Wiki – wat?

Foto: Pixabay.com

Almal sê hulle wil iets doen vir Afrikaans en almal wil hul mooi moedertaal behoue laat bly sodat ons kinders se kinders dit ook nog eendag kan praat. Die feit dat ons kinders Engelse stories op televisie kyk en dat hulle navorsing moet doen in Engels, het egter die norm geword.

As jou kind sy/haar taak se inligting in Afrikaans kan opspoor, word oorvertaling dadelik uitgeskakel. Meer as 50 000 artikels is reeds in Afrikaans op Wikipedia beskikbaar.

Maroela Media is met ʼn groot Afrikaans op Wikipedia-projek besig om artikels op dié aanlyn ensiklopedie te publiseer om te verseker dat skoliere in Afrikaans kan navorsing doen.

As jy ook ʼn vrywillige skrywer wil wees, nooi ons jou uit om ʼn werkswinkel by te woon om jou te help sodat jy kan laat waai en ook deel kan wees van dié opwindende projek.

Om deel te wees van die Wikipedia-gemeenskap is om deel te wees van iets veel groter, ʼn nalatenskap vir die volgende generasie. Wikipedia is gebruikersvriendelik en dus is dit maklik om self te registreer as gebruiker.

Indien jy huiwerig is en eerder ʼn werkswinkel wil bywoon, kan jy nou ʼn e-pos aan Elana Barker by [email protected] stuur om jou plek te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Juffie ·

Dit is goeie nuus. Op die oomblik word Wikipedia glad nie aanvaar as bron by sekere skole nie reeds omdat inligting soms foutief en die vertalings nie korrek is nie. Maroela, hou ons asb op hoogte! Kinders sukkel om Afrikaanse bronne te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.