Wolkskool op radio: Ons geskiedenis

geskiedenis-ou-kamera-retro

Foto: Pixabay.com

Sosiale wetenskappe op gr. 4 tot 9-vlak se inhoud bestaan hoofsaaklik uit geskiedenis en geografie. Rudi de Beer, die departementshoof van Laerskool Du Preez Van Wyk op Bronkhorstspruit, verduidelik hoekom hierdie vakrigting steeds vandag noodsaaklik en relevant is.

De Beer het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek bo-aan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.