Wolkskool op radio: Skryf as vaardigheid

Foto: Fotografierende/Unsplash.com

In vandag se Wolkskool-podsending word gekyk na kreatiewe skryfvaardighede, asook verduidelik waarom ʼn kind moet kan skryf.

Jana Terblanche, die hoof van GeRAT, die Afrikaans-vakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), sê enige skrywer se vaardighede kan ontwikkel word, maar die beste skrywers is die wat jou laat dink én sien én hoor én voel.

“Dit is ʼn skrywer wat jou hart, oë, ore en denke met woorde kan ontsluit,” sê sy.

Terblanche het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek bo-aan die berig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.