Wêrelddag vir boelievoorkoming: leer jou kind dié wenke

(Foto: Verskaf aan Maroela Media)

Die afgelope tyd skenk die media wêreldwyd baie aandag aan die probleem van kinders wat mekaar boelie.

Die publiek is bewus waarvan die meeste ouers en skole reeds weet en beleef: kinders kan brutaal en wreed wees. Bekendes en mense in professionele beroepe was gewillig om voor die kameras te sê dat alle vorme van afknouery en boeliegedrag tot ʼn einde moet kom – en hulle is reg!

Die vraag is: hoe sal ons dit tot ʼn einde bring? Hoewel skoolbeleidstellings fokus op geen verdraagsaamheid teenoor boeliegedrag, en daar strafregtelike vervolging is van uiterste gevalle van boeliegedrag, bly die beste verdediging teen boelies steeds om proaktief en ferm op te tree.

Dit beteken glad nie slagoffers van boelies moet saamspan om wraak te neem op die boelie nie. Ouers word eerder aangemoedig om hulle kinders met spesifieke vermoëns toe te rus wat hulle sal help om op te staan vir hulself en die boelies in hulle spore te stuit. Met ander woorde: die wêreld gaan nie noodwendig vir ons kinders verander nie, maar ons kinders kan hulle eie wêreld verander deur ʼn stel vermoëns te ontwikkel wat die afknouery nie meer die moeite werd maak vir die boelie nie.

Vermoë 1: Staan saam

Boelies gaan te werk deur hulle slagoffers alleen en magteloos te laat voel. Kinders kan hulle mag herwin wanneer hulle met vriende en ondersteunende volwassenes saamstaan.

Vermoë 2: Skep bewustheid

Soms voel kinders dat volwassenes nooit iets doen nie, en dat dit tydmors is om hulle enigsins te probeer vertel van voorvalle van afknouery. Daar is wel gevalle waar volwassenes die erns van ʼn saak miskyk, maar dit is meer dikwels die geval dat volwassenes nie bewus is van wat aangaan nie.

Boelies gebruik verhoudingsaggressie om hulle mag op ʼn subtiele en sosiaal aanvaarbare manier uit te oefen, met die gevolg dat volwassenes dikwels nie die situasie raaksien nie. Leer die kind dat dit sy verantwoordelikheid is om bewustheid te skep.

Wees duidelik met die kind dat daar niks daarmee fout is om vir ʼn volwassene te vertel as hy geboelie word nie en dat dit nie lafhartig van hom is nie, maar eerder ʼn dapper en kragtige stap in die regte rigting.

Vermoë 3: Herdefinieer skinderstories/klikbek

ʼn Dogtertjie gaan byvoorbeeld na haar ma toe en vertel dat sy bekommerd is dat sy as ʼn klikbek gebrandmerk sal word indien sy die busbestuurder vertel dat ʼn seuntjie op haar gespoeg het. Dit is partykeer presies wat die boelie wil hê ons moet dink, want isolasie is ʼn boelie se metode van intimidasie.

Om ʼn volwassene te vertel kan in werklikheid die magsbalans en dinamiek tussen kinders balanseer. Wanneer ʼn boelie besef dat hy nie meer sy slagoffer geïsoleerd kan hou nie, verloor hy onmiddellik sy mag en krag.

Vermoë 4: Tree vinnig op

Hoe langer ʼn boelie mag het oor ʼn slagoffer, hoe sterker word sy houvas. Soms begin afknouery op ʼn relatief ligte manier, soos om iemand name te noem of te etiketteer, of met geringe fisieke aggressie. Nadat die boelie die situasie getoets en vasgestel het dat die slagoffer nie vir ʼn volwassene daarvan sal vertel of sal opstaan vir sy regte nie, word die aggressie erger.

Leer kinders die beste manier om teen boelies op te staan, is om mag te kry en dit te behou – eerder te vroeg as te laat.

Vermoë 5: Reageer selfgeldend (met selfvertroue)

Hoe meer ʼn boelie dink dat hy op ʼn slagoffer kan pik sonder nagevolge, hoe meer sal hy dit doen. Dit is hoekom ʼn selfgeldende reaksie so doeltreffend is wanneer die boelie teengestaan word. Kinders wat selfgeldend en met selfvertroue optree, gebruik met gemak die middeweg tussen aggressiewe reaksie (wat weer ʼn reaksie van afknouery ontlok) en passiewe reaksie (wat voortgesette afknouery in die toekoms ontlok).

Vermoë 6: Gebruik eenvoudige, onemosionele taal

Kinders met selfvertroue gebruik eenvoudige, onemosionele, direkte taal wat dit duidelik vir die boelies maak dat hulle nie slagoffers sal word nie. ʼn Kind moet geleer word om reaksies te gebruik wat onemosioneel is, want reaksies wat wys dat die kind baie maklik emosioneel gemaak kan word, is vir boelies ʼn aanmoediging om hulle mag oor daardie kind uit te oefen.

Deur kinders aan te moedig om sonder woede, aggressie of vrees te reageer, leer jy hulle om selfvertroue te weerspieël. Op sy beurt sal die boelie dan besef dat hy nie regtig die potensiaal het om die kind te beheer nie.

Vermoë 7: Gebruik liggaamstaal om woorde te versterk

Wanneer kinders geleer word om met selfvertroue te kommunikeer, is dit goed om hulle ook liggaamstaal te leer wat hulle woorde versterk. Leer kinders om eenvoudige, nieverbale selfvertrouestrategieë te gebruik om die boelie te laat verstaan dat die kind bedoel wat hy sê, byvoorbeeld:

  • Behou oogkontak
  • Hou jou stem kalm en dieselfde
  • Staan die regte afstand van die boelie af
  • Gebruik die boelie se naam wanneer jy met hom praat

Leer kinders dat emosionele nieverbale taal – soos om weg te kyk, jou stem te verhef of terug te tree – dit vir die boelie duidelik maak dat hy jou in sy mag het.

AfriForum se teenboeliegids kan gratis hier afgelaai word vir meer inligting: https://www.afriforum.co.za/wp-content/uploads/Teenboeliegids_Digital.pdf

As jou kind se skool by AfriForum se teenboelieveldtog betrokke wil raak, stuur ʼn e-pos aan Leandie Bräsler van AfriForum (koördineerder vir leierskapsontwikkeling) na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Huh? ·

Moeilik om te beheer in n land waar polities bemagtigdes hulself van boelie gedrag skuldig maak. Kinders sien elke dag dit werk baie goed vir die boelies

AW ·

Dysfunctional Families and Household’s is a reality within SA. One of many root causes is, or at least a contributing element is, our Liberal Constitution, with it’s Own unique “interpretation and understanding” by most if not All South Africans.

There are so many Rights….. Yet NO Responsibilities and or Consequences !!

The inconvenient Truth and Reality is that “Mothers and Fathers” in General, just Dont Have or Lack, the Conviction / Skill to raise their child / children on the Foundation of Ethical and Moral Values.

Teaching and Raising them, the Difference what constitudes Right from Wrong.

That: “Wrong is Wrong even if people IS for it…. and Right is Right even if people IS against it.”

That: “We shall agree to disagree on verious matters / issues; Yet Respect each other, even should we find no common ground.”

That: “Respect for your follow Human Beings in respect of – Yes Please / No Thank You / Your Welcome / May I Help / Assist….. is a testimony of (or the lack there of) a persons character and upbringing.”

That there are consequences for undisciplined choices / conduct.

Delinquency is rive within South African Families / Households.

And so we can continue….

The Holly Truth and Reality is that in General its the “Mother / Father” That are failing their child / children and then the Schools and or teachers are Generously Blamed for the “Mothers / Fathers” Gross Failures in raising and desciplining their child / children!!!

Slaterug ·

Het my kinders leer terug baklei, as iemand jou boellie, voeter hulle dat hul sukkel om te leer, en self geboelie word.

Ben ·

DIe eesrte dag to ek in Sub A in die Blou Laerskool in Kroonstad gekom het, die Jufrou het my by deur ontvang en vir my gese daar is jou sitplek. Ek het gaan sit en omgekyk waar moontlik maatjies kan wees. Met die eerste omkyk is daar vir my vuis gewys en gese pouse gaan hulle my slaan. Kort pouse was ‘n bakleiry. Dit was onregverdige “fight” want die groot boetie graad 6 of so was ook by om my te slaan. In die midag as ons huistoe wou loop het hulle ons tasse uitgegooi en ons geslaan. Geen grootmens was in die omgewing om ons te help nie, en die wat daar verby gery het , het hulle eenvoudig nie daaraan gesteur nie.1 Die uiteinde van die storie was eenvoudig. – Leer om terug te baklei, dit is AL wat die probleem opgelos het. Ek hoop julle leer iets hieruit.

Nick ·

Was altyd kleiner en baie swakker as die boelies. Toe word ek fisies groot en ook ietwat aggresief.
Toe verdwyn die boelies. Enigste probleem was dat ek eers op 25 uitgegroei was. Die ergste vorm van boelie is egter wanneer jy ‘n sosiale uitgeworpene gemaak word. Dit alles oorkom, maar was ‘n kwessie van te min, te laat.

RG ·

Ongelukkig word boelies volwassenes wat boelie. Dit behoort vir geen kind nodig te wees om ‘n stel “vermoeëns” te ontwikkel om boelies te “hanteer” nie. Waarom is ons alewig besig om die simptome te behandel in stede van die probleem uit te roei. Daar moet sterker teenoor boelies opgetree word punt. Klagtes van intimidasie, vitimisering, aanranding en teistering moet gelê word en in die hof aangespreek word. Een of twee in die tronk en dit sal vinnig einde kry. Dit is tog teen die wet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.