Wolkskool op radio: Skool by die huis; só help ek my grondslagfasekind

(Foto: Sandy Millar/Unsplash.)

Karyna le Roux van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wil ouers bemoedig wat oornag die rol van ʼn onderwyser moes aanneem.

“Eintlik is jy nie jou kind se onderwyser nie, jy bly sy of haar mamma of pappa,” sê Le Roux wat self ma van vyf kinders is en vanjaar vir die eerste keer gr. 1 doen.

Sy meen as daar een ding is wat ouers nou met hulle grondslagfasekind moet doen, is dit om hulle toe te laat om te speel. “Daar is geen klasgroep van hierdie ouderdom wat weer die geleentheid gaan kry om soveel speeltyd te hê nie en dit is gewoonlik die eerste ding waaroor hulle kla as hulle in die ‘groot’ skool is.”

Le Roux het met MD Greyling van Pretoria FM gesels en gesê speel, lees, oefening en liefde is nou die belangrikste in hierdie tyd. Sy het ook bygevoeg dat daar oulike hulp en materiaal vir jonger kinders op die Wolkskool beskikbaar is.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.