Wolkskool op die radio: A tot Z van robotika en kodering

robotte

Onderwysers bekyk die robotte gedurende ‘n seminaar wat die SOS saam met Angela Harris van die VSA oor robotika aangebied het. Foto: Skoleondersteuningsentrum se Facebookblad.

Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gesels in die jongste Wolkskool-podsending oor robotika.

Hy meen skole moet so gou moontlik dié nuwe vak probeer aanbied sodat soveel moontlik leerders, van so jonk as gr. R-vlak, blootstelling aan die vak kan kry.

Vermeulen het met MD Greyling van Pretoria FM gesels oor die vaardighede wat kinders aanleer in robotika en kodering. Hy maak ook aanbevelings oor die soort robotte wat skole vir dié vak kan aanskaf.

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met steun uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek bo-aan die berig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.