Wolkskool op radio: Leierskap is vir almal

leierskap-help-dien

Argieffoto.

In die jongste insetsel van hierdie reeks gesprekke van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool word daar op leierskap gefokus.

Hugo Vermeulen, die hoof van opleiding by die SOS, sê daar is beslis leierseienskappe in elke kind en dit moet net ontwikkel word. Hy gee ʼn definisie en ʼn paar voorbeelde van ʼn goeie leier. Daar word ook wenke gegee oor hoe ʼn mens daardie leierseienskappe in kinders kan ontwikkel.

Vermeulen het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels, asook wat ouers se verpligting is teenoor kleuterskole en wat die hoofde van dié skole se verpligting teenoor hulle werknemers, ouers en kinders is.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlike gemaak met ondersteuning uit die opleidingafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds.  Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.