Wolkskool op radio: Is selfgerigte leer moontlik in die grondslagfase?

(Foto: Kelly Sikkema/Unsplash.)

Marnelda de Beer, hoof van die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), glo jonger kinders in die grondslagfase kan reeds vroeg-vroeg begin self leer en sy verduidelik in hierdie gesprek hoekom sy so dink.

Alhoewel die skole nou op 1 Junie sal open, gaan jonger leerders waarskynlik nog ʼn rukkie lank tuis onderrig moet word. De Beer gee ʼn paar wenke wat kan help om ʼn leeromgewing in die huis vir kinders te skep en hoe ouers hul kinders met hul leerwerk kan help.

Sy het met Riaan Grobler van Pretoria FM oor hierdie onderwerp gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.