Pa, 3-jarige steel harte met musiekvideo’s

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Pa en sy driejarige dogter van die Amerikaanse deelstaat Seattle steel die harte van duisende op sosiale media met video’s waarin hulle gewilde Disney-liedjies soos “Tangled” en “You’ve Got a Friend in Me” sing.

Dave Crosby het aan die webwerf Parents vertel Claire het vroeg begin praat en teen haar eerste verjaardag reeds op ʼn klavier gespeel terwyl sy dieselfde noot sing.

Claire het daarna, soos enige ander kind van haar ouderdom, ʼn “gesonde obsessie met Disney-flieks” ontwikkel en het konstant die temaliedjies van dié flieks gesing.

“Op ʼn dag het ek gewag dat my motor klaar gediens word toe ek aan die buitekant van die gebou op die kitaar sit en tokkel het. Sy het “The Little Mermaid” kliphard begin sing en vreeslik melodramaties opgetree – dit was baie teatraal. Die ander mense het dit só geniet dat ons besluit het om video’s te begin vervaardig,” het hy gesê.

Sommige van dié duo se musiekvideo’s, onder meer hul weergawe van Toy Story se “You’ve Got a Friend in Me”, is meer as 20 miljoen gekyk en een miljoen keer gedeel.

Claire is egter beslis wanneer sy praat oor haar “tydelike musiekloopbaan” – sy wil beslis nie eendag in dié bedryf beland nie. “Ek wil ʼn haarstilis vir prinsesse word!” vertel sy.

Besoek Dave en Clair se YouTube-kanaal vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ansie Geldenhuys ·

Dit is so opreg as wat net ‘n kindjie van haar ouderdom kan wees. Mooi gesing dierbare kind.

Liza ·

Ag sy het nou my dag gemaak, jou oulike kleine meisietjie…… jy gaan ‘n ster word eendag……

Helene ·

Dis n talent gegee deur God, en pragtige gesing deur Clair

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.