Wen R1 000 kontant met jou baba se haredos!

Foto: Tara Simich/Instagram

Daar is kinders wat met ʼn natuurlike bos hare gebore word en dan is daar ma’s wat so angstig is om ʼn knippie in hul dogtertjie se hare te kry, dat hulle die drie haartjies op die kop probeer vasknip met ʼn strikkie.

Dan is daar babas soos Boston Simich van Perth in Australië wat met ʼn yslike bos hare gebore is. Klein Boston is skaars vier maande oud, maar hy maak reeds opslae op sosiale media en laat die koppe draai oral waar hy gaan met sy haredos. Klik hier om Boston se foto’s te sien.

Het jou kind ook só haredos gehad of het jou kind ʼn snaakse haarstyl gehad? Deel nou jou foto met Maroela Media se lesers en staan die kans om ʼn kontantprys van R1 000 te wen!

Foto’s van babas jonger as nege maande oud met ʼn interessante of snaakse haarstyl sal in aanmerking kom vir die prys. Dit maak nie saak of die foto gister, verlede jaar, of selfs 40 jaar gelede geneem is nie – as dit ʼn snaakse of indrukwekkende haarstyl is, dan sal die foto in aanmerking kom vir die prys.

Sluitingsdatum vir die kompetisie: 21 April 2019

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  • As jy aan hierdie kompetisie deelneem, gee jy toestemming dat Maroela Media die foto, wat jy ingestuur het, op die webwerf https://maroelamedia.co.za mag publiseer en op sosiale media (insluitend Facebook en Twitter) mag deel.
  •  Jy mag slegs ʼn foto instuur waarvoor jy toestemming het om dit met Maroela Media te deel: jy moet dus óf die ouer wees van die betrokke kind óf dit moet ʼn foto van jouself as kind wees en as dit ʼn professionele fotograaf se foto is, dan moet jy die fotograaf se naam aan ons verskaf.
  • Dit maak nie saak wanneer die foto geneem is nie – enige foto sal in aanmerking kom vir die prys.
  • Slegs foto’s van babas jonger as nege maande oud sal in aanmerking kom vir die prys.
  • Slegs foto’s van ʼn snaakse, interessante of indrukwekkende haarstyl sal in aanmerking kom vir die prys.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal die wenner op die webwerf bekend maak.
  • Maroela Media sal die wenner kontak en die kontant oorbetaal in die bankrekeningbesonderhede wat die wenner aan Maroela Media verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.