Wolkskool op radio: Leierskapontwikkeling in die laerskool

Foto: Riccardo Annandale/Unsplash.com

Louis Dekker, hoof van Laerskool Wierdapark, sê hy glo ʼn leerderraad op laerskoolvlak is belangrik omdat dit kinders leer om sekere lewensvaardighede aan te pak.

Dekker voeg by opleiding vir leiers is belangrik. Hy sê die soort opleiding begin reeds in gr. 5-vlak in die skool in Centurion.

Hy het met MD Greyling van Pretoria FM oor hierdie onderwerp gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek bo-aan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae