Wolkskool op radio: Kan almal wiskunde doen?

Meisie-haat-wiskunde

Argieffoto: Dreamstime.com

Almal kan die vak wiskunde doen op dieselfde manier as wat almal ’n marathon kan hardloop.

Dit is die mening van Johan Koekemoer, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW).

“Wiskunde, nes enige ander taal, kom meer intuïtief vir sekere individue as ander, maar net soos om lang afstande te hardloop, sal harde werk jou die geleentheid gee om ook deel te neem. Al is dit met ʼn bietjie hulp,” skerts hy.

Koekemoer het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek bo-aan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.