Wolkskool op radio: Leierskapsontwikkeling op hoërskool

(Foto: Miguel Á. Padriñán/Pexels.com)

In die jongste aflewering van die Wolkskool-podsending gesels Gerhard Nel, adjunkhoof van Hoërskool Zwartkop in Centurion, oor hoe dié skool leiers identifiseer en watter soort leierskapprogramme hulle vir leerders bied.

Nel sê hulle fokus veral op konflikhantering en luistervaardighede, asook emosionele intelligensie. Hy het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae