Hy sal André!
Hy beloof om ryklik te voorsien in elke behoefte volgens Sy oorvloedige rykdom in Jesus Christus Fil 4:19.

Chantelle Connoway ·

hoe wens ek nou ek kan my pa nog n keer sien en vas hou – sal maar moet wag tot ons Hemel toe gaan – ek verlang so

wat n storie – ek huil sommer

Afrikaanse Knaap ·

Sal graag wil weet hoe hy haar toe uiteindelik in die hande gekry het? Watse dorp sy bly? Waar sy agter ‘n lessenaar sit? Facebook?

Almarie ·

Eks ook n aangenome kind ek en my broer deur amazing mense ekt ook my biologiese ouers gekry maar wat my pla is hoe het jou ouers gevoel jy praat nie van hul nie net oor hoe jy verlang na jou biologiese ouers? Of na die idee van hul? Ekt ook lank gewag my aangenome ouers het my bygestaan. Joune? My biologiese moeder is so oulik en great mal oor haar sys my mammie. Maar my aanneem ma is my ma. My lewe is ryker met hulle altwee in, so ook my oumatjie niggies, en dan het ek grootgeword saam met my biologiese boetie en n fantastiese aangenome suster. Ons biologiese ma wou he ons moet saam wees dus het sy 4jr na my broer aangeneem is as baba my gehad en versoek dat ons deur dieselfde mense aangeneem is. Hoe fantasties. Die Here jet defnitief sy eie tyd en die tyd was reg vir jou dis n mooi storie maar ek wil weet oor jou aanneem ouers. Kontak my gerus.

cs ·

Carin
Wat ‘n pragtige storie. Ek wil myne ook nou sommer deel:
Ek is 56jr en is aangeneem toe ek 3maande oud was. Al wat ek van my regte ouers gehad het was hulle volle name en geboortedatums. Laas jaar kry ek uit die bloute ‘n email met dokumentasie waarin hulle my soek – toe het ek twee boeties en drie sussies. Dit was die skok van my lewe . My regte pa is al in 1987 oorlede en my ma in 2014. As dit bietjie vroeer gebeur het kon ek my eie ma ontmoet maar ek het haar in 55jr vir die 1ste keer op ‘n foto gesien. Dit was die skok van my lewe want ek het nie geweet ek het nog boeties en sussies nie. Ek en my boeties kuier nou gereeld en dit was liefde met die 1ste opslag wat mens vir niemand kan vertel nie. My sussies bly baie ver – ek moet nog 2 ontmoet. Carin ek weet hoe jy voel en hoop jy het fantastiese tye saam met jou pa net soos wat ek het-ongelooflik onbeskryflik awesome

Chris ·

Dankie Carin Tait vir hierdie “awesome” gebeurtenis wat jy deel! Ek is weer aan die kant waar my 3 kinders (nou dogter 22/ 2 seuns van 19 en 17) my vervreem is deur my ex-vrou vir die afgelope 16 jaar na ons geskei is . Sy was een wat wou skei. In 2007 na verskeie prokureursbesoeke en eina tye nie net teenoor hulle maar ook teenoor my en my familie het ek ń goeie vriend van my besoek wat ń Streekslandros asook ń geestelike berader is en vele gebede saam haar geskakel om te hoor wat is haar beweegrede om die kinders so te vervreem van my en oupa en ouma. Sy het so onbeheersd teenoor hom uitgevaar en hom nie eens n kans gegee om net te praat nie hyvir haar sê dit wat sy doen is nie in die beste belang van die kinders nie. Gesprek toe beëindig.Hy sê dit wat hy beleef het in telefoongesprek het hy in sy 35 jaar van ondervinding hierin niks so iets al beleef nie. Sy besig om die kinders te vernietig, jou te vernietig en behep oor mag, manipulasie geld en status. Sy is ń jaar na ons egskeiding weer getroud met ń jong welgestelde boer waarin sy die geld rondgooi en mense deur die geld wat sy het. Ek moes terugtree in belang van hulle. Nou gebruik sy hierdie terugtree en sê ek hul weggeteken. So ek wag net soos jy Carin op GOD se tyd vir herenig met hulle.

Maria ·

Dankie vir jou mooi getuie en almal hoop!
Mag HERE julle seen

carin ·

God is getrou en regverdig….. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Loof en prys Hom net elke dag vir wie Hy is.
Ek sal saam jou bid.

Jacqueline ·

Carin, ek is só bly jy het die moed gehad om jou storie te deel. Jy is ‘n “AMAZING” vrou, en ‘n amazing ma. Só gebruik die Here Sy kinders om vir ander tot seën te wees. Mis jou só baie!

NL ·

Ek moet hierdie artikel vir my boetie stuur. Hy soek na sy biologiese pa, maar keer op keer kom ons in doodloopstrate…dis asof hy net nie bestaan het nie. Al wat ons het is sy naam & ID nommer. Ek bid dat hy ook eendag op ‘n plek kan kom met totale vrede in sy gemoed. Ek bid dat daar eendag ‘n aand gaan wees dat hy kan gaan slaap en weet presies waar hy vandaan kom…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.