Wolkskool op radio: Bly groei in jou leierskap

leierskap-span-albasters-pixabay

Foto: Pixabay.com

Dit is nie einde van die wêreld as jou kind nie ʼn klaskaptein, prefek of hoofleier in die verteenwoordigende leerderraad (VLR) in die loop van sy of haar skoolloopbaan word nie.

Dit is die mening van Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skoleondersteuningsentrum (SOS). Hy meen mislukkings gebeur by elke kind, maar die grootste fout wat ouers kan maak, is om hul kinders so jammer te kry dat hulle die fout aan ander mense of die stelsel wyt.

“Gee vir jou kind tyd en ruimte om dit self te verwerk. Dit is ook goed dat die kind self tot insig kom oor die redes waarom hy of sy daardie persoonlike mikpunt behaal het al dan nie.

“ʼn Ouer kan daarop klem lê dat dit nie die einde van die wêreld is nie en dat hulle nog steeds hul kind se potensiaal sien. Verder is dit ook belangrik dat ouers hul kinders vra om volle steun te gee aan die leerder wat wel ʼn leier geword het,” sê hy.

Vermeulen het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, asook assesserings- en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.