Wolkskool op radio: Hoe dink wiskundiges?

(Foto: @jeshoots/Unsplash.)

Dit is goed om wiskunde te kan doen, maar dit is eintlik veel beter om wiskundig te kan dink.

Dit is die mening van Johan Koekemoer, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW).

“Wiskundiges in hulle aard, is probleemgesentreerd en pak probleme met ’n oop ingesteldheid aan. Die soort denke is soms in direkte kontras met kinders wat goeie punte kry in wiskunde wat hou van reëls en resepte. Regte wiskundiges skroom nie om foute te maak nie, want hulle sien dit as ’n roete na bemeestering,” verduidelik hy.

Koekemoer het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels, en verduidelik hoe jy jou kind kan help om meer soos ʼn ware wiskundige te begin dink.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlike gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds.  Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.