Wiskunde-onnie deel kennis gratis

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Danny Jacobs (52), ʼn wiskunde-onderwyser van Bellville in die Wes-Kaap, het ʼn webblad begin met gratis inligting vir Graad 7 en 8-leerlinge wat bietjie hulp nodig het met wiskunde.

Hy sê die doel van die webblad is om sekere begrippe, wat in die oorgangsgrade tussen laerskool en hoërskool, benodig word, vas te lê.

“Ek was vir vyf jaar ʼn onderwyser en daarna was ek 15 jaar in die versekeringsbedryf. In daardie tyd het ek gesien my eie kinders sukkel om die oorgang vanaf graad 7 na graad 8 te maak en daarom het ek die webblad begin,” het Danny gesê.

Danny is die afgelope vier jaar terug in die onderwys en gee nou klas vir kinders met spesiale behoeftes by Dunatos, ʼn privaatskool in Bellville.

“Wiskunde lê my na aan die hart en daar is so baie mense wat onnodig sukkel. Ek wil iets daarstel wat hulle kan help om wiskunde beter te verstaan.”

ʼn Magdom onderwerpe word op Danny se webblad bespreek, soos algebra, breuke, eksponente en tafels. Die jongste inskrywing handel oor getalbegrippe en plekwaardes.

Danny het ook ingestem om die inligting op sy webblad beskikbaar te stel vir Maroela Media se Wikipedia-projek.

Besoek Danny se webblad hier indien jou kind ook ʼn bietjie hulp nodig het met wiskunde.

Besoek die Afrikaanse Wikipedia se webwerf vir meer inligting oor bydraes. As jy wil betrokke raak, stuur gerus ʼn e-pos na [email protected]. Laat weet wat jou gebied van kundigheid is en waaroor jy graag sal wil skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

brenda ·

ek dink dis n fantastiese idee – mooi so. wiskunde is so n belangrikke vak deesdae.

Seepbox ·

Dankie Danny dat jy bereid is om jou kennis gratis te deel!

Joann ·

O my word! Ek verstaan nika van Danny se wiskunde nie,sal my maar besig hou met Master Matix

Leon ·

Baie goeie idee, maar daar is een ding wat my pla: Hoe lyk n desimale breuk. Sover ek weet is n breuk n gedeelte van iets. Dus iets op iets bv 1\4 . Hoe kan n desimaal nou skielik n breuk word. 0,25. Is nou n breuk? Kry die benamings reg asb.

Suretha ·

Die benaming ís reg. Iets soos 0,25 is ‘n desimale breuk. 1/4 is ‘n gewone breuk. 5/4 is ‘n onegte breuk, en 1 1/4 is ‘n gemengde getal. Wiskunde is ‘n taal op sy eie, en die terminologie is waar baie mense verlore raak.

Moniki ·

Hi Leon,

‘n Breuk is wel ‘n deel van iets. 0,25 word ‘n desimale breuk genoem omdat ons lank terug ooreengekom het op die desimale getallestelsel waar wat ook al na die komma staan gesien word as ‘n hoeveelheid uit 10, 100, 1000 ensovoorts afhangend van die plek waarde en ons dan nie die onderste gedeelte hoef aan te dui nie omdat dit so ooreengekom is. 0,25 is dus 25/100 waar 0,025 25/1000 is en 0,0025 25/10000 is. Omdat ons die komma sien weet ons die breuk is uit 100 of 1000 en so aan. Bietjie soos as jy praat van ‘n dosyn waar daar aangeneem word jy praat van 12.

Leon ·

Hi Moniki
Dankie. Iemand wat nie net n aanname maak nie . Leer hulle dat n desimale breuk n waarde uit 10, 100,1000 ens is en nie sommer net n breuk nie

Jeanne ·

Jy is ‘;n ongelooflike mens, om jou kennis gratis te deel met ander, en wie weet mee daarvan as juis jy met jou kennis en ervaring? In ‘n tyd wat almal net wil geld maak, is jy ‘n goeie voorbeeld van iemand met ‘n passie vir die vak en die leerders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.