Wiskundige denke: ʼn Bousteen vir jou kind se toekoms

kinders_wiskunde.jpg

Foto: imgarcade.com

[promosie-artikel]

Lientjie Young

Die ontwikkeling van wiskundige denke is een van die grootste doelwitte van die vak Wiskunde. Dit gaan nie bloot net oor die uitvoer van stappe nie, maar ook oor die denkwyses en insigte wat bydra tot die ontwikkeling van vaardighede om probleme op te los. Ongelukkig is dit nie maklik om hierdie vaardighede te ontwikkel nie, en is dit veral ’n groot uitdaging vir onderwysers in vandag se oorvol klaskamers waar individuele aandag nie altyd moontlik is nie.

Gelukkig kan ouers in die laer grade ’n belangrike bydrae lewer deur oefeninge saam met hulle kinders te doen. Onthou dat die doel nie is om vir kinders voor te skryf wat die volgende stap is nie! Kinders moet self die volgende stap uitvind of ontdek en ouers kan help deur hul kinders aan te moedig om anders te dink en om probleme anders te benader.

Wanneer ouers hulle kinders lei om selfstandig te dink en te werk, bou dit selfvertroue en ontwikkel hulle ʼn passie vir leer en selfs vir die lewe. Dit beteken byvoorbeeld dat ouers hulle kinders aanmoedig deur hulle bloot te stel aan bronne en ervarings waar bykomende inligting verkry kan word sodat hulle die kennis waaroor hulle reeds beskik met die nuwe wiskundige kennis in verband kan bring. Laat jou kind toe om self te ontdek en te ervaar, amper soos om te eksperimenteer om die einddoel te bereik.

Wiskunde bied aan kinders oneindige geleenthede om te ontdek en probleme op te los. Geniet dus jou kinders se Wiskunde-ontdekkingsreis en gebruik dit om meer as net wiskundige vaardighede te ontwikkel – gebruik dit ook om hulle vir die toekoms voor te berei.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dirita ·

Dink baie mooi voor julle by Impak aan sluit. Ons is baie onteverede en ken baie mense wat ook is! Gaan kyk bietjie op ‘hello Peter’ !

Impak Onderwys ·

Goeiedag Dirita

Ons is jammer om te hoor jy voel ontevrede, Impak is toegewy om puik diens en produkte aan kliënte te lewer.

Alhoewel ons dadelik die omstandighede van jou klagte sal ondersoek, is die vertroulikheid van ons kliënte se inligting baie belangrik. Daarom word geen kommentaar op sosiale platforms soos die Maroelamediablad hanteer nie.

Enige navrae kan regstreeks aan ons gerig word by [email protected].’n Agent sal aan jou terugvoer gee en indien nodig die saak eskaleer om te verseker dat jou probleem so spoedig moontlik opgelos word.

Ons hoop om die aangeleentheid spoedig op te los.

Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.