Wat die oog sien: Kinders en pornografie

kinders-tegnologie-en-apps

Argieffoto.

Wat het jou kind al gesien? Tegnologie het almal se lewens makliker gemaak, so glo ons. Vinniger, omvangryker, makliker. “Ongelukkig is daar altyd die donker kant,” sê Henda van der Merwe, direkteur van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Gauteng-Oos.

Tegnologie maak dit moeiliker vir kinders om kinders te bly. Die blootstelling beteken hulle word van vroeg al aan onvanpaste dinge blootgestel, soos klein kindertjies wat programme kyk wat vir ouer tieners bedoel is, en dan die gedrag naboots… wat kan lei tot wangedrag, boelie, en selfs groter langtermynprobleme. En dit is maar net die oortjies van die seekoei, verduidelik van der Merwe.

“Wat die oog nie sien nie, kan die hart nie oor treur nie,” sê die spreekwoord. Dis nogal baie waar van wat kinders tans op hul selfone sien, of op rekenaars. Pornografie is net ’n knoppiedruk ver. En dit stop nie by een loer na die skerm nie.

Aan die een kant is daar kinders se natuurlike nuuskierigheid, en aan die ander kant die feit dat pornografie net so verslawend is soos enige middel wat gedrink, gerook of ingespuit word.

Navorsing wat in Amerika gedoen is, het getoon dat om pornografie te kyk, dieselfde stowwe in die brein losmaak (dopamien) as ander verslawende middels. En soos ander verslawings, kom die kyker baie gou by die punt waar hy al hoe meer nodig het om dieselfde effek te verkry.

Navorsers sê die ewige soeke na plesier en iets nuuts, dra by tot die feit dat meer as ’n derde van die inhoud wat op die internet beskikbaar is, pornografie is.

Behalwe vir die verslawingsprobleem, wys navorsers daarop dat pornografie grootliks gebaseer is op dwangseks, geweld en seks wat geen emosionele inhoud het nie. Die navorsing wys hoe mense se begrip van seks, en spesifiek die rol van seks, versteur word. Iemand wat jare lank aan pornografie verslaaf is, kan later nie meer normale verhoudings volhou nie. Hulle glo naderhand ook dat seks en geweld gekoppel is en sien dit as gewoon normale seks.

Só speel pornografie ’n rol in groeiende verkragtingsyfers.

“Ons kinders is blootgestel aan hierdie negatiewe invloede, en maatskaplike werkers kry daagliks te doen met die uitvalle hiervan. Almal in ons gemeenskap behoort hande te vat en alles moontlik doen om ons kinders te beveilig – voorsorg is beter as nasorg,” sluit van der Merwe af.

  • CMR Gauteng-Oos werk met kinders en gesinne in die Tshwane-metro deur  13 streekkantore wat strek vanaf Bronkhorstspruit tot by Midrand. Meer inligting kan bekom word by Henda van der Merwe by 072 801 0092.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Judge Dredd ·

Voor ons tegnologie blameer, moet ons dalk besef dat baie kinders blootgestel word aan geweld en ander gruwels binne hul eie families.

Blameer ouers wat kindertjies maak maar nie dissipline/morele waardes leer.

Skoolgeld ·

Ja nee Juge! Dankie dat jy soos gewoonlik die eerste klip optel. Hoop nie jy het groen koring op die land nie ? Daar is reeds ouderdom beperking gereedskap wat jy kan aktiveer soos bv. Jou kind se selfoon maar dis geen waarborg dat dit geen onder die beld beelde gan hê nie! Spandeer dalk meer tyd met jou kind stel regtig vir ñ slag belang dan sal jy sien wat regtig aangaan?

Maria ·

Ek my moed gskraap om my seun vertel tyd is reg en sowaar ek my wil mond oopmaak se hy vir my: “ek weet al lankal daarvan ” en skokkend vra my seun hoe: “ek by my maatjie se selfoon gesien by die skool ” skatting onderdom van dink vroeg ouderdom van 7jaar oud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.