People Connect Group: Word só verbind met jou kliënte

people-connect-group

Grafika: Verskaf.

Elke entrepreneur het ʼn visie om sy onderneming te laat groei. Jy kan daardie droom vandag ʼn werklikheid maak met die hulp van die People Connect Group.

Ons is ʼn aanlynplatform wat onsself beskou as dié bemarkingsafdeling vir klein- en mediumsakeondernemings. Ons verbind kliënte met sakeondernemings – van loodgieters tot spysenering, opvoedkundiges tot wasserye, motorhandelaars tot versekering en nog veel meer.

Een van die dinge wat entrepreneurs beslis talle hoofbrekens besorg, is dat hulle nie genoeg blootstelling kry vir hul ondernemings nie, wat dan weer tot kontantvloeikrisisse kan lei. Dit kan weer veroorsaak dat ʼn onderneming sy deure moet sluit al het die entrepreneur fantastiese diens of unieke produkte gehad.

People Connect Group se platform gee vir entrepreneurs die geleentheid om hul ondernemings aanlyn te adverteer met fantastiese ingeboude sagteware wat ons kliënte onder die eerstes op soekmasjiene soos Google, Yahoo, Bing en Ask.com laat vertoon (ranking).

Ons wil hoop bring vir klein ondernemings deur bekostigbare advertensies aanlyn te bied wat platforms soos Facebook, Google, LinkedIn insluit. People Connect Group kan ook spesifieke bemarkingveldtogte op DStv-kanale soos kykNET & Kie, Via, SuperSport 1 tot 6 en Blitz, Mzanzi Whethu en M-Net City, asook Radio Kansel (Radio Pulpit), Pretoria FM asook op Maroela Media.

Ons gebruik spesialisagentskappe wat ons op TV en radio (bekend as bo die lyn) en op digitale en sosiale media (bekend as onder die lyn) bemark en advertensieveldtogte hanteer met vyftig jaar se gekombineerde ervaring.

Tans kyk sowat 17 miljoen Suid-Afrikaners video’s op YouTube elke dag – ʼn statistiek wat bewys 17% sal ons platform besoek en 10% van die besoekers sal aankope van ons kliënte wat gelys is, op ons platform maak.

People Connect Group help ook kleiner sakeondernemings met die ontwerp van hulle eie logo’s en kan selfs ʼn Facebook-blad ontwikkel as die onderneming nie reeds self oor so iets beskik nie.

Ons platform maak dit maklik vir verbruikers om te soek na ʼn diens of produk in hul gebied. Verbruikers kan ook maklik aanlyngraderings gee en resensies lees en/of gee oor hul gunstelingonderneming en -produkte.

Dit is iets om te onthou, aangesien Nielsen se navorsing getoon het dat 70% van verbruikers aanlynresensies vertrou.

Wat sal dit jou kos om jou onderneming op People Connect Group te plaas?

People Connect Group bied uitstekende waarde vir geld.

Ons verstaan die uitdagings van entrepreneurs en die platform is juis vir entrepreneurs deur entrepreneurs gebou.

Ons vra ʼn maandelikse tarief van R347 per besigheidsnotering of ʼn eenmalige tarief van R3 000 per jaar wat dan op R250 per maand uitwerk.

People Connect Group het tans ʼn bekendstellingpromosie: As kliënte by ons aansluit voor die einde van September, kan hulle teen R3 000 14 maande se betaalde advertensies op People Connect Group kry. Dit werk uit op net so onder R215 per maand, wat uitstekende waarde is.

Hoe kan kliënte by ons opteken?

Dit is baie maklik. Kliënte kan ons webwerf besoek by www.peopleconnectgroup.co.za en op Advertise klik.

Hulle kan dan die stappe volg en hul besigheid by ons adverteer.

Vir meer inligting, is kliënte welkom om vir ons ʼn e-pos te stuur na [email protected]. Hulle kan ook hul kontakbesonderhede vir ons verskaf en ons sal hulle weer kontak.

Onthou, met People Connect Group kry jy wat jy soek wanneer jy dit nodig het – en dit is alles met die druk van ʼn knoppie beskikbaar!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.