Wanneer is ʼn pak slae kindermishandeling?

Argieffoto

Die onlangse hofbeslissing wat bekragtig het dat kinders wat ʼn pak slae kry hul ouers wetlik kan verkla, asook dat ouers geen verweer het dat hulle die kinders redelikerwys dissiplineer nie, word in sommige kringe verwelkom, terwyl ander hul misnoeë daaroor te kenne gee.

“Daar is ʼn verskil tussen dissiplinering en mishandeling, maar verskillende interpretasies bestaan oor waar die skeidslyn is,” verduidelik Henda van der Merwe, direkteur van CMR Gauteng-Oos. “Mishandeling vind oor ʼn tydperk plaas en is nie eenmalig nie. So is daar getuig hoe klein Poppie weer en weer mishandel is. In dié geval het dit beslis nie gegaan oor ‘ʼn pak slae op sy tyd’ nie.

“Maatskaplike werkers tree op in belang van kinders se veiligheid, en daar is altyd redelike oortuiging dat ʼn kind verwyder moet word wanneer dit gedoen word. Gestel ʼn maatskaplike werker het Poppie betyds verwyder – dan sou die tragedie nie plaasgevind het nie.”

Sy verduidelik dat kindermishandeling iets is wat deur gesinslede of lede van die gemeenskap, soms onderwysers, by maatskaplike organisasies aangemeld word. “Die wet vereis nou dat so iemand ʼn beëdigde verklaring kan indien by ʼn geregistreerde welsynsorganisasie of dit by die polisie moet gaan aflê. Dit gaan gewoonlik oor baie meer as net ʼn pak slae of ʼn eenmalige voorval.

“Dit is jammer dat die hofbeslissing wat nou gebruik word om ouertugtiging heeltemal onwettig te verklaar, eintlik gaan oor mishandeling. ʼn Pa wat sy seun skop, kan kwalik vergelyk word met ʼn ouer wat sy kind liefdevol dissiplineer,” sê Van der Merwe.

“Dit is sekerlik so dat die wet kinders probeer beskerm. Maar daar is in verskeie geloofsoortuigings die opvatting dat ouers hul kinders fisiek moet dissiplineer.

“As maatskaplike werkers is ons gemoeid met mishandeling van kinders en ons fokus daarop om kinders te beskerm teen volwassenes wat hulle mishandel, ook hul eie ouers en familielede.”

Sy wys daarop dat mishandeling nie net fisieke geweld insluit nie maar ook emosionele of psigiese mishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tess ·

wanneer dit die kind seerder maak as die persoon wat die straf uitdeel

Jacques ·

Dit is net vir my snaaks dat kind net belangrik geag word as dit die persone pas , wat van die optogte by skole ??? Dit is mos psigiese mishandeling as volwasse mense geweldadig word in aansig van kinders . n Kind kan n letsel oorhou van dit ook vir die res van sy lewe .
Die bybel stel dit duidelik , tugtig jou kinders .

Piet Pompies ·

Ons gesin bestaan uit drie kinders en hulle is deur ons met die grootse liefde grootgemaak. Dit bring die totaal tot 5 persone in een huis en as jy nie reels het en toepas is daar probleme. Met my oudste dogter het ‘n kombinasie van lyfstraf en mondelings straf baie goed gewerk, die middelste dogter was mondelingse straf voldoende, lyfstraf het haar as mens seergemaak, die jongste, ons seun was dit ook ‘n kombinasie van lyfstraf en en mondelingste straf. Ken jou kinders en pas straf met liefde toe.
Straf wat uitgedeel word deur ‘n ouer wat kwaad of woedend is, is ongewenste straf.

Johnnie ·

Piet ek stem met jou saam tugtig jou kinder as dit nodig is maar moet dit nooit doen wanneer jy kwaad is nie, word eers kalm voor jy dit toepas want dit is bybels wat se tugig die een wat jy lief het en weerhou die roede nie. Maar in die satans deurdrenkte wereld word alle wette deur goddelose mense opgestel. Ons moet terug keer na die bybel dan sal daar meer vrede wees en nie rebelse kinders nie, want deesdae is dit die gehoorsame ouers en nie die gehoorsame kinders nie.

linda ·

Dis NIE menslik om n kind n pak slae met n belt, liniaal ens te gee nie !!! As ouers genoeg respek vanaf geboorte by n kind afdwing, sal n pak slae nie nodig wees nie. Ek het nog nooit my 3 kinders, 2 seuns en n dogter, ouderdomme, 41, 40 en 27 n pak slae gegee nie !!! Vandag is hulle model kinders en baie suksesvol !!! As hul stout was het ons om die eetkamer se tafel gesit en die situasie bespreek en probeer oplos. Ek glo nie aan n pak slae vir n kind nie, sulke kinders word bod geslaan en word rebelle !

HB ·

linda – Ek is ‘n 43 jarige vrou en as kind was ‘n pakslae op die regte tyd presies wat ons nodig gehad het. Ons is 3 dogters en al die pakslae wat ons gekry het, het ons NIE rebelle gemaak nie en al 3 van ons is gebalanseerde en suksesvolle volwassenes. ‘n Pakslae het my twee keer laat dink oor wat ek verkeerd gedoen het en of ek dit weer sal waag. Ek het my laaste pakslae in Std 7 (Gr 9) gekry. Ek het twee seuns en hulle het ook pakslae gekry, teen hul hoërskool loopbane was pakslae nie meer nodig nie want hulle het hul plek geken. Die een is ‘n suksesvolle student en die ander een ‘n uitblinker op skool.

zeno ·

Ek het nie baie respek vir `n welsynwerkster nie, het al met hulle te doen gehad in twee gevalle waar ons kinders by ons wou laat bly omdat hulle mishandel was en die welsynwerkster se antwoord aan ons, was hulle hoort by hul ouers. Ons wou net verdere mishandeling voorkom,wat toe maar op die ou end voortgeduur het en so is die kinders wat nou groot is nog altyd op straat. `n pak op die regte manier doen gee kwaad vir `n kind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.