Wolkskool op radio: ‘Môre klas, welkom terug’  

Foto ter illustrasie. (Foto: Jordan Hopkins/Unsplash.)

Die departement van basiese onderwys het aangedui dat die meeste leerders op Maandag 6 Julie weer by hul skole kan aanmeld.

Marnelda de Beer, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se kenner van onderwys in die grondslagfase, sê sy besef daar is talle uitdagings wat kinders, ouers en onderwysers sal moet oorkom met die terugkeer na skole, maar sy glo almal het nou nog drie weke om mekaar met dié proses te help.

“Sommige kinders gaan vreeslike opgewonde wees om terug te gaan want die skool is hulle plek van veiligheid, maar ander kinders gaan miskien bang wees omdat alles verander het. Onderwyseresse gaan maskers dra en hulle mag nie aan hulle maatjies vat nie. Ons kan veral nou begin help ons grondslagfase se kinders hiervoor voor te berei,” sê sy.

De Beer het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels. Sy verduidelik hoe ouers en onderwysers mekaar kan help om hierdie terugkeer so glad as moontlik te laat verloop.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek bo-aan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.